Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Die niewe trend is reality distancing, of Covid veby is

“Are we there yet?” wil ek vra. Die pandemic voel nou soes om te wag virrie football World Cup en wanne it kom besef jy meeste matches is teams soes Bolivia vs. Uruguay. Maa jy was soe high op vie jaa geliede se semi-finals en finals, dat jy vegiet et hoe boring die res vannie World Cup was. Die high alert van laas jaa, is meestal veby, en nou issit maa net slow, drudge work om vigilant te bly. Ek kan een ding sê van laasjaa, ek het gedink ôs ammel gan doodgan, en dai het lekke als in perspec­tive gesit. Ek hette new lease on life gekry, enne greater appreciation vi als wat ek het. Ek het gelee om niks vi granted te vattie. Maa 'n jaa isse lang tyd om niks vi granted te vattie. En nou is ek alwee trug hie, en ek vat als vi granted. In life, klim ek op soe min wagons as possible, wan ek is geneig om af te val. Ek is een wat Nicorette kou tewyl hy roek, al staan daa groot oppie boksie jy moenie. Ek gie op en try wee in een asem. Ek maak elke dag goeie changes in my liewe, maa dan die nex dag hettit wee trug gechange. Ek dink ek deserve twie medals vi hoe goed ek behave vi soe lankal during die pandemic. Die ding is, ek het gedink die vaccines gan kom, en dan gan die end credits roll. Ek curse rêrag elke dag van my liewe vi Hollywood. It mos met jou perception van reality. It lat jou vegiet van admin en red tape en hoe lank als rêrag vat. Wan dai is goed wat yt ? film gehal wôd wannit sal die film te lank maak. En nou sit ek hie, in die langste film, wat virre jaa al speel. En ek try ommit yt my kop te sit dat die kan nogge jaa of twie vat.

Ek is impressively cautious. My hele familie is. Ek dink ôs ammel het ôs nihilism ytgewêk lank voo Covid. Ôs stiek byrie Covid-rules wat nieman annes mee bother om te follow nie. As ek inne winkel is voelit my mense wil in my arms kom lê, of boe op my kop kom sit en hoes. Is asof hulle nie kan wegbly van my af ie. En nie kan wegbly van mekaa af ie. Social distancing wasse trend, wat nou veby is. Die niewe trend is reality distancing. Ammel wil maak asof Covid veby is. My neighbours party letterlik elke dag. Die mense party oppe Dinsdag. Ek dink hulle gan tel mense langsie pad op wat hulle nie kennie, om met hulle te kom party. Wan nieman kan soe baie mense kennie.

Ek wens ek kan net gewiet more or less wanne die pandemic gan veby wies. Wan vi al my impat­ience en hyperactivity is ek ieman wat kan wag. Soelank ek wiet hoe lank ek moet wag. Maa nou voel ek soes ek gevoel et toe ek klein was en ek noggie tyd kan gekyk et ie. Dan vra ek my ouma, wanne my ma my kom haal, en sy sê nog soe 'n uur. Dan kyk ek heeltyd dai ou rône watch an en try om sense te maak yt watte uur is. Elke twie minute, “Issit al 'n uur?” Dai is presies hoe ek nou voel. Soes een wie wil ytvind of die universe soe patient soes my ouma is. “Hoe lank nog? Hoe lank nog?” ek kanne song yt it maak. Ek moet eintlik, dan kan ek it op Facebook sing. En dan kan ammel my virre wiek of drie ridicule. Ek sallit doen oek, ienagge iets ommie tyd veby te lat gan.

Ek wiettie ees waavoo ek soe impatient issie. Ek wiettie wat ek wil doenie. Ek fit right in met die pandemic ommie waarheid te sê, ek kan my hele liewe online run. Ek wêk heeldag by 'n computer. Even die masks, ommie waarheid te sê, ek entertain al lank voo die pandemic die idea vanne mask dra en ná die pandemic gan ek anhou my mask dra. Wan mense is gross. Ek dink ek is impatient maa net om my ma te sien. Ek mis nogal my ma.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.