Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek lyste – dai is wat meeste mense vi my is, kleinlik
It is often een woord, gesê die regte of vekere way, wattie difference maak tussen bloodshed of ammel wat lag en jokes maak.

Ek het tot 'n conclusion gekom oo myself, ek hette problem met my hearing. Nie dat ek sukkel om te hoorie, to the contrary, ek lyste te goed. Ek is ieman wat elke woord weigh wat ek hoor. Ieman wat niks mis wat gesê wôd, al praat ammel oo mekaa nie. Vyf mense kan sit en chat en lag met my rondom ’n tafel, en dan sien ek die subtext van elke sentence, soe clear soes subtitles oore screen. En met mense is daa ampe altyd ’n subtext. Miskien issit iets Freudian. Dai supressed feelings, mense se subconscious wat lek soes defrosting fridges. It issie iets wat ek voo lyste nie, of iets wat ek soek ie. It require niks concentration. En ek issie paranoid ie - ek wens ek was. Dan sou mense bieter wies as wat ek dink hulle is. Maa mense is transparent vi my, soes spoekies.

Ek dink it isse survival mechanism waamee ek opgegroei et. Innie ghetto moet jy sensitive wies vi elke slight shift innie atmosphere. It is often een woord, gesê die regte of vekere way, wattie difference maak tussen bloodshed of ammel wat lag en jokes maak. Is vi my soes ommie lyrics te ken vannie backing vocals inne song. Dan hoor jyrit netsoe clear soesie main vocals. En dai’s als vi my, al wat ek makee om te wiet wat ieman rêrag dink. ’n Slight change in tone, ’n barely perceived muscle movement innie gesig. Jy might as well jou secret motives vi my announce oore megaphone. Ek dink hieoo somtyds.

My hearing maak it swaa vi my om met mense oorie weg te kom. It maak dat ek nieman vi lank kennie. Is soes as ek lies, dan sê die eeste line innie boek vi my als omtrent die res vannie boek. Selfs ’n film, ek wiet gewoonlik innie eeste miniet offit ’n goeie film is vi my. Meeste human relation­ships is inne constant state van decay. It’s soes life, die begin issie begin vannie einde. Maa jy is supposed om mense starag agte te kom. Dai way carry jou een groep van vriende jou oo tot ie nex groep van vriende. Soedat as die mense wat jy nou ken unbearable of uninteresting vi jou raak, dan het jy innie tyd tussenin niewe vriende opgeline om jou eventually te disappoint. Maa as jy mense lies soes Spark notes, issit swaa om human connections te bou. It lat my wonne oo wat ek sou soek in mense as ek iets in mense sou soek.

Ek dink die belangrikste is om sône pretences te wies. Maa dan as jy dai sê, sal meeste mense opspring en amen sê. Maa dai is omdat hulle nie rêrag vestaan wattit is om sône pretence te liewe nie. Hulle dink pretence isse love vi foreign films en art.

Wat ek van praat as ek praat van pretence lê rondom ie oë ennie monne van mense. Is in hoe jy oë rol as ieman net iets slightly vulnerable sê. Is in hoe jou eyebrows narie top van jou skull to jump, as ieman iets doen wat byte die respectable conduct rules val. It is dai ding wat mense doen, waa hulle an ammel wat wil sien, wil project hoe ordinary en normal hulle is. Die way mense se monne straight en tight trek wanne hulle offended raak, is miskien vi my die ugliest human expression innie boek. En daa is niks meer ugly expression van menswies vi my as mense wat die heeltyd of­fended issie. Hulle is offended as jy nie polite genoeg issie, maa oek as jy te nice is, as jy vulnerable is, as jy ienagge iets doen wattie innie pre-approved script staan ie.

Ytie siewe sins innie bybel is net twie vi my unforgivable, en dai is envy en greed. Wan is al sondes wat jy nie kan pleeg sône om kleinlik te wies ie. En dai is wat meeste mense vi my is, kleinlik. Nieman wil die groot wrongs doenie, instead commit hulle klomp klein wrongs oore lang tydperk.

Hulle dink as jy iets mean kan sê dee nette eyebrow te lift, dan issit bieter as om net iets mean te sê met jou mond.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.