Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Hy kies self ie lens waamee hy lewe view

My paths cross onlangs mette suave oupatjie in een van dai slakkepas lyne in Home Affairs, hy lyk soese cross tussen James Matthews en James Dean. 50’s Hollywood glamour inne ytgeblykte government geboutjie. Ek dink is die eerste kee in my liewe wat ek ieman sien mette three piece suit en cuff links an. In real life nou.

Hy kom nader gestaan en sê, hy admire my baard, is nogal impressive. Ek smile en dink oupatjie is old old school, van dai old school watte man virre anne man kan sê jy hette mooi baad. Ek sê vi hom dankie, but my baard is niks compared tot sy hele style ie. Ek sê vi hom hy was sieke ’n entertainer of iets, wan nieman trek soe annie.

Oupatjie rus met altwie sy hanne oppe kierie en sê, nuu, glad ie. “Ek isse boekemens, ek het vi jare in die university se library gewêk.”

Hy kry al sy style yt stories yt en films. Hy het maa net gehou van hoe sy klere vi hom somehow part vanne langer storie gemaak et. Hy wou self ie lens kies waa­mee hy sy eie lewe view. Ek vra vi hom wie sy favourite writers is. Hy lag dat sy ligte blou oë striepies is. Hy sê vi my nuu, hy ken dai vraag. My post-modern reduction gannie op hom wêk ie.

Ek lag vi hom en sê, is sad vi my om te wiet dat daa ’n tyd was wat mense mekaa kon in en yt vra et vir interest sake, sône om te lyk asof ôs season 10 vanne bad remake van Sherlock Holmes try imitate.

Ek sê ek wens baie ek was part vanne anne generation. Hy lag en gooi sy kop agte oo. “Nuu man”, sê hy, “jy’s die regte genera­tion.”

Al problem wat hy met ôs het, is dat ôs lelike skoene dra, but hy het gesien ek het darem ie ’n paa tekkies annie en my oatmeal grasshoppers het sy oeg gevang.

Hy lag terug en sê mette side smile, hy try nie om filisofies te wies ie, is maa net hoe sy broek pas.

Ek sê vi oupatjie dai isse massive compliment en baie dankie. Ek sê oek vi hom ek is sorry but ek wil genuinely wiet wat sy favourite boeke is wan vi my mean boeke oek baie. Vi my as ek met iemand oo boeke kan praat, kan ek normally met dai pesoon oo enige iets praat. Hy insist ek moet ophou dai doen, hy sê die wêreld is te warm vi icebreakers, hou jou skouers koud en jou uitkyk icy. Moenie jou tyd môs om kreukels yte anne man se klere te stryk ie.

Ek lag vi hom wie se references soe sick is. Hy lag terug en sê mette side smile, hy try nie om filisofies te wies ie, is maa net hoe sy broek pas. Ek kyk dai oupatjie an virre sekonde en dink hoe weird it is dat ek nou hie staan en praat mette wise old-man. Hemingway het gesê the wisdom of old men isse fallacy. “They do not grow wise. They grow careful.”

Hy het in sy jare in die library besef dat mense eintlik maa net met part van hulle self interact, dai idee dat ôs common ground moet vind om vriende te wies, is vekeed. Mense soek ie mekaa nie, hulle soek maa net stukkies van hulle self innie next mens.

Die problem met dai is bad mense en goeie mense soek dieselfde ding en soms cross die wires en die bad eindig op voo die goed. Dan sit jy met mense wat meer soek vanaf anne mense en minner gie.

Oupatjie se stylish vintage Rotary watch blink en vang my oeg, hy skud sy gewrig los, soe amper asof hy vi my oë sê, “This old thing”. Hy lag by homself en sê vi my, moenie soe swaa soek vi kindness nie, “Ek sien baie van my search party in jou, is net myne is smarter angetrek.”

Oupatjie stap tot byrie counter en gie die vrou agte die counter ’n breë smile, ek sien die abridged death certificate in sy hand wanne hy veby my stap en sê vi myself, ek is sorry vi sy loss.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.