Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek panic nooitie; dai is my regte problem

My tjommie Lucinda se boyfriend isse wit man wat about tien jaa ouer is as ek en sy.

Tienan hom lyk ek en Lucinda soes sy twie angeniemde coloured kinnes. Ek en Lucinda het altwie onlangs 21 geraak, sy in October en ek in November. Is December nou, ’n paa dae voo krismis en ôs drie en twie van Lucinda se niggies sit innie voorhys en praat. Lucinda study by Stellenbosch en bly op res, soe ek sien haa nie mee soe much ie, wan ek is strictly innie Lavis, mostly altyd. Maa sy wil graag gehêrit ek moet haa boyfriend meet wan ek en sy is al lank beste vriende.

Charles seem okay, maa sy superficial philosophical musings en Lucinda se crude analysis van contemporary issues lat my voel asof ek innie middel vanne koerant se comment section sit. Charles isse bietjie smug en hy het ’n completely un-

earned sense van intellectual superiority. Hy quote die heeltyd writers wie Lucinda nie kennie en wie hy assume ek ken oekie.

Hy praat die heeltyd van William Burroughs, die wild punk prophet. William Burroughs is vi my soes die mees sophisticated version van Johnny Depp, soe ek kannie nog interested raakie.

Ek lyste nie rêrag ie. Ek hou die voodeu dop, en as ek oë boe op my kop gehad et sou ek die ceiling dopgehourit. Ek wiet net ek moetie die mense rondom my ankykie wan hulle gie my angst. Ek het dai gevoel wat ek somtyds kry met mense asof iets my deu die grond, die ceiling offie deu gan trek. Either way wiet ek ek moet stil sit en meditate op my manier.

Ek druk nog my hanne tien mekaa en vryf hulle tewyl Lucinda vi my iets sê van haa niefie en dan vat Charles my hand en drai it om om te kyk wat daaop staan. Tussen my dym en my wysvinge staan daa “Don’t panic” geskryf. Ek het an Douglas Adams gedink en toe hoor ek wee die woorde inne song die oggend byrie hys, toe skryf ekkit nee op my hand, vi lack vanne canvas of iets annes om met my hanne te doen. Ek het maa net gehou van hoe die woorde klink, ek panic nooitie. Dai is my regte problem, ek is kalm wanne ek voel ek wil tien die ceiling opklim.

Charles gie vi my sy unsolicited insight into my state of mind. Hy sê: “You know Nathan, honestly, I can smell the angst on you. You sitting there and I can almost

hear what you’re thinking. You’re waiting for something interesting or exciting to happen. But nothing is going to happen. You’re just causing yourself frustration. You’ll have a brain hemorrhage one day with that way of thinking.”

Ek mumble iets uncertain trug soes een wie se tong swaa lê in sy mond en gie op, ek besef ek hoefie vi Charles te antwoord ie, hy ken my nie.

Hulle bore my. En ek voelie ek moet die blame vat daavoo nie. Al moet ek miskien die blame kry daavoo. Maa wat is vekeed daamee om te hoep dat iets interesting gan happen? Elke kee as ek sit en praat met mense wonne ek hoekom ek die doen. Hoekom is ekkie nou byrie hys biesag om niks te doen of te skryf ie.

Ek wiet eintlik hoekom, wan ek sit dag in en dag yt en soek vi meaning in woorde en images. En dan raak ek lonely en ek wil anne mense sien. My eie thoughts raak oppressive en dan gan soek ek iets ligter. Dan sien ek anne mense en dan wil ek net wee gan wêk. Eintlik moet ek net ytie hys ytgan, ’n paa anne mense ankyk en wee innie hys ingan, maa jy onhou dai altyd te laat.

Ek lies soe baie goed oo technology en hoe it mense disconnect met mekaa. Baie mense begin nou complain oorie feit dat mense heeltyd op hulle phones is, op social media is en soe. En ek agree met dai op some level.

Op nogge level dink ek, ek het groot gewôd inne tyd voo cellphones. En ek kannie onthou dat ienagge iemand dai tyd iets worthwhile gehad et om te sê nie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.