Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: It is tyd om veby klein beliefs te begin kyk

Ek follow Trump se twiede impeachment trial soe mette halwe oor. Oppie oomblik is daa ’n interview oppie TV met sen. Lindsey Graham. Die interviewer vra hom of hy dink Trump moet officially reprimanded wôd vi sy rol innie Capitol riots.

Lindsey Graham se response is: “Well, I mean, he’s going to have a place in history for all this.” Maa dan add Graham dat hy ennie Republican Party nou net vorentoe wil beweeg.

Ek moet admit dai isse brilliant party line. Dai Republicans wiet dai is al wat mense wil hoor. Wan it is een van dai goed wat ammel maa net anvaar is waa wan mense sê it. As jy ’n dictator het offe corrupt president en jy gan niks doen ooritie, dan is dai al wat jy hoef te sê: “History won’t look kindly on this man.” Iets soes dai.

En dan is ek soes, en dan? Watte difference maakit? Ek doubt ’n dictator wat miljoene mense kan oppress, vi jare gie baie om oo wat history van hom gan dink.

En die anne silly part van dai is dat mense nie ees soe baie omgie oo history nie. Mense vegiet hulle history oonag. Dai is hoekom history repeats itself die opposite is van history won’t remember you kindly. Die eeste sign dat ’n sê-ding meaningful is, is dat it provide nooit ienagge comfort ie. Die ring of truth issie ’n goue klokkie nie, it isse phonecall vannie hospitaal af vieruur innie oggend.

Ek dink mense sal ’n bieter tyd het as ôs begin nader an reality liewe.

Nogge voobeeld vi my van iets wat mense sê, wat ek nog nooit rêrag self gesien et ie: “If we kill him, he will become a martyr.” Dai is vi my soes film logic. Wanne die screenwriter nie kan ytfigure hoekom die villain nie die hero doodgemaak et in dai een scene ie. “Why didn’t you kill him when you had the chance?” “What? And make him a martyr?” Martyr is not a real thing. Malcolm X, Steve Biko, Martin Luther King en Chris Hani om nette paa mense te noem, is ammel doodgemaak despite hulle symbolic importance vi hulle respective movements. Ennit was mostly fine. Niemand het niks oogekom ie. It was peaceful negotiation wat ultimately ’n semblance van justice restore et. Nette semblance.

Wat my bring na die anne ding wat mense sê wat niks rêrag beteken ie, maa ammel vattit asse feit: Violence begets more violence. Oppie surface daavan lyk it soes iets wat sin maak. Is waa, ek het die cycle van violence al oo en oo gesien.

Gangwars, political violence, religious violence, die lys gan an en an. Maa ommie waarheid te sê, alles begets more vio-lence. As jy winkel toe stap in jou niewe tekkies, wat jy had voo gewêk et, gan daa ’n paa boewe vebykom en die violence op jou doen. As jy op pad wêk toe is vroeg innie oggend dieselde. Op pad hys toe vannie wêk af dieselle danger. As jy ’n vrou is wat maa net try om haa kinnes groot te maak, gan jou dronkie man vebykom ennie violence op jou doen. As jy oppe anne continent bly en vi nieman pla nie, gan iemand ’n skip bou en dysende miles travel tot by jou om die violence op jou te kom doen. Violence begets more violence en niksdoen begets more vio-lence, sal meer accurate wies.

Ek willie ees begin met you reap what you sow nie. In my experience reap jy meestal wat anne mense sow. Wat jou parents sow, wattie government sow, wat jou skool sow. Jy reap dai shit jou hele liewe lank. En ek ken te veel goeie mense wat te had wêk om die poverty en pyn te de-serve wat hulle kry. Unless hulle ryk mense was inne previous lifetime en nou betaal daavoo. Wan ryk mense is exempt van reap what you sow, soes taxes.

Al wat ek dink is, whatever justice jy soek moet in die life wies. En ôs moet miskien begin veby die klein beliefs kyk wat ôs gloe net omdat iemand it vi ôs gesêrit. Wan history vegiet, jy reap ie wat jy sow nie, daa is niks martyrs, net sacrifice, en innie woorde vannie Romanian military dictator Marshal Ion Antonescu: “I do not care if we go down in history as barbarians.”

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.