Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Elke keer regenerate sy, different en cooler

Annie einde vannie dag sit ôs omme kot tafeltjie oppie voostoep, en sluk ôs asems diep.

Ôs kyk veby mekaa, oo mekaa skoues asof môre agte die anne se rug lê. Tewyl ôs wag virrie krag om op te staan, en te gan lê, gereed te maak vi nogge môre. “Put your shoes at the door, sleep, prepare for life,” soese lamp eenkee gesêrit.

Na ’n paa minute se stilte sit my ma haa boek eenkant, sy gebryk haa bril se een oor asse bookmark. My ma sny vi ôs ’n stukkie vet om an te chew tewylie dag klaa maak met haa dingetjies. As my ma ’n storie sny, sny sy altyd generous portions, wan daa is altyd nog om te vetel as dié op is. Ek meet nooit sukke mense nie. Ammel het twie of drie stories om te vetel, wat hulle oo en oo vetel. My ma hette hysvol tragedies wat sy refurbish het as comedies. Sy hoef nooit dieselfde storie twie kee te vetel as sy nie soe voelie.

Ek is altyd surprised dee hoe baie my ma kan onthou omtrent haa liewe. As sy ’n storie vetel dan seem sy vi my soese giant, en tyd lê voo haa soese landscape waaoo sy kan survey tot in die diepste distance.

Sy’t die perspective vanne Bruegel The Elder painting, maa ’n painting waa in ammel die mense sy is. Hie is sy Icarus wat innie sea in val, hie till sy die grond, daa vang sy ’n vis.

Sestag jaa seem soe klein in haa hanne, ek dink sy kan haa liewe fit, en lat rondrol tussen haa dym en wysvinge. Soese ou marble met scratches en dents in. Asofit ie haa liewe issie, asof sy nie innit issie.

My ma is ie ernstagste mens wie ek ken, en al mens wie ek ken met wie ek kan sit virre dag of meer sône dat ienagge een van ôs eenkee iets serious sê.

Som mense sal sê it is ie insight en perspective van age. Ek wiet it is oudheid, maa ’n anne soot oudheid. Wan ek kan klomp ou mense, hulle is ammel ignorant en ek lyste nie as hulle praat ie. Meeste ou mense seem vi my soes babies. Hulle seem vi my asof hulle noggie die joke vang ie. Dai vyl joke wattie kinnes oo ytvra, en jy sê, jy sal vestaan as jy ouer is. My ma het die oudheid van ieman wie veby hulle jare geliewe et. Ieman wie opgegroei et voo hulle opgeroei was. As ek vêder en dieper as anne mense sien wiet ek it is omdat dat ek staan oppie shoulders vanne giant, maa dan wonne ek op wie se skoues my ma staan. Sy hettie much by haa ma en pa gelee nie. Haa ouer broes en sustes hettie ees genoeg knowledge om hulle self te feed ie, nevermind om iets vi hulle kinnes te hou nie.

Al wat ek kan dink is dat die way ’n mens soe wôd soes my ma is, is as jy dee baie dode geliewe et, jou eie dode. Ek dink my ma staan op haa eie skoues, of miskien oppie remains van haa ou liewens. My ma is ie ernstagste mens wie ek ken, en al mens wie ek ken met wie ek kan sit virre dag of meer sône dat ienagge een van ôs eenkee iets serious sê. Al mens wie ek ken wat kan lag oo alles. Sy vestaan die “glory jest and riddle of the world”, wat Pope gepraat et van. Ek het al soe baie kee gesien hoe my ma trauma opvie asof it ’n koppie offe piering is wat nounet geval en briek et. En as jy jou slim wil hou en jy haa vra, ‘Maa wantoe gan al dai gevoelens?’ Dan sal sy vi jou sê, it gan innie drom in.

Ek lag ytie bloute en vra my ma of sy wiet wie Doctor Who is. Sy trek haa gesig soese klein meisie en sê die naam klink bekend. Asof Doctor Who ’n doctor might wies by wie sy eenkee haa bloeddruk pille moes gan hal it. Ek sê vi haa sy lat my dink an Doctor Who, en explain ie vêder ie. Maa wat ek bedoel et is elke paa seasons slip sy die mortal coil, dan regenerate sy maa net wee, elke kee ’n bietjie different en cooler.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.