Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Die strange benefits daavan om arm te wies

Ek het altyd gedink toe ek jonger was dat Osama bin Laden narie Cape Flats toe moet getrek it toe die Americans hom gesoekit na 911.

Hulle sal hom nooit in Clarke’s Estate kom kry it ie. It sal vi Clarke’s Estate se mense ’n wiek enne half gevat et om gewoond te raak annie feit dat Bin Laden nou daa bly. ’n Wiek na dai eeste een enne half wieke sal hy ’n bynaam gehad et. En as hy ees af innie pad gestap kom en Jackie groet hom en sê, “Ow, wat sêrie Pang?” en hy kom ees oppie hoek vannie straat voo hy afdrai in byrie hyswinkeltjie, en hy kom meet vi Pikes en hy sê, “Jis, jis wat sêrie Binnie?” Dan sal hy rustig kan skud, en sy jare ytliewe. Wan in plekke soes Clarke’s Estate, Bishop Lavis en Valhalla Park issit net die mense wie daa bly wat jou kan sien, die res vannie wêreld kyk boe oo jou, veby jou, dee jou, maa nooit binne in jou vas ie.

Dai het my lat dink an mense wat ek gekennit wat ek somtyds nog op Facebook sien. Mense vannie ou hood. En hoe funny it is om te sien hoe die mense niks filter hettie. Hulle sê whatever hulle wil sê, whether it racist, xenophobic, homophobic of net plain stupid is. Hulle dink nooit oorit ie. Wan hulle wiet hulle sal nooit accountable gehou wôd daavoo nie. It is een vannie min benefits daavan om arm te wies: Omdat jy nie gesien wôtie kan jy nie offend ie, al doen en sê jy heeltyd offen-sive goed.

Ek kan ’n tyd imagine waa privacy priceless gan wôd.

En ek hou ittie ees tien hulle nie. Vi my as jy arm is, kan jy maak en doen wat jy wil, wan jy betaal al klaa elke dag daavoo. Jy het nog sondes wat jy kan commit wat jy nooit ees gan by kan ytkom ie. Wan jy het al vooryt betaal daavoo. Jy gan nooit ’n arm bra oppie TV sien apologize vi iets wat hy gesêrit of gedoenit soes Tiger Woods ie. As jy arm is het jy niks interests om te protect ie. Nieman kan jou sue as jy nie geld hettie. As jy niks hettie kan nieman niks van jou af wegvattie. Daa isse strange unintended liberty en power in poverty.

Inne tyd waa middelklas mense ammel mekaa se elke move dophou soes investigative reporters issit interesting om te dink dat al plek waa iets nog exist wat kan qualify as true anonymity arm plekke is. Ennit is of course ’n hard earned anonymity en jy kan selfs sê dattit eintlik maa net ’n byproduct is vannie feit dat nieman omgie oo arm mense nie.

It ve’anne nie die feit though dat ek dink dat êrens down the line wanne die obsession met fame sy inevitable satura-tion point meet dat mense desperately hulle private liewens gan wil trug hê nie. Ek kan ’n tyd imagine waa privacy priceless gan wôd. En ek kan dink, en ek is by no means ’n economist offe businessman nie, dat it ’n vacuum sal create. Maa hoe monetise jy privacy? Ek sallie surprised wies as die groot companies soes Google, Microsoft en Facebook eendag beslyt om mense se online liewens an hulle begin trug vekoep ie. It seem far out, maa niks surprise my mee nie.

Snaaks genoeg issit ie dat arm mense nie goed gebryk soes Facebook of Twitter nie. Hulle data wôd geharvest nes die res vannie wêreld sin. Die regte veskil is dat die data useless is. As jy arm is en jy kyk byvoobeeld na duur karre of miskien na duur skoene, dan gan die algorithm mos nou dai optel en heeltyd vi jou ads feed van skoene en karre. Maa isse waste van tyd, wan jy kannie ees lig en brood afford ie, nevermind skoene en karre. Ek het altyd gedink it isse drag dat as jy arm is, issit ampe soes jy byte die res vannie wêreld bly. Maa soe meer en meer ek die wêreld kyk soe minner watswonnes seem ie wêreld vi my. Soe meer seem it vi my asof daa iets valuable kan wies somtyds daain om nie gesien te wôtie, inne wêreld wat jy heeltyd dopgehou wôd.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.