Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Farewell is al my worst nightmares bymekaa

Wie hou nie vanne farewell ie? Ek hou ve’al van mense wat ’n farewell-bash gooi. Even nog meer van mense wat vi hulleself ’n farewell-bash gooi. It vatte specific type van negative attitude toward die liewe omme party te hou as jy weggaan.

Asof jy vi ammel wat jy agte los sê, “Totsiens vriende, dit is die einde, ná die party gan ôs mekaa nooit wee siennie. Al die beloftes wat ôs nou maak om in touch te bly isse lieg. Ôs gan barely mekaa se minds cross.”

Die farewell is al my worst nightmares in een klein space. My loud ghetto vriende in een hoek wie lag virrie squares innie anne hoek. My sensitive wit vriende wie photos op my hys se mure kyk en pretend om interested te wies innie mense wie ek agte gelos et waa ek vandaan kom. Die mense wie ek actually heeltyd an dink en nooit van of met praatie.

Die art en literature vriende wat nog nooit tevore in my hys wassie wie pretend om interested te wies in my boekrak. Maa ek wiet hulle kyk maa net die boekrak om te sien of hulle boeke daa is. Voo ek weggaan en hulle nooit, ooit dai second hand copy van First Love terug kry nie.

It issie daa nie. It is klaa gepak.

Wan ek wiet baie mense is slim en nice as jy hulle die eeste kee meet.

Êrens innie crowd sal ’n German, French of American acquaintance wies, wat sy eie aperitif saamgebring et enne light soek vi sy Marlboro lights. Asof sy eie ienagste purpose in jou liewe was net om vi jou te wys wie die mense is in real-life wie aperitifs drink en Marlboro lights roek. Die boringste mense op aarde apparently.

Die conversations gan stretch vanaf in­side jokes tot hoe depressing it is om depressed te wies. ? Paa mense gan te dronk raak en politics wil discuss. Een van my wit liberal vriende gan meer dronk wôd as allie res en begin racist ­jokes maak van Chinese mense. Wan hulle dink die Chinese isse grey area. Hulle issie rêrag oppressed ie. En ek gan my wit vriend los, en niks sê nie. Wan ek wil haa soe onthou. Wan is my farewell en ek gan niks van die mense ooit wee siennie.

Aan die einde vannie aand as ammel hystoe is en ek empties en vullis skoonmaak, gan ek te moeg wies om te worry, maa ek gan onthou om weg te trek van vriende en familie nie ? happy tyd hoef te wiessie.

Toe ekke kind was het my pa ytgestap op ôs sône farewell. Ôs het mekaa wee raakgeloep langsie pad. As ek gewiet et jy veloo net kontak met mense wat jy 'n farewell party voo gooi, sal ek vi my pa ’n fare­well gegooi et. Dan sal ekkie hoef nice te gewies et met hom die twie kee ’n jaa as ek met hom praatie.

Assie hys ees skoon is, sit ek oppie kooi by my vrou se voete. En maak gat vannie mense wie ’n uur of twie geliede hie was. Ek vra vi haa of sy gehoor et hoe praat Jo-anne in dai Mickey Rooney-Chinese stem. Dan lag ôs ees ’n bietjie voo ek sug en sê, “Ek haat rêrag die mense. Ek wiettie hoekom ek bother met hulle nie.”

Dan dink ek an die tjommie wat Marko saamgebring et, die een wie slim en cool oogekom et. En ek sê vi my vrou, dai Janet meisie is nogal slim en nice. Maa ek mean it ie. Wan ek wiet baie mense is slim en nice as jy hulle die eeste kee meet. Eintlik moet jy vi ammel wat jy ken net eenkee meet. It is eintlik vi mense soes Janet wat jy ’n farewell party gooi. Die unexpected guest wie jou interest hou, wie jou biesag hou tewyl jy jou expected guests avoid.

Ek staan op om te gan shower en dan te kom slaap. Pak ees my CD’s trug in my CD rak (ek lyste nog CD’s). Ek hal dai Verve single ytie rak. “History”. Een van dai songs wat ek nooit vi anne mense speelie. Die cover issie band wat voo ’n theater staan mettie woore, “All farewells should be sudden” daa innie space wat die fea-ture film ge-advertise wôd.

Ek het altyd gewonne wat dai mean.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.