Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ek’t anyway vi hom ’n plek gan regmaak, agte in my kop

Soe twie of drie wieke geliede stuu my ma my ’n boodskap om te sê my pa’s dood. Ek bel haa trug om die inevitably awkward conversation veby te kry. Ôs altwie sug omtrent ’n honned kee oorie phone asof om te sê, nou ja, wat kan jy maak, is nou klaa wattit soe is. Asof my ma my nounet lat wiet et my pa is pregnant en hy’t nou ees hoë skool begin. Klaa met my ma gepraat en nou moet ek na my vrou toe drai om iets te sê. Ek sit en wens sy hettie klaa gewiet my pa is dood ie, maa sy het die phone mettie boodskap na my toe gebring. As sy nie klaa gewiet et ie, kan ek nou dai vi haa gesêrit, dai sal die regte ding gewies et. Instead val ek trug daa op, om nogge paa honed kee te sug en te vra, wat kan jy nou maak. It vat my ampe twie uur om te onthou dat my pa my dogte se oupa is, soe miskien moet ek actually vi haa sê haa oupa is dood. Maa ek is oekie lus om haa dag te spoil ie. Soe ek vra ees my vrou offit ’n goeie idea is. Maarie question lê awkwardly in my mond. Ek wiettie hoekom ie, maa ek voel incredibly embarrassed oo my pa wat dood is. As ek it mention, dan voel ek soes een wat aandag soek.

Offit voel asof my pa iets shameful gedoen et om dood te gan. Ek voel soes een wat worry oo wat die neighbours nou gan sê. Ek vra vi my vrou, Ronelda, “Ek wonne nou, moet ek Seymour sê van die, jy wiet, dood-biesagheid van my pa.”

Sy sê vi my sy het klaa virrie kind gesê. Ek skud net my kop en sê, “Ja is goed. Is reg soe.” Ek wiettie ees hoekom ek dai sê nie, alles wat ek doen en sê, klink en voel soes iets watte middeljarige man sal sê. Ek voel out of tune met myself.

Ek haat om self nie te wiet wat ek dinkie. My thoughts voel inaccessible, oppe tyd wanne ek voel ek wôd vewag om klomp thoughts te het. As ekke building was, sal daa ’n bodjie opgewies et wat sê, “Top floor under maintenance. Excuse the inconvenience.”

Daa ganne paa dae veby sône ienagge talk oo my pa, tot my ma my bel om te vra oorie begrafnis. Ek sê net ees ek gan dink daaoo. Dan bel ek haa die nex dag om te sê, ek dinkie ek gan et maakie. My ma en pa was sieke 20 jaa al geskei, en hie was sy biesag om te help om sy begrafnis te reël. My ma’s baie nice. Ek wiet et lankal, maa ek dink et deesdae baie. ’n Dag of twie later stuu een van my sustes vi my ’n WhatsApp om my iets te vra, maa sy begin die boodskap met, “Hi Nathan . . . jammer om te hoor van jou pa . . .”

Dai gie my soe ’n general idea dat my broes en sustes net soe awkward soes my voel oo my pa se doodgan-biesagheid. Dai boodskap lat my oek besef ek praat heeltyd al net my ma. Ek het noggie eenkee met een van hulle gepraat en gevra hoe voel hulle nie. Maa ek bly vê, dai is my excuse. Ek doubt hulle het mekaa al gevra hoe hulle voel.

Maa ek assume dieselle soes my, unnaturally en suspiciously min. Die ding vi my is, ek het gewiet my pa gan doodgan, ’n wiek of twie voo hy doodgegan et. Wan my ma het gesê ek moet hom bel.

En my ma hou nie van melodramas ie, soe sy sal sê bel vi die eeste kee in vie jaa unless sy dink daa gannie wee kans wies om te bel ie.

Ek het toe my pa gebel, en gepraat met hom.

Planne gemaak met hom, gesê hy moet nou ophou siek wies en by my kom bly virre tydjie. Hie isse kame hie vi hom ienagge tyd. Hy het saamgespeel en gesê hy kom voorie einde van jaa af. Ôs het altwie gewiet die is ie laaste kee wat ôs praat.

Maa ek hettie phone neegesit, en anyway vi hom ’n plek gan regmaak, êrens agte in my kop.

’n Kame, net vi hom.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.