Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Einde van populists? Nee, is soes skoolkamp

Narie matriek ball wassie belangrikste event vannie matriek jaa nog altyd die einde vannie jaa skoolkamp. ’n Wiek lange kamp byte die Kaap, wat 90 percent vannie ghetto se kinnes se eeste experience byte die Kaap was. Sommige van ôs se eerste experience byte die ghetto as ek nou daa an dink. Die kamp was een van dai leadership camps waa die Life Orientation teacher sy side personality asse motivational speaker front and centre stage kon bring. Ennit wasse moment virrie geskiedenis menee ennie wiskunde juffrou om vi ’n wiek soesie L.O. menee an te trek. Hi-Tec tracksuits en groot haloep tekkies wassie dress code virrie wiek. It was elke jaa dieselle teachers en Rico. Rico het long distance gehaloep virrie skool toe hy nog ’n student was. Elke begin vannie jaa het Rico die skool kom help die atlete vooberei virrie inter-skool kompetisies en elke einde vannie jaa het hy saam gaan kamp.

Ek niem an it was oo sy skill asse motivational speaker. Die motivational talks was ’n groot deel vannie skoolkamp. Motivational talks en baie gesingery.

Ek self wassie by my skoolkamp ie. Jy moes betaal vi skoolkamp, plus jy moet kosgoed saamvat, en jou skool fees moes betaal gewies et. Ek het ytgestrike op al drie prerequisites. Die ienagste riede hoekom ek elke minute detail vannie skoolkamp ken is omdat na elke skoolkamp, vanaf jy stanned ses is tot matriek, kom die skoolkampers terug en vekondig die virtues daavan soes niewe bekeerdes.

It begin mettie assembly die Maandag narie kamp. Dan klim die mees obnoxious aandag soeker vannie jaa on stage en wôd ernstag virrie eeste keer in sy skool loopbaan. Die fool dra altyd, without fail nog altyd sy kamp-T-shirt, somme boe oo sy skoolhemp.

Dan van daa vannie podium af, confess hy helfte van sy sondes vannie vorige paa skool jare, soese ou gangster wat vra dat die dierbares moet bid vi hom, wan hy’s nog baie stout. Narie confessional launch hy into sy eie motivational speech oo hoe daa ’n bieter liewe byte die ghetto is as jy net jouself apply en gehoorsaam is an jou onnewysers. Hy slyt af met sy eie belofte annie skool, maa meer an homself dat hy die eksamen met straight A’s gan slaag.

Dan begin hy sing, ennie anne kinnes innie assembly wat oek byrie kamp was begin oek sing.

Innie wieke wattie skoolkamp volg, kan jy nie veby ’n matriculant stap sône dat hulle jou moed in wil praat ie. Whether jy moed makee of nie. Daa is altyd ’n groep meisies wie mekaa heel jaa gehaat et, tottie point dat daa na physical violence resort was. Ennie een die anne expose het vi die hoereerder wat sy is. Maa narie kamp sit hulle ammel saam pouses inne groepie en vleg mekaa se hare. En gie elke vyf minute mekaa ’n drukkie enne compliment. En assit te stil raak begin hulle saam kamp songs sing.

Die niewe atmosphere van bonhomie last ’n solid twie wieke enne dag of twie. Maa inevitably begin een vannie meisies skinne vannie meisie se kroes hare wat sy moeg is van vleg. Aandag soeker laitie besef daa is min aandag innie obedience game, en wôd suspend net voo eksamens begin. Die singery hou op, en ammel begin try om op te maak vi al die wickedness wat hulle forego it twie wieke geliede. Eksamens kom en gan, die jaa kom en gan. En dan stap jy vannie sports veld af, en dan kry jy dai aandag soeker, in sy matriek jacket wat hy nog elke dag dra, en vra of jy nie ’n randjie het vi hom ie met oë styf gedruck in sy kop.

Of jy gan winkel toe en een van dai meisies staan en baklei op Shoprite se stoep. As jy note vat, sien jy die cycle briek nooit ie, it vat net soms ’n break.

My vrou hette koerant article gelies, oorie social impact vannie coronavirus. Hoe it mense meer consciences gan maak, en hoe ôsie einde van populist politics gan sien. Sy vra my toe wat ek dink. Ek het net my skoues geshrug en gesê, “Is soes skoolkamp.” Toe moet ek maa die skryf om te explain, wan my vrou het moeg geraak van my wat net my skoues shrug en goed sê wat net vi my sense maak.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.