Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek prepare kind virrie dag van dáái woord

Voo ek eendag beslyt et om gedigte te skryf. Voo ek begin try it om alles saam te vleg wat my gevorm et asse mens, het ek gehou van stories vetel. Wan ek het gehou van lag. En vi my wasse storie nog altyd iets wat mense nader an mekaa bring. My way om te sê, is alright man. Ôs is eintlik ammel dieselfde. En ek sal my stories ienagge tyd vi ienagge ieman vetel et. Soelank ôs iets gehad et om oo te lag, dan is als alright. In coloured company is dai ? given, wan dai issie way wat ôs is, maa ek sal even met wit mense gepraat et oo myself in soe ? open honest way, dat it my nou spyt lat voel.

My thinking was, upper-class wit mense is mos maa net arm mense met geld, but ek was vekeed daaoo. Die wit mense wat ek geken et, was net impressed met my wide range of interests despite my background byrie dinner party. As hulle by hulle hys kom vegiet hulle om impressed te wies of om om te gie.

Ek might as well vi hulle gesê et, ek is die tuinjong se kind wat adopted was dee my pa se goeie wit mense. Wat betaal et vi my high school by Jan van Riebeeck High en ek hette Golfie geërf op agtien wamee ek myself elke jaa krismis plaas toe ry. Wan as jy nie wit issie behoot jy inne category vi wit mense. Iets wat hulle vestaan. En dai dink ek was my category.

Ek was dai laitie mettie irrevocable belief in fairness. As hulle wiet wie ek is en waa ek vanaf kom, sal hulle die complexities van race, violence en poverty verstaan.

Dan gaan ek vi haa sê isse lelike woord, but ek wiet woorde issie lelik ie. Ek gan wee try en sê isse racist woord, dan gan ek racism aan haar moet vedydelik.

Is mos simple, hoe meer ek en annes soes ek communicate en praat oorie goed hoe bieter vestaan ôs mekaa.

As ek vi hulle wys, kyk, ek is arm, Cape flats, coloured, slim, interesting ek wil niks van jou steel nie, ek wil jou nie lat bad voel oo jouself heeltyd ie. Ek kannie tyn maak ie en ek kannie art maak yt scrap metal ie.

Dan gan dai wit mens hystoe gan en sy kinnes lee om nicer te wees en minner racist. But hulle gannie. Hulle gaan nog steeds ironically lag vi Kaaps en pretend hulle verstaan it ie.

Dan kom daa nogge generation van wit Afrikaanse mense wat ees reluctantly die boeremag aesthetic gaan adopt, hie en daa 'n paa veldskoene, 'n racist ouma se trourok, pa se swaar verdiende erfgeld en ma se quiet oppressive tendencies.

Oupa se antiques en oom so en so wat in Angola geveg het se hoed collection.

Tot my kind my eendag vra, wat is 'n hotnot, dieselfde way wat ôs ammel ôs pa’s, ma’s, oumas, oupas, teachers en ouer siblings gevra et. Dan gaan ek vi haa sê isse lelike woord, but ek wiet woorde issie lelik ie. Ek gan wee try en sê isse racist woord, dan gan ek racism aan haar moet vedydelik.

Dan oppe anne dag gan sy kom en vra wat is apartheid dan gan ek vi haa moet explain wat it is. Dan gan sy wee kom en vra wat is slavery, dan moet ek dai oek vedydelik en nog voo my kind haar eie skoenvietes gan kan vas maak gan sy meer wiet oo oppression en white privilege as ienagge vannie wit grootmense wat ek ken.

Dan gan ek moet sien hoe haa wêreld ve’anne, hoe sy cartoon characters gan begin filter en happy raak as sy dai een meisie character inne superhero film sien of dai een swat character in haa favourite TV show.

Dieselfde way wat ek nou nie mee 'n film kan kyk mette heeltemal wit cast ie. Ek gaan haa moet prepare vir elke social interaction en dat sy moet aware wies van subtle racism en die everyday racism wat vi haa wag ek gan haa moet lee hoe om te react in spaces waa sy nie veronderstel is om te react ie en ek gan haa vi meeste van haa liewe moet prepare virrie dag wanne 'n wit mens kwaad genoeg gan wies, om vi haa te sê, sy isse hotnot.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.