Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek weet my ma is lief vir my, al deny sy dit
Foto:

Ek sê vi my ma: Okay, Mammie, ôs gan nou.

Ek hug en soen haa, sê: “Lief vi jou.” My ma sê “Uhmmm, okay, ja.” Asof ek vi haa iets baie interesting gesêrit wat sy nou oo moet dink. Ek kry baie lag vi my ma, die kôt mensie wie nie wiet hoe om haa gevoelens te wys’ie. Ek sê vi haa bye, wan ek gan weg ytie Kaap yt, vi at least ’n jaa, probably langer. Ennie beste wat sy kan manage is: “Uhmmm, okay.”

Dié issie een van dai stories oo parents wattie wiet hoe om vi hulle kinnes te sê hulle is lief vi hulle nie. Ek wiet my ma is lief vi my, even though, as sy dié nou moet lies, syrit vehemently sal deny.

Ek hug my baby suste oek en sy sê: “Nuu fok julle wil mens lat hyl.” My suste praat rof maa sy is soe sag soes dieg, sy kannie haa gevoelens wegstiek ’ie. It maak vi my oek tranerig, maa ek hou nie van fuss ’ie, soe ek maakie ees my jonger broe, wie nog slaap, wakke nie. Is te veel gevoelens wat ythang, soese hemp op jou eeste dag van laeskool. Is swaa vi my om weg van my familie te gan, al kom ôs ie ­altyd oorie weg ’ie.

Die ding was, ek moes yt ’ie Kaap yt kom. Die Kaap het vi my begin voel soese unhappy relationship mette vrou wie nooit gan ve’anne nie. Ek voel asof ek die city orals saam met my dra soese groot gewig op my skoues. En ek het gedink die distance sallie gewig ligter lat voel. Wanne ôs byrie airport kom, is daa nog tyd om iets te gan iet.

Ôs sit inne Primi Piatti, ek sit en iet en dink die eeste kee wat ek inne Primi Piatti gesit ’et, was inne meeting met iemand, en sy het betaal virrie kos. Ek was soe honge dai dag, dat ek gedink ’et dat dai die beste sandwich was wat ek al ooit ge-iet ’et. Als het lekke geproe dai tyd.

Nou haat ek ’ie kos daa, maa is of dai en Wimpy se kos proe asof ’it directly yt ’n American Midwestern town met een gas station gekom et.

Ek dink oo al die goed, en ek wonne hoe lank ek kan wegbly ytie Kaap yt. Hoe lank gannit vat voo it my trug roep met ’n offer wat ekkie nee voo kan sê nie. Soes dai vrou wat jou net wil hê as jy sê jy’s klaa met haa.

Oppie plane sit en dink ek, ek het soe klomp goed om klaa te maak, ek hette ­rubriek wat ek moet klaa skryf, ’n poetry collection wat ek moet klaa skryf. Ek dink an my vriende vi wie ekkie goodbye gesê ’et ’ie. Is soe typical van my. Ek sneak weg tewyl ammel slaap. Ek bly inne plek net lank genoeg om yt woorde te run: As ek niks mee het om te sê nie, vat ek my ­pakkie en stap.

Wanne ôs in Port Elizabeth ankom, issit 12 a.m., en die shuttle service lat wiet hulle kan ôs ees 5 p.m. optel. Ek mind ie soe much ’ie, ek is gewoond wag.

Maa ek voel bietjie sad as ek byte staan en roek, voo die deure met groot signs op wat Departures sê. It lat my dink annie einde van I Vitelloni. It lat my dink an dai song van R.E.M., “Departures”, en dai song lat my dink an dai anne song van R.E.M., “Leaving New York”.

Die lyric: “It’s easier to leave than to be left behind. Leaving was never my proud. Leaving New York never easy. I saw the light fading out.” En ek dink ek voel nogal soe oorie Kaap. Maa ek hettie Kaap alles gegie wat ek het, maa die plek het my hart gebriek, met sy insincerity. En ek het eendag maa net besef ek gan moet gan, ek gan hievandaan moet wegkom.

Toe pak ek my goed, sê vir my ma-hulle ek is lief vir hulle en klim op ’n plane, en ek het op die plane gesit vir ’n uur met ’n notepad en ’n pen en getry om te skryf oor ’n plek waarvoor ek lief is, al sê ek nooit so nie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.