Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Hoekom is vandag se simpletons soe cynical?

“I can promise you now, if they lock down everything again, because of this corollavirus, it’s over for this country . . . we will never come back.”

Soe sê Lucian vi my, tewyl hy my groceries inne sakkie pak. Ek kyk vi Lucian soe an, wat die land se einde voospel, en kry lag virrie feit dat hy maklik nog gan doodgan vanne virus wie se naam hy nie ees kennie. Ek sê net ja, en dan try ek om te dink an nogge random ding wat ek kan add an sy lang string van complaints.

Mense soes Lucian is nooit tevriede unless julle saam kan staan vi twinnag miniete en complain oo goed wat jy en hy altwie niks gan doen omtrent ie. Even nog bieter as daa at least twie customers agte jou staan en wag. Ek begin sê, “Yes they wanna steal the money . . . maa ek bother nie ees ommie sentence klaa te maakie. Watte geld praat ek van? En wie is die mense wie die geld gan steel? Ek wiettie, maa ek wiet dai is wat Lucian wil hoor. Mense soes Lucian maak altyd die donkeste predictions vi Syd-Afrika. Wat it meer funny maak, issie feit dat hulle nie necessarily vekeed issie. Maa hulle wiettie dai nie. Wan hulle wiettie waavan hulle praat ie. Hulle sê goed wat die anne grootmense sê, soes kinnes wat vi Mammie en Pappie copy.

Lucian is soes my uncle Shane, hy het altyd die nuus gekyk, dan assit by die business report kom, sê dai man, “Aouw, issie Dow Jones ennie Nasdaq.” Soes een wat wiet wattit mean. Even toe ek klein was, het ek gewiet dai man vestaanie die nuus ie.

As hy en sy broe mekaa gesien et, dan ramble hulle ’n lys van keywords af wat hulle wiet hulle moet sê omdat hulle grootmense is. Dan sê Uncle Shane, “Jy check hulle legalize mos nourie prostitute.” Dan antwoord sy broe, “Ja die brood is alwee op met tien rand. Die Dow Jones. Die Nasdaq.”

As hy en sy broe mekaa gesien et, dan ramble hulle ’n lys van keywords af wat hulle wiet hulle moet sê omdat hulle grootmense is. Dan sê Uncle Shane, “Jy check hulle legalize mos nourie prostitute.” Dan antwoord sy broe, “Ja die brood is alwee op met tien rand. Die Dow Jones. Die Nasdaq.” Dan change hulle vinnag die subject na waaoo hulle rêrag wil praat, ’n film van Steven Seagal of Jean-Claude Van Damme. Dan kan jy hoor hulle wiettie ees waaoo dai films gannie, al wat hulle vestaan is dai mans het groot muscles en hulle karate goed.

Ek het laasjaa, omdat ek in soe ’n mood was, vi Lucian gevra wie America se president is. Ek hettit soe gevra, “What is this guy’s name man? The president of America. He is always on the TV.” Toe sê dai man vi my hy wiettie. Wan hy hettie ees “time to look TV” nie. Toe sê ek, “Trump, I think his name is Trump.” Lucian sê vi my, hy het nog nooit van Trump gehoorie.

It lat my wonne waa hy sy insights kry into die South African economy. Hy hettie ees time to look TV nie. Ek doubt hy het time to look books. Ek wonne waa al die simpletons gegan et, wie naive was to a fault. Hoekom is vandag se simpletons ammel soe cynical?

As jy rêrag dink is oo vi Syd-Afrika, hoekom lyk jy altyd soe happy? En hoekom maak jy ees vyf-en-dêtag boring jokes voo jy my help by jou winkel? Die irony is ek en Lucian is oppie selfde page, maa jy kannit sien by my, wan ek lyk altyd soes een wat an skok ly. Ek worry elke dag oorie wêreld wat my dogte in grootwôd. Toe ek jonger was, het ek gedink ’n mens kan goed ve’anne. Maa ek dinkie mee soe nie. My ienagste genot wat ek nog oo het is om na mense soes Lucian te lyste. Wan behalwe vi wanne hy jokes maak, lat hy my altyd lag.

Lucian lat my vi myself lag. Wan hy lat my besef hoe absurd ek is om soe had te try soes ek doen. Die mense wat heeltyd compete vi power, die politicians, millionaires, famous mense, hulle ammel kom en gan, rise en fall. Hulle kom altyd short, wan hulle gloe te veel in hulle eie belangrikheid. Lucian wiet it ie, maa hy gloe in niks, en hy gie om oo niks. Hy dink daa is niks hope oo vi die land ie, en hy is remarkably tevriede met dai knowledge.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.