Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Hy transfer die sound van sy trane in sy guitar

The poetry of heroism appeals irresistibly to those who don’t go to a war, and even more to those whom the war is making enormously wealthy. It’s always so. – Louis -Ferdinand Céline

My vriend Maestro is in sy sixties, hy speel guitar mettie elegance van ’n wild Arabian perd op ’n stowwerage plein. Mettie vulnerability van ’n doudruppel op ’n spinnerak. As hy die guitar nade trek wôd it part van sy bone structure. Sy vingers vou ommie guitar soes nyctinasty. Hy vetel my toe hy jonk was het hy die liewe in twie parts opvedeel, een wat hy as ’n laaitie iewes agte ’n venste staan en sien hoe mense vebystap, die anne deel is hy staan buite en kyk hoe ieman agte die venste staan en kyk. Ek sê vi Maestro, dais ’n diep way om na dinge te kyk, dan sê hy net, diep dinge is vi die voëltjies, is die vlak dinge wat die liewe aan mekaa hou.

As ek en Maestro om ’n tafel sit voel it asof elke moment groei soes ’n rankplant wat jy wiet iewes groei, iewes vêr van ôs af. Iewes gesond en fruitful, waa ieman unintentionally iets mooi doen. As allie jare se sorrow opcatch shed hy ’n silent traan. Die is ’n feeling wat jy net kry by mense wat sag huil ommat hulle trane hul sound verloo et. Hy transfer die sound van sy trane in sy guitar en dit is dai wat maak dat sy music onner jou vel gan sit.

Wanne hy sing, maak sy stem ’n curtsy ennie woorde klink asof it sorry sê vir allie tye wat it vergiet et om asseblief en dankie te sê, soes ’n klein kind wat nog lee dat woorde power dra. Sy oë knyp hy styf toe asof hy die locks om sy memories tighten en sy lang grysbaard hang soes ’n tapestry van reën wat val. As hy sing stop hy innie middel van ’n song om vir ôs te sê “ ’n guitar is ’n kind, jy moet sag wêk, want die kind lee van jou af en nie jy vannie kind af ie.”

Hy sing ie ’n song twie kee dieselle nie want sy philosophy is, alles is anyway klaa gebriek, jy kan it ie wee heel maakie, jy maak it net joune.

Hy sê vi my “Nate, ek was al orals gewies, maa wiet jy wat, die plek wat ek altyd na terug toe kom, is dai laaitie agte die venste wat deurie netgordyn staan en worry,” ek try my beste om nie te respond in ’n way wat klink asof hy my equal issie, want daa is som mense wie se experiences net aan hulle moet behoot, jy moenie inval met hoe jy relate nie, jy moet oppie sidelines staan en sê, ek ken nie jou pyn nie. Want te veel van ôs wil ôsself in plant in plekke en experiences virrie troos wat dit supposed is om te bring onner die idee van universal suffering. Mense treat losses soes ryk mense geld treat, hulle dink hoe mee jy bymekaa maak hoe mee gemaklik maak jy die lewe vi jouself. As jy genoeg swaakry collect dan maak it jou stêker assie next mens.

But Maestro collect sy losses soes ’n slagte wat sy skape humainly rear en slag dat dit sy music luxuriously feed, tewyl hy homself nourish mettie tai offcuts. Hy sing ie ’n song twie kee dieselle nie want sy philosophy is, alles is anyway klaa gebriek, jy kan it ie wee heel maakie, jy maak it net joune.

As ek kyk na mense soes Maestro en sy generation wil ek vi hulle sê, ek is sorry dat daa nieman was vi hulle nie, dat hulle life op een lang lyn experience et, dat hulle dai freight train vol generational poverty oppression en violence allien gesliep et. Dai oolog binne ’n oolog. Waa die soldiers untrained en weaponless is. Al wat hulle het, is al wat hulle oo het en al wat hulle soek is ’n dignified send off into hulle latter jare. Hulle soek ie die sorries en die reparations nie. Hulle wil agte die venster staan en kyk hoe ôs veby stap en as ôs soms stil staan en vi hulle notice, kan ôs stop en ôs koppe knik.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.