Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Donke vel isse swaar ding inne wit wêreld

Ek sit dai Spider-Man nee mette see hart. Ek willit nog eenkee deeblaai voo ôs ytstap, maa my ouer broe sê vi my ek moetie, wan

die manager complain as hy dink jy lies ie boeke klaa, soe vannie winkel se rakke af. Ôs velaat ie CNA, en ek dink an al die boeke wat ek gan koep as ek eendag groot is.

My brein is nog tangled up in dai spiderwebs, soes ôs wegstap wat ’n ou man begin skrie op ôs. Nog voo ek kan omdrai en sien wattie man soek, ruk hy my an my arm soese man watte vrou accuse van adultery inne land waa vroue nie regte hettie. My hart vrommel op in my bôs van skrik. Hy willie ees sien of ôs boeke gesteel et ie, hy wil wiet waa ôsie gesteelde boeke weggestiek et. Hy kry niks op ôsie. Instead van om sorry te sê, drai hy om en stap weg defeated. Sy body language sê hy wiettie hoe ôs die boeke net lat vedwyn et ie. Ôs staan ees ’n tydjie en hou mekaa dop en my broe drai om trug te gan innie CNA in. Maa ek mumble net iets, en allow my oë om te translate wat my mond try sê: “Los it man, ek voel klaa humiliated, daa’s niks salf virrit nou nie.”

As jy grootwôd soes ôs grootgewôd et, druk grootmense hulle vyl vinges in jou gevriet tottie dag wat jy groot is. Hulle mos in jou gevriet totdat jou baby tanne ammel ytgeval et en jy jou niewe tanne kry. Hulle stop ees as jy lee byt. En as ek praat van grootwôd soes ôs, mean ekkie waa ôs groot gewôd et ie. Ek praat van grootwôd in die vel wat om jou lyf sit soese bryn paperbag wat iets unchristian wegstiek.

Deerie jare het baie mense al vi my gesê ek is ombeskof. Maa is snaaks vi my, wan ek dink wee hulle is ombeskof. Ek het nog nooit ieman agtevolg inne winkel ie. Ek het nog nooit die subject gechange as ieman praat oo hoe swaa it gannie. Ek het nog nooit ieman ge-kick to the curb ie, en ek het nog nooit ’n kind gegryp annie mou vi ienagge riede nie. Ek wiet my style is brutalism by tye. Ek wiet woorde vlieg somtyds yt my mond yt voo ek tyd gehad et om te dink oo hoe of waa it gan land. Maa ek is alright daamee. Wan soes Sadé sê in dai song van ha: “I’ve already paid for all my future sins.” Sadé hettie kat byrie stêt biet daaso, Sadé sal wiet, sy was ’n coloured meisie by ’n all white skool ’n lang tyd geliede. Isse swaa ding om te dra inne wit wêreld, ’n donke vel. Dai ding wat jou ytsonder vi special treatment dee mense inne position van authority. Dai laaste sentence mean ’n different soot special, depending op jou vel colour.

Voo kinne regte ’n ding gewôd et wat kinnes van bewus gewôd et, was ôs gemoer soes grootmense as ôs yt lyn getrap et. Dan praat ekkie ees van my pa en anties en uncles ie. Ek praat vannie security guard, offie polisieman, die man innie kêk offie skool teacher. Ienagge een wat gedink et hulle kan sien hoe jy gan ytdrai. Dai pesoon wat jou ankyk en dink ek moet vi jou van kleins af bang maak vi my, wan jy gan eendag groot raak en as jy ees groot is dan wiet nieman hoe ’n groot gemos jy gan ytdrai nie.

Die is maa net ’n paa vannie goed wat dee my kop loep as my niefie, wie ’n first year is vi my ’n WhatsApp stuu om te sê hy was agtevolg innie Bargain Books. Hy stuu my dai boodskap net na hy die boodskap gestuurit dat hy vi sy ma ’n boek wil koep maa die boeke is orals te duur. Ek raak kwaad soedat hy kan sien it mean iets vi my, maa wat ek eintlik voel is sad en hopeless. Wan as mense ’n stil, decent laitie ankyk virre skelm inne boekwinkel steel hulle iets van hom wat hulle nooit kan trugbetaal ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.