Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek envy dié wat hul rol in sitcom verstaan . . .

It is difficult om friendships te maintain, ek wil sê, soes ek ouer wôd, maa die waarheid is it was nog altyd vi my ampe impossible. Ek envy mense wat ’n groot circle van vriende het. Mense wie hulle rol innie sitcom vestaan. Ek was al invited into klomp sukke squads, maa ek is altyd die guest cast member. Die een wie nie fit in die dynamic tussen die main cast ie.

Die problem is dat ekkie altyd by die character description bly nie, en dat ek die heeltyd deviate van die script af. Ek kan nie altyd gan vi koffie nie, wan my crippling social anxiety prefer dat ôs ­alone time spend. Ek kan nie my kind vat op play-dates ie, wan sy hou nie van anne kinnes ie, sy bly vi my sê: “I have family, why do I need friends?” Ek wiettie rêrag hoe om te stry tien dai nie.

My jonger broe, Matthew, het meer vriende asse rapper inne music video, en ek kannit nooit quite vestaanie. Wan as my broe vi my getreat et die way hy sy vriende treat, sal ôsie broes kan gewiesetie, nevermind vriende. Maa instead daavan dat hy mense alienate, seem it asof hulle liefde vi hom net vedubbel elke kee as hy een van hulle met scorn treat.

Een Saragaand, it was Matthew se birthday, toe decide ôs omme klein braai te hou. Net soe, ôs wat innie hys bly, my oudste suste, haa familie en my baby suste se boyfriend. Ek het die braaigoed gekoep en Matthew het die bier ge-organize.

Ôs het net soe lekke gestaan en chill, en Matthew sê nog is orait somtyds assit net ôs is, rustig. En net daa kom twintag van Matthew se beste vriende daa an, mette vrag bier en hard liquor, en about tien mooi meisies wie Matthew nie kennie, die meisies en die wyn saam was supposed om sy birthday surprise te wies. My plak het bietjie gesak wan ek haat ’n klomp mense rondom my, maa ek het getry om nice te wies wan is Matthew se vriende.

Matthew on the other hand het net opgestaan, na een van sy vriende gestap en gevra hoekom hulle nie voo die tyd gesêrit hulle gan kommie. Die vriend het getry om te explain dattit sy birthday surprise was, maa Matthew het hom net angekyk, clearly enraged, en gesê: “No, you have to go. I’m having a quiet night with my family.” Om te try ommit heeltemaal in perspective te sit, Matthew is een van dai 24-hour party people, die is die mense met wie hy party, en hulle kom literally heeltyd uninvited na ôs hys toe.

My jonger broe, Matthew, het meer vriende asse rapper inne music video, en ek kannit nooit quite vestaanie.

Matthew het net vandag beslyt hy issie ’n vriende-mens ie, en is klaa warrit soe is. Hy het vi ammel bymekaa gekry en hulle na die deu toe gevat en bye gesê.

Toe hy wee inkom toe sê my baby suste vi hom hy moet hulle lat bly het wan ôs bier is op, en die winkels is toe. Dai het vi Matthew oo die edge gesit. Wan as hy nie soe kwaad was vi sy vriende dat hulle hom surprise hettie, sal hy vi hulle gesêrit om hulle bier en wyn daa te los. Hy was genuinely seething, en slightly disappointed in ôs dat ôsie opgestaan et vi ôs regte en demand it dat die vriende wie Matthew nounet yt die hys gesit et hulle bier vi ôs moet gie nie.

Die next dag toe vra ek vi Matthew hoekom hy sy vriende treat die way Jacob Zuma South Africans treat, toe kyk hy my ampe perplexed an en sê completely dispassionately: “Hulle wil hê ek moet hulle soe treat.” En sure enough, ek het nog nooit ’n mens gemeet wie se vriende soe loyal is an hom soes my broe nie. Volgens Matthew, as jy mean is met jou vriende, dan lat it hulle voel die relationship moet iets special wies, mense hou nie van goed wat te maklik vi hulle gegie wôtie, hulle hou van wêk insit. Volgens hom is hy nie mean met sy vriende omdat hy wil mean issie, sy meanness isse act van friendship, van kindness ampe.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.