Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek wonne soms offie liewe lank of kot is . . .

Wie wil wiet wat môre gebee as giste nog rondhang soes iemand wie anhoudend praat oo goed wattie vi jou wil sin maakie. Maa is ampe soes môre my roep om klaa te maak, soese driver wat sy slietels skud en in impatient circles stap tewyl ammel nog innie kombys staan en jokes maak voorit goodbye is.

Ek issie klaa nie, ek need nog tyd wil ek altyd sê, soes assie biologie teacher vra of sy die blackboard kan skoon vie soedat sy mettie volgenne les kan angan. Maa ek sê it nooit. Ek blaai om en los een of twie blaaie oep, sê vi myself ek gan wee oppe annedag trugkom dantoe, maa dai blaaie bly oepe space, 'n constant reminder van iets wattie klaa issie. Soe, as ek moet study, dan los ekkit als, ek lee nie ees die een enne halwe blaai wat ek klaa geskryf et ie. Om te kyk daana remind my dat ek nog iets het wat ek al klaa control van veloorit.

As als te veel raak vi my, dan kry ek vi my 'n nuwe boek. En begin van voor af. Dan vat ekke halfuur om twie sentences te skryf, wan die kee gan ek als soe mooi en neat ytsit. Ek gan reborn wôd in my eie new world order, 'n new, ordered world. Maa dan kan ekkie byhou daamee nie. 'n Wêreld waa als sy plek het en sin maak require 'n amount van stamina wat ek maa nettie hettie. My beste intentions slip altyd weg van my, en voo ekkit kan oplet de­volve my handskrif wee into scribbles wat nie ees ek kan lies ie. Dan hou ek op en gan an met die boek waa in ek klaa begin et. Kannie die punt sien daa in ommie selfde mess twie kee te maakie.

Ek wonne somtyds, as reincarnation waa was, sal ek reborn wôd en allie selfde foute net wee maak? Ek voel altyd ek hettie tyd om te vestaan waa dinge vekeed gegan et ie, of om te vestaan hoe ek dai een of twie goed reggedoen et ie, soedat ekkit wee kan doen en wee regdoen ie.

Ek voel ek willie mee worry oo giste of môre nie. Die dae kom saam soes familie wat mekaa lanklaas gesien et.

Isse snaakse ding om eenkee te liewe. Die liewe seem vi my presies soesie soot ding wat jy at least twie honned kee moet doen soedat jy at least helfte vannit kan regkry. Jy kry slim mense wat nou oppie oomblik virrie vierde kee study vi hulle driver’s license.

Maarie liewe, waavan jou driver’s li­cense net 0,001 percent is, kan jy net eenkee doen. Helfte van jou liewe besef jy nie ees hoe complicated life issie. En tiennie tyd wat jy besef hoe complicated it is, is jy al klaa biesag om te betaal virrie fun wat jy gehad et toe jy jonk was, of virrie fun wat jy nie gehad et toe jy jonk wassie.

Ôs ammel einde dieselfde op inne way. Desperate vi slaap. Soet slaap wat tyd stop vi jou.

Ek sit en wonne somtyds offie liewe lank is of whether it kot is. Of jy te veel of te min tyd het innie dag. Ek wonne offie glas half vol of half lieg is. Maa dan sien ek my cellphone wat daa lê oppie tafel en besef my battery is half lieg. Is altyd half lieg, it is nooit half vol ie. En ek suppose dai antwoord my vraag, die liewe is kot, die glas is half lieg, daa is te min tyd innie dag. Dan gan sit ek my phone op charge en remind myself 'n positive perspective veloo altyd tien 'n pragmatic concern.

Ek voel ek willie mee worry oo giste of môre nie. Die dae kom saam soes familie wat mekaa lanklaas gesien et. Giste omhels vi môre en môre omhels vi vandag. En jy issie uninvited guest wat daa sit met handjies gevou. Wattie wiet of jy jou klein moet hou en of jy moet ytstaan ie. Die dae issie gemaak vi jou nie, die dae is daa en gan an met of sône jou. En somehow moet jyrit jou eie maak en gloe daa in.

Somehow moet jy sit en goed en lank dink anne giste enne môre, wat nooit an jou dinkie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.