Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Die meisie wat te vroeg wil groot gewies et
Foto:

Kale-Leigh het van kleintyd af gehou van sit innie grootmense se geselskap. As sy innie omtes was ennie anties wil geskinne et, het die een wie wil skinne altyd met haa oë gewys na Kale-Leigh en gesê wag ek sal jou wee vetel, die FBI watch ôs.

Kale-Leigh het gehou van stories andra. Wat bedoel et somtyds het die grootmense haa lat insit innie geselskap, somtyds het sy saam gesels en as sy ’n storie gehad et om te vekoep, het niemand daityd gedink sy hou haa groot ie. Die ding is Kale-Leigh was desperate om groot te wies. Sy was desperate om eendag trug te kan kyk en vi die jongere kinnes te kan sê: “Moenie soe hastag wies om groot te wiessie. Grootwies issie lekke nie.”

Maa Kale-Leigh issie baie annes as baie anne coloured laities ie. Ek dink hulle vattit soe, hulle skip anyway al kla elke dag meals en klomp anne goeie goed watte mens voo wag as jy ’n kind is. Hoekom kan hulle nie oek somme ’n liewensfase skip ie?

Kale-Leigh was determined om te jump vanaf pre-teen na groot vrou soese under 16 wat innie football team se A-team speel. Soese Messi offe Ronaldo, maa van suffering. ’n Prodigy. Soese gangster wat sy teardrop tjappie kry onne sy oeg nog voo hy die actual crime commit et, nog voo hy innie tronk gan lêrit en consumed was dee regret en self-pity.

Ek dink Kale-Leigh het vestaan dat humiliation part vannie rite of passage was vi coloured meisies.

Sy was inspired deerie dag wat haa ouer suste jongmeisie geraak et dink ek. Wat ’n respectable way was om te sê ’n meisie het haa period gekry. Die amount van mali­cious jokes en harsh but loving comments wat directed was an haa suste dai dag deerie ouer vrouens was vi haa inspiring.

Ek dink Kale-Leigh het vestaan dat humiliation part vannie rite of passage was vi coloured meisies. Jy moet humiliated wôd deerie groot vrouens voo jy ’n groot vrou kan wôd. Prepare jou virrie humiliations wat nog voolê.

Maa Kale-Leigh se transition was vol struikelblokke soesie kêkmense sê. Nomme een het sy nie soese grootmens gelyk ie, sy hettie ees soese kleinmens gelyk ie. Sy het gelyk soes een van dai porcelain poppies wat op jou antie se display cabinet by ie ornaments staan. Dai Dutch looking poppie wat in China gemaak was. Rooi wange enne blonne kop. Sy het oekie haa cause bevorder dee klere an te trek wat nette klein laitie van tien jaa oud kan antrek ie.

T-shirts met prentjies op en skoene wat sounds maak as jy trap.

Dan was daa haa perfectly age appro­priate obsession met Dragon Ball Z. Wat ek assume sy gedink et sy kan wegkom mee, wannie grootmense ennie kinnes het ammel saam vi Dragon Ball Z gekyk. Maa sy was determined om die respect en resentment van al die over fifty vrouens in haa liewe te wen. Toe sy eventually oppie age van 14 haa eeste laitie kry en sien hoe it is, toe wil sy wee tien jaa oud wies.

Nou dat sy die respek en resentment vannie ou tanies gehad et, het jy haa altyd innie pad gesien skipping rope speel mettie anne kinnes. Of oppie sypaadjie sit en drie klippies speel. En as haa baby haa kwaad gemaak et, het sy gesê sy gan nou Super-Saiyan gan soes Goku in Dragon Ball Z.

En dan het dai ou anties gehou daavan om veby te kom om vi haa te remind dat sy nou groot moet wôd sy is nou ’n ma.

En dai anties het gehou daavan om vi haa in haa plek te sit. Eintlik om vi haa van haa plek te remind. Wan hulle wiet as jy ees groot is, mettie kind is daa no way out en no way back. Dat hulle dai gewiet et het hulle nie meer sympathetic gemaakie though. Minner. Wan hulle het vi Kale-Leigh angekyk en hulleself gesien.

En hulle het gevoel, dink ek dat it nou hulle kans is, en voo dié wassit die vrouens voo hulle se kans, en ná die gannit Kale-Leigh se kans wies. Om virrie meisie wat te vroeg wil groot gewies et te remind dat sy nou groot is, en dat sy nou haa kinne dae agte haa moet los.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.