Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Hal yt dai colonial lenses en wys respek

Nou onlangs roep my vrou, Ronelda, my om iets te kom sien op Facebook. Ek haat Facebook. Ek haat eintlik alle social me dia. Isse space vi mense om al hulle worst qualities yt te stal soes art inne gallery.

Bad art. Dark arts eintlik. It isse sad plek vi my, soese strip club. ’n Plek mette sheen van luxury, maa die ryk van desperation hang soe dik soes mist innie Irish countryside. Ammel wil gesien wies, som omdat hulle iets wil vekoep, en annes omdat hulle biesag is om te fail at life.

Ronelda vra my: “Jy ken mos vi Vanessa van 7de Laan, nuh?”

“Jip. Ek ken vi Vanessa. Ek ken vi Vanessa, Paula, Charmaine en Matrone. En ek ken vi . . . Binky en Jan-Hendrik.”

As ieman my vra of ek ieman in 7de Laan ken, list ek altyd ammel wie ek ken in 7de Laan. Ek wiettie ees hoekom ie.

Ronelda wys my ’n Facebook thread wat lyk soese public toilet se muur. Die comments isse anne soot nastiness wat ekkie ees hie wil repeat ie. Die essence vannit is hoe Vanessa nie voldoen an dié scumbags se hoë standards van beauty nie. Die thread begin ees mette paa wit mense, maa dan halfway spring daa coloured mense in wattie party oovat.

Die thread het soe unravel regoo die plek dat it onne Ingrid Paulus, wie Vanessa speel, se aandag gekom et. Reg boe, het sy ’n response geskryf wat dignified en kalm was.

Ek kry somme lag vi die coloureds wie soe had wêk om hulle former oppressors te impress. Hulle dink as jy saam ie wit mense lag vi jou eie mense dat jy ’n medal gan kry. Maa it wêkie soe nie. Dai wit mense kykie ees vi jou annie. Hulle dink jy is net goed genoeg om vloere te was of om hulle te serve byrie café. Maa dié gannie ees oo wit mense nie. Hulle is part vannie problem, maa die regte problem is coloured mense wat nog altyd wit wil wies. It gan oo coloured mense wat obsessed is met ligte vel en steil hare.

Ek het al soe baie coloured meisies geken wat niks dink van hulle self ie. Wie val virrie eeste gemos wie vi hulle sê hulle is oulik. Wan jy kô yt ’n hys waa jou suste gladde hare het en jy moet klein bollas maak met jou hare. Ammel lat jou altyd wiet wie die mooi suste is innie familie.

My een antie het al haa kleinkinnes mettie kroes hare innie kas weggestiek toe sy eenkee visitors van overseas kry. Sy’t net die klein kinnes mettie mooi hare introduce annie visitors.

Ek het nou al ’n paa coloured actors gemeet al. Dai isse doubly swaa hustle as jy nie wit issie. En is klaa swaa al is jy wit. Jy wôd heeltyd oogesien vi alles. En as jy nie wiet van jou mond hou en sluk ie, kan jy maa jou drama degree innie toilet hou langs ie toilet paper. Mense dink omdat jy ieman oppie TV sien dat hulle nie regte mense issie. Hulle dink dai mense liewe inne boks in hulle voorhys. Maa dai isse regte mens met regte gevoelens. En as jy nie ees dai onneskeid kan maakie, moet jy altyd avoid om jou mond oep te maak.

Jy kan ’n bietjie respek wys an ieman soes Ingrid Paulus wie soe lank al survive in dai business. Dai isse mooi, suksesvolle, coloured vrou. En ek emphasise dat sy coloured is, wan dai maak altyd alles swaa-der. Dai’s ’n ma. Môre wil jy die hadste hyl oo violence tien vroue. Môre wil jy Women’s Day die loudest celebrate op Facebook. Maa issit minner violent omme vrou se self-image ytmekaa te wil skee?

Somtyds vang ek myself innie spieël.

Dan moet ek lag kry. Wan during apartheid sal ’n wit mens vi my wil convince et ek lelik is. Dan skrik ek wee vi hoe mooi ek is. En ek lykie ees naby soese wit man ie. Maa Middle Eastern gemix met ek wiettie ees wattie, kan oek mooi wies. Swat kan mooi wies. Al wat jy moet doen is om dai colonial lenses yt te hal ennie wêreld ’n twiede glance te gie.

Meer oor:  Ingrid Paulus  |  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.