Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Hulle try onthou waa liewe die drai gevat et

Sonny lyk soes een wie innie sement gerol et. Van kop tot tone vaal soesie fletse.

Om heeldag te staan innie son en dugga roe issie jokes ie. En waavoo wêk Sonny, ’n odd vi sy ma, ’n pakkie entjies enne paa biere virrie weekend.

Al is Sonny noggie oud genoeg om te roek of om te drink ie. Sonny isse laitie tien an my, maa as ek hom raakloep, voel ek moet vi hom sê, “Hoeganit Uncle Sonny?” wan Sonny lyk soe vewaaloos jy sal dink hy is jou pa se oudedom.

Ôs staan by Ous se hyswinkel en wag vi Ous om klaa te praat oppie phone voo sy beslyt om vi ôs te help. Sonny skud sy kop en sê vi my, “Jaate, die mense voel oek niks daavoo om hulle customers te lat waggie . . .”

Ek wiettie offit die dagga is offie dugga se stof wat op sy bôs gan sit ittie, maa Sonny klink soes hy vi Barry White ingesluk et as hy praat, dai dik, dik stem van klein laities wanne hulle begin act soes grootmense.

Sonny het dai permie perplexed look in sy oë as hy met jou praat, wat Coloured laities altyd kry ná skool, wanne hulle byrie fabriek begin wêk. Asof hulle try om te onthou waa hulle liewe die drai gevat et. Meeste vannie tyd kan ek antwood en sê, “Jy hettie vi juffrou en menee gelyste nie, jy wil een joke te veel gemaakit innie wiskundeklas. Dai is waa jou liewe die drai gevat et.”

Ek sê nie ek sallie dieselle gedagte gehad et as ek sewe jaa oud wassie.

Sonny se geval was klein bietjie anneste. Hy en sy vriende het eendag oppe discarded tractor wiel afgekom. Nou dai wiel is mos groot. Soe hulle het gehou daavan om die wiel rond te stoot en te speel daaop. Waarie moeligheid begin et was dat Sonny het klomp vriende gehad. En ammel wille kans gehad et oppie wiel, en dan maakit soe jy kan net five minutes oppie wiel is voo jy it alwee moet virrie next man gie. Baie stryery onne hulle ytgebriek oorie wiel. Ná ’n tyd beslyt hulle somme die een wie eeste byrie wiel ytkom, kan mettie wiel soe baie speel soes sy hart begeer, die annes moet net wag en klaa.

Nou Sonny issie oudste onne sy tjommies, hulle is ammel soe ses jaa oud en hy is sewe. En omdat die pre-schoolers voorie anne kinnes ytie skool ytkom is Sonny nooit eeste man byrie wiel ie.

Is daa wat Sonny beslyt hy is somme klaa met skool. Nou wanne die tjommies skool toe gan sewe-uur, lê Sonny al byte oppie wiel en wai vi hulle wat naar is vi hom wan hulle wiet hy gan nou heeldag dai wiel vi homself het.

Ek sê nie ek sallie dieselle gedagte gehad et as ek sewe jaa oud wassie. Ek sê maa my ma sal my net soe gekyk et, en dan sal dai die einde gewies et daavan.

Maa Sonny se ma was anneste, sy het net eenkee geskel, en vi Sonny vêder gelos met sy wiel. Sonny het homself gate yt geniet met dai trokwiel, en innie marrags as die anne laities ytie skool kom, dan moet hulle nou kyk ees hoe Sonny voel, of hy genoeg gespeel et.

Maa soes met tol kap, en gatties skiet en soe an, voel it altyd asof jy nooit wee ’n anne game gan wil speel virrie res van jou liewe nie, maa dan eendag is niemand nettie mee lus om tol te kap ie. Soe wassit mettie tractor se wiel oek. Die laities innie pad het begin anne goed doen, en Sonny was maa toe byrie hys elke dag en dan sit en wag hy heeldag vi sy tjommies om ytie skool te kom. Wan is boring om heeldag op jou eie byrie hys te sit.

Hie tien, twaalf, veetien, toe lê Sonny nou te lank byrie hys na sy ma se sin. Hie tien sestien jaa oud, toe wêk dai man voltyds. Het hy alwee sy eie laitie gehad om groot te maak. Dai klein victory toe hy sewe jaa oud was, is soe vê nou innie veliede dat ekkie kan dink dat hy it mee kan onthou nie.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.