Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: G’n peace vir hierie artist in sy struggle teen silence

Daa is dae wat art vi my soes conflict voel- daas niks einde annit ie. Ammel create mettie beste intentions, soes religious fanatics wat ie wêreld wil opbom, soedat ôs ammel saam hemel toe kan gan.

Somtyds wil ek net op my knieë val, beg en sê, “Stop.” Asse niewe film ytkom wat ek moet kyk wil ek my oë ythal en onne innie laai druk, as my favourite band ’n niewe album release, wil ek my ore afsny en innie sea gooi.

En ek is die worst, wan ek is die greediest van ammel, ek stuff my ore vol music, stiek pictures in my oë, sniff woorde soes lines van cocaine en regurgitate it als wee môre om ieman annes siek te maak. Ek gie myself niks rus of stilte nie. Ek offer die wêreld niks stilte nie. Ek wiettie ees of daa een kame in my kop nog is wattie overflow met anne mense se noise ie.

Stilte soes privacy is biesag om short on supply te run. Soes skoon lug en skoon wate. Ek mis dai dae in hoëskool wat ek soe baie gehad et om te sê met niemand interested daa in ommit te hoorie.

Toe al my thoughts en feelings net daa was om myself te serve. Daityd kan ek die most ridiculous ideas gehad et. En ek kan die most ridiculous goed gesêrit. Ek het forty-five minutes weg van my skool gebly. Soe, elke oggend het ek vroeg opgestaan tewyl die wêreld nog donke was byte. En dan stap ek skool toe tewyl it net lig begin wôd byte. Dan’s it ek allien innie wêreld vi forty-five minutes. Pure stilte, net ek in my kop innie half-light.

Ek het hele tomes van philosophy in my kop geskryf dai dae. Ennit vegiet byrie tyd wat ek byrie skool gekom et. Wan my thoughts was geskryf in invisible ink. Lost in time die moment wat hulle ge-utter wôd. Daa was niks record gehou nie.

Nou voel my thoughts soes greenhouse gasses.

Biesag omme gat innie atmosphere te brand.

Ammel wat iets sê voel convinced dat hulle iets moet sê. Maa ek het al klomp lang essays gelies oo belangrike goed. Goeie essays met goeie ideas, en goeie solutions vi die wêreld se ills. En al wattit spawn is nog essays. En ek voelie convinced dat die wêreld bieter wôd ie. It seem vi my ammel se woore gan lê net boe opmekaa innie hoep dat een die anne gan vesmoor.

Miskien is stilte overrated. Miskien soek mens altyd net wat jy nie hettie. Ek kan goed onthou die dae wat ek ’n starving artist was. En dan praat ekkie ees van nie geld maakie. Ek praat van 1992 wat ôs video machine gebriek et. Ek praat vannie feit dat ek ees in 2008 ’n CD kan afford it, maa nie ’n CD player nie. Ek praat van dee boeke blaai in winkels, wat jy dink jy nooit sal kan koep ie. Ek het daityd gevoel ek gan doodgan van dôs en honge.

Ek het twie boeke wat ekkie wiet of ek ooit gan lies ie. Is my twie mooiste boeke, The Birds of America dee John James Audubon en Building Stories dee Chris Ware. Ek het in drie jaa, altwie net drie kee al oepgemaak om vi anne mense te wys, nog nooit op my eie nie. Ek sit net soe soms en kyk it an. Ek dink it is omdat ekkie wiet vi wie om permission te vra ommit oep te maakie. It voel ie soes boeke wat ek supposed is om te hettie. It voel soes boeke wat ek by ieman annes se hys moet sien en wens ek kannit gelies et.

Oppie dae wat ek siek voel van art, kyk ek my twie boeke an ennit remind my wee hoekom ek soe lief is vi goed create en annes se creations. Ennit remind my hoekom daa niks peace ooit vi my kan wiesie. Ek is addicted an beauty en ek suffer virrit. Ek wil die stilte destroy en replace met iets mooier. Wat impossible is. Maa it is impossible om op te hou try. En soms kom jy of ieman annes soe naby daa an, en dan maak als sense vi jou. En jy voel dai most elusive van feelings, dat daa harmony innie wêreld kan wies. Life is noise, en stilte isse absence van life.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.