Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek lee vroeg: Jy doen wat jy moet, jy complain ie

Ek het somme opgehou gan na Wayde se hys toe. Wan as ek eenkee na ’n tjommie se hys gan en sy ma sê hy vat sy marrag slapie, dan moet hy maa an slaap en hy moet wiet as hy die moeite gan doen om tot by my hys te stap, gan ek ytie vookame skrie ek kry gou my slapies in, kom later of môre.

As jy daa gekommit by Wayde en hy slaap en sy pa maakie dee oep en sy ma spring op om te sê hy kry sy rus, dan het Wayde se pa rooi getrek en begin vloek vanaf ie dee, deerie voorhys ennie kombys tot waa Wayde lê en rus innie agtekame. Dai was sy way om vi Wayde wakke te maak. Wayde se pa was vanne generation waa jou tjommies jou tjommies was. Jy staan op as hulle omkom. Die ding was ek het niks problem gehad om in te stap, en hom wakke te maakie. Dai is wat hulle gedoen et as hulle by my hys gekommit en ek slaap. Maa as sy ma daa was, het sy gestaan soese guard voorie dee.

Wayde se ma het coddling totte niewe level gevat. Sy het vi hom en sy broe ’n afdakkie gebou, wan sy was worried oo hulle twie wat soe byte innie koue en soms innie rien staan en dagga roek. Sy was geworry oo hulle “bôsies”. Dai was haa woore, “Ek worry soe oo hulle bôsies, man, ek kan hoor hoe staan en hoes hulle agte innie jaat.”

Wayde en sy broe het my altyd lat dink an Will Ferrell en John C. Reilly in dai film Step Brothers, dai een oorie twie groot manne wat refuse om op te groei. Maa baie vannie comedies wat daityd ytgekom et, hie innie early 2000’s was soe, groot mans wat sukkel om op te groei. Grandma’s boy en Old School was favourites daityd wat ôs oo en oo gekyk et.

Hulle was laities wat hulle distance van hulle pa af gehourit, en weggestiek et onne die soem van hulle ma se rok.

Ek het daityd al gedink die films remind my te veel aan my vriende. Wat ekkie vestaan et van my tjommies ie, is dat die characters in dai films was ammel wit middle-class characters met wit privilege. Hulle het allie tyd innie wêreld gehad om kinnes te bly, wan hulle ma en pa sal altyd sôg vi hulle. My tjommies het in een vannie worst ghettoes gebly wat ek al gesien et, en ôs ammel het generally maa net terribly swaa gekry.

Hulle was laities wat hulle distance van hulle pa af gehourit, en weggestiek et onne die soem van hulle ma se rok. Wat vi my strange was, was dat ek al een was van my vriende wat net dee my ma grootgemaak was. Hulle ammel het in hyse gebly mette ma en pa. Somehow het hulle nog altyd gemanage om spineless te wies.

Ek dink it is omdat my pa vi ôs 'n parting gift gelos et toe hy march vannie jaat af. En dai was dat hy ôs heeltyd gemoer et vi niks en fear en genuine hurt in ôs psyches geplant et.

Maa die issie een van dai stories oo hoe it eintlik goed was dat my pa ’n bitch wassie. Wan my pa was oek maa nette spoiled laitie. Al wat hy gedoen et, was om my ’n aim te gie in life. Die goal was maa net om weg te kom van hom af.

My tjommies on the other hand was aimless laities, die soot van mense wie nie ’n wêk sal vat wat hulle nie wil hê nie. En wie se ma eeste sal staan om te complain oo dai wêk wattie kinnes se hanne soe had maak. Ek het begin wêk toe ek twaalf was, ek het oppie gebou gewêk toe ek veetien was. Ek hettie ’n choice gehad ie. My ma hettie na wêk die blasies op my hanne skoon gemaakie. En ek hettie gemind ie, ek het gehou daavan om te wêk, om geld te maak vi my familie.

Ek het vroeg gelee, jy doen wat jy moet, jy complain ie. Dai issie belangrikste, om nie te complain ie. Dai is wat my maak meer soes my ma hulle se generation as my eie. Oek psychologically stunted, maa inne different way.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.