Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Geld wat die baie biesagge look bring

Die eeste ding wat Colin doen as Absa se payment notification afgan op sy phone, is hy knip sy hare kot en hy sit sy reflector sonbrille an. Die brille kom yt, wan as dai geld innie bank val, dan ken Colin ie rus vi sy siel ie. Soe hy gan heeldag oppie pad wies op en af, en wanne die son sy kar vang hie tien five o’clock wil hy gereed wies. Skielik wôd hy hastag, en skielik het hy heeltyd klomp plekke wat hy vandag nog moet wies, waa hy nie giste norag gehad et om te wiesie. Langs hom oppie passenger seat sit sy vrou, Anthea, en soek iets in haa leer handsak. Haa mooi handsak wat sy net gebryk as sy geld het. Dai is al wat Anthea doen tot ie geld wee op is, soek vi slippies in haa handsak. Jy wiet nooit waavoo die slippies issie. Ek wiettie ees of sy wiettie. Ek suspect is als part van die baie biesagge look. Daisie ding wat gebee met coloured mense wie net geld het wanne die bank loan deekom offie tax return ytbetaal wôd. Hulle raak biesag. Hulle raak biesag by Build It en Buco, en hulle raak biesag byrie Hyper in Claremont. Wan as jy geld het, dan wil jy nie jou geld by Shoprite mossie. En jy stap ’n wye drai rondom ie hyswinkeltjie.

Unless jy ’n vaste twie-honned rand het om te briek. Dan stuu jy somme een vannie laities omme Coca-Cola te gan koep wat jy nie rêrag lus is voo nie. It klink stupid ennit is oek stupid, maa ek vestaan it. As jy arm is, en geld boost ie jou confi­dence ie, dan is daa iets fout met jou. Dan sê it my, jy gie rerag om oo niks mee nie en jy sien yt na niks.

Maa ek kan voel hoe die weight van haa skoues af evaporate soes wate op wasgoed wat innie son hang.

Toe ek jonger was en ek was betaal virre freelance job, het ek altyd al byrie ATM my storie begin opmaak vi my ma. Wan daityd wassit soe, jy wiettie wanne jy betaal gan wôd ie. En as jy ytvind jy was betaal, wiet jy nie wannne die geld deerie bank release gan wôd ie. Dan dink ek heelpad an hoe om my ma te flous om te dink die geld was noggie inbetaal ie.

Daityd kan ekkie te neegedruk lyk ie, wan dan gan my ma wiet ek sit an, wan ek raakie teneegedruk as goed vekeed gannie. Ek kan oekie ’n smile op my gesig sittie, wan dais maa nettie ekkie. Soe beste is om kwaad in te stap, en te vra waa kan ek airtime kry, wan ek gan nou die mense bel en my geld demand. En tewyl my ma stap na haa phone toe ’n dysend rand yt my sak te hal en te sê, “Moenie dai airtime advance vattie, koep ie airtime met die geld wat ek nou getrek et, en bring my change.”

Daityd vloek my ma eeste virre vyf minute, en vetel my hoe boring ek is. Maa ek kan voel hoe die weight van haa skoues af evaporate soes wate op wasgoed wat innie son hang. Ennie sound van ammel se stemme wat ’n bietjie dunner klink soes hulle asem ytblaas tussen jokes maak gan sit in my oor en gie my gedagtes. Daityd voel ek my eie confidence bietjie rise, asof om te sê, ja it wasse tight twie maande, maa ek het gewiet it gan ytwêk.

En ampe onmiddellik begin dai feeling van desperation weg te slip wat jy nette half-uur geliede nog gehad et. En net daa hal jy ’n twie-honned rand yt jou sak en stuu een vannie laities winkel toe omme Coca-Cola te gan koep wat nieman voo lus is soe vroeg innie oggend ie. Maa jy need nou change vi taxi fare. Wan jy en jou ma gan ees narie Food Lovers Market toe wan daa’s altyd specials an. En na dai issit Hyper toe soedat jou ma helfte vannie winkel kan gan koep. En assie klein laitie te lang drai en skoene soek, sê jy vi hom hy moet klaa maak. Ôs hettie heel dag ie, daa is nog vrek baie om te doen.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.