Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek revisit elke jaar my ander versions

Toe ons kinnes was, was dai eeste back to school altyd die worst, dai een innie drought van January, wanne die tafels vol Krismiskos ’n cruel memory is en dai random pakkie olives en cottage cheese wat agte innie fridge staan of dai leë box Snacktime wat net die ginger biscuits en strawberry wafers nog in het, of dai pakkie asperegus wat jou boujee antie daa vergiet et en jou ma geweier et om te maak saam mettie gammon, klou vas anne meer prosperous period soes rejected Pre-Raphaelite paintings innie cubist era wat jou remind vannie paa dae van festive opulence.

But niks van January se leemtes prepare jou as jy ’n laitie is vi dai eeste dag terug byrie skool ie. Vi my wassit altyd bittersweet, omdat die festive season an my abusive pa behoot et, wat soes die actual ghost of Krismis jou kom torment et soes net ’n unlikeable spoek kan.

Maa ’n part van January was myne, my late present aan myself, toegedrai in klein fragile humiliations en stukkenne adults se projections in groot rooi redirect stickers langs die sides.

Ek het dai crushing van my klein spirit adore, want it was myne, en ek kon it gebryk soes ek wou. Ek hettie niewe stationery of skoolklere gehad ie maa elke niewe skool jaa was vol niewe baggage enne niewe set van skills en coping mechanisms. As iemand die vorige jaa gelag et vi my ou vaal broek of stukkene Toughies, het ek die next jaa gereed gekom met ’n stukkene skoene cipher bar wat dee my pa se emotional ghostwriting perfected was soese baby battle rapper inne epic rap beef challenge saam met ’n hele impoverished society. As iemand my try spot et oo ekkie my skoolboeke kan ootrek ie, het ek gesôg dat ek vi hulle terug kry dee my boeke te gebryk as my artists notebook.

Maa noudat ek ouer is en wêk en geld vedien, kom kry ek ees die regte meaning van dai tyd, en met al my denial en blind belief in it can always be worse, sien ek nou dat dai die worse is, regardless van wie se skuld it is, of die adults irresponsible was en of jou pa net sy weak skoues gelig et as jou ma bel en geld vra, asof hy sy responsibilities laat hop op sy skoues soese nineties dance craze. Die deadbeat daddy shoulder bounce. Of as jy maa net soes die meeste mense op die planet vrek arm gebore is, issit irrelevant, wan wat die maand vi jou leer is dat mense expect die meeste vanaf die wat die minste het.

Jy wôd expected om elke struggle te survive en jou scars te dra soes badges of honour. Jy wôd gelee om te prepare vi goed wat jy wiet nie daa gan wies ie, soes iemand wat ’n tafel dek sône dat daa kos is. Jy wôd gelee om jou plek te ken nog voodat jy ’n regyt lyn kan trek. Jy wôd gewys dat elke mooi ding in jou liewe moet ytgebalance wôd met ’n series van complex Himitsu-Bako (Japanese puzzle boxes) en net die wat die resources het gaan dai puzzle kan solve.

Daarom revisit ek elke jaa dai anne versions van myself en try die comfort te wies wat daa nooit was ie. Ek dink an dai single ma’s wat nagte wakke lê wan die goed op die laities se skool lysie is nog vê van bymekaa en ek dink aan dai pa’s wat soe maklik net kan sê ek hettie geld ie en nie wee daa an dink ie.

Maa meestal dink ek an dai aand voorie skool begin, dai plek wat ek elke dag moet wies asof daa iets wag annie einde. En dan onthou ek dai laaities wat nie hoef op te staan dai eeste dag van skool ie wan ie results is in en hulle is yt. Ek hoep nieman sê vi hulle hulle moet die beste maak van ’n slegte saak ie of om an te hou tot hulle it maakie, wan is swaa genoeg om deu al dai jare te kom, en reg te moet maak vir nog ’n phase van leemtes.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.