Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Hoekom is mense hulle worst byrie hys?

Mense, soevê ek kan sien, dra altyd een gesig byrie hys enne anne een innie wêreld hie byte. Jou abusive pa kan die most charming team leader byrie wêk wies. Dai man wie jou lat stumble oo jou woorde, soes jy, ‘Ja Pa, nuu Pa,’ het tien byname byrie wêk soese geliefde kind met klomp troetelname. Jou difficult en unreasonable ma is ie anties oppie parkie tussen five en nine o’clock se saggeaarde yoga instructor. Jou verkrampte, toxic, racist oupa wat jy net eenkee ’n jaa sien en try weghou van jou man of vrou wattie wit issie, is ammel by Beverly Café se politically incorrect-maa-eintlik-sweet-oupatjie wat almal by die koffieshop se naam ken en goeie tips gie.

Meeste mense, al besef hulle it of nie, is maa Janus-faced personalities. Die ding wat ek nog altyd gewonne it was hoekom mense hulle worst personality altyd byrie hys dra. Issit soes dai broek mettie groot inkkol op? Of dai sweater mettie groot gatte in? It is lelik, maa it is soe comfortable. Nie soes ie hoë hakke offie suit en tie wat jy wêk toe dra nie. Ek dink jy kennie ’n mens totdat jy in een hys gebly et met hulle nie. Maa dan ken jy oekie mense as jy in een hys bly met hulle nie, wan hulle is anneste byte die hys.

My pa was soe. Hy was donke en violent byrie hys, maa jy kan nêrens gegan et met hom sône dat daa tien mense hom stop om te praat enne kot trip lank maak ie. Elke twiede degenerate moes hom kee virre tien tot vyftien minute joke, dai type van joke wat ek classify assie ghetto ver­sion vannie watercooler small talk.

’n Man in sy mid-fifties, mette gesig wat lyk soese rosyntjie, probably van allie dried en fermented drywe in sy system, stop my pa se kar. Hy hette unusually perfect set van pear­ly wit tanne enne Tom Waits op sy laagste moment, whiskey en cigarette stem. Hy stink deerie kar deere en sy klere lyk soesie goed watte homeless bra byrie hys dra. My pa lat sy kar idle en sit sy music sagter, en dan begin hy en sy bra expletives yt te ryl. Hulle doen dai vi soe ’n minuut of twie voo my pa se bra begin praat van anne mense wat hy en my pa altwie ken. Die tjommie van my pa sê dai mense sê my pa is skaas. My pa sê, hy ganne drai maak daa. It fascinate my dat daa mense is wie dink my pa is skaas, mense wat hom soek wanne hy nie daa issie. My pa is altyd kak dikbek byrie hys, die soot pesoon wat somme out of no­where by ôs blaaie offe key gan soek wat hy twie jaa geliede inne kas gedruk et. En dan raak hy mal as ôsie wiet waa it issie.

Wanne my pa en sy degenerate tjommie klaa gesels it, sê hy vi sy bra, “Alright dan sien ek jou . . . innie Hustler!” Dan race hy daa weg voo sy bra ’n kaat kan trug skiet. Dan lag my pa soese klein Velociraptor vi sy eie joke. Innie rear-view mirror kan ek my pa se bra nog sien, hy lag op sy eie saam my pa. Wanne my pa klaa gelag is, kyk hy na my toe en sê, “Sien jy dai ou, dai is Jeff. As jy ooit my mind wil vestaan, moet jy met hom gan praat. Daa is niemand innie wêreld wat my bieter kennie.” Ek knik net my kop, en dink hoe strange it is dat daa ’n degenerate genaamd Jeff is, wat practically ommie drai bly van ôs van wie ek literally nog nooit van gehoorit ie wie my pa bieter ken as ammel innie hele wêreld.

Jeff kan jy sien is ie soot dude wie sy vrou blou slaan oppe Sondag. Maa ek wiettie hoekom my pa my vebaas ie, my pa se anne beste bra wie ek oekie gewiet et een van sy soul mates issie, het sy vrou doodgemaak een weekend.

Toe ek my pa vra hoekom hy nog brasse is met dai bra na dai, toe sê hy net, “Naai, ek gloe nie dai het gebee nie. Ek kennie vi ou Polla soe nie.”

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.