Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Iets ugly is biesag om te broei in America

Hopefully byrie einde vannie wiek is daa ’n niewe president in America. Of miskien nie. Miskien issit bieter as Trump president bly. Dan kan ôs sit en kyk oorie nex vie jaa hoe America itself devour soese Mickey D’s Happy Meal. Ek is moeg van dai land. It is vi my ’n klein bietjie entertaining, maa mostly scary om America van vê af dop te hou. Daa is iets ugly en gevaalik wat biesag is om te broei daa. Nogge World War. America vs. die res vannie wêreld. Die façade van America as die benevolent leader vannie free world het lelik geval. Jy kan dai vi Trump gie, meer as WikiLeaks en Edward Snowden combined, het hy virrie wêreld gewys wat America rêrag is.

Die afgeloepe paa maande het vi my gevoel asof ek ’n padbakleiery dophou, vannie ôdentlike familie wat gewoonlik elke Maandag, Woensdag, Donnerag, Sarag en Sondag kêk toe gan.

Die fight het innie hys begin en gradually bytekant toe beweeg. Soes ie bakleiery oppie netjiese lawn angan, pretend die res vannie straat se mense dat hulle niks sien nie, ve’al ek, ek hou my biesag. Maa hie en daa kry jy dai mense wat somme met hulle lawn chairs byte kô sit ennie fight kyk. Ek pretend ees ek tel ie chips pakkie op wat oppie sypaadjie voo ôs jaat lê, al lyk it binne ôs jaat soese ’n chips pakkie graveyard, issit die chips pakkies wat net byte die jaat lê wat ek op focus. My niefie wat nooit bother om yt die huis te kom ie is nou saam byte, hy doen stretches soes ’n wit meisie wat yoga doen.

Dan skielik is daa ’n horrible crash gelyd, ôs ammel kyk slightly bewildered en confused rond. It kommie vannie fight oppie lawn ie, it isse kar wat annie punt vannie straat inne paal vasgery et. Ek kan sien hoe my neighbours wattie lawn fight kyk, try om te decide of hulle die niewe disaster gou moet gan kyk en wee terug kom en of hulle maa moet bly en hoo by ieman wat gan kyk et. Die oudste neighbour roep sy kleinkind en bedye hy moet gou gan kyk, maa hy moet sy mask opsit. Meeste van ôs lyk irritated wan die crash het ôs concentration gebriek, my nefie doen nou lunges wan hy gebryk dai asse excuse om altwie sides yt te check.

Ôs aandag move wee trug na die lawn fight. Daa kom ieman van agte die hys, mette T-shirt an wat sê, “Mea culpa”, hy hette sambreel innie een hand enne sak avocados innie anne een, hy vedwyn innie hys in. Die twie lawn fighters, altwie in K-Way masks, het nou teruggegan na hare trek en chokeholds. Dan kom die twie anne fighters yt. Die een isse jong dude, sy hare is blou ge-dye en hy hette “Black Lives Matter” T-shirt an. Hy stiek yt soos Rey Mysterio of een van dai colourful wrestlers. Die anne een is die een mettie “Mea Culpa” T-shirt. Ek dink ôs ammel assume die twie gan ’n side pick, maa hulle doen ie, die een lawn fighter gooi ’n murderous punch innie twie niewe fighters se rigting.

Die “Mea Culpa” een stoot die “Black Lives Matter” yt die pad yt en dai shot val tien sy kop. Hy is yt. Die “Black Lives Matter”-fighter sliep sy partner narie kant vannie lawn en drai om. Dai kyk wat hy gie virrie twie lawn fighters is cold en ôs ammel wiet iets gan nou gebee. Hy vat ’n sambreel en begin al twie fighters te slaan. Dai mense lê en kreun na dai jong klaa is. Ammel wat staan en kyk, kan sien hy lyk effens proud op homself, hy help sy partner reggop en dan sien hulle ’n delivery van stop voorie dee.

Dai selfde brave fighters haloep practically innie hys in. Ek kyk my niefie an en vra: “En nou?” Hy gie sukke slow stretches en sê: “Millennial en sy partner Generation Z, die een voel ashamed oo hy knocked out was in public ennie anne een sal die hele system afbrand, maa is te nervous en skaam om met die Takealot delivery man te praat.”

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.