Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Jy issie jouself as jy bang issie

VHS

“I got God on my side

I’m just trying to survive

What if what you do to survive

Kills the things you love

Fear’s a powerful thing

It can turn your heart black you can trust

It’ll take your God filled soul

And fill it with devils and dust” – Bruce Springsteen, “Devils and Dust”

My pa is nou oud en sieklik. Ennit lat my try om te onthou of daa ienagge iets is wat ek vi hom wil sê tewyl daa nog tyd is. Ek onthou toe, ek wil altyd vi hom gesêrit, dattit ek was wat die VHS player gebriek et in 1992.

Ek en my ouer broe het mos comics collect toe ôs klein was. Eintlik issit hy wattit collect et, ek het meer it saam hom gelies. Ek het nooit ideas gehad vi waa om geld te kry om comics te koep ie. R1,50 virre DC comic en R2,50 virre Marvel comic byrie Superette daa naby die Town Centre in Mitchells Plain. Dai is hoe ôs Batman fans gewôd et, wan hy was een rand cheaper as Spider-Man.

Ôs het oore tyd van twie of drie jaa genoeg comics collect vi my ma om ôs hobby ernstag op te vat. My broe se klere kassie het te klein geraak en my ma hulle het dai selfde jaa niewe kassies innie voorhys lat inbou. My broe het mooi gevra en my ma het gesê is okay hy kan een vannie niewe kassies gebryk om sy comics te hou.

It het lekke ytgewêk, en dai comics kassie was al een wat nooit vol briewe en anne garbage wassie. Wan my broe het elke twiede dag sy comics reggepak. Soedat hy sy collection kan admire. Dai wasse activity vi ôs daityd. Ek sal vra, “Wat gan jy nou doen André,” dan sal hy sê, “Ek gan my comics regpak.”

Al wat ekkie gelike et van dai kassie nie was as jyrit ie careful oepmaak ie, dan val ie dee te vinnag oep. Soe het ek eendag die kassie oepgemaak mettie comics in en ek siennie dat die cord vannie VHS hang soe bietjie oo een vannie top corners vannie kassie nie. Ek het nog nooit gesien iets val soe properly stukkend ie, nie voo dai dag of na dai dag ie. Wat gebeerit was, toe hulle die kassies lat insit et, het my ma hulle dieselfde tyd die voorhys lat tile oek. Dai tiles en dai VHS se meeting het geklink soes twie karre wat inmekaa in ry innie Main Road. Ek het hysterically begin skrie en hyl, asof iemand vi my ’n doodstyding gebring et. My eie doodstyding. Met my pa het ek altyd gevoel al riede hoekom hy ôs noggie vrek geslaan et ie, was dat ôs goeie kinnes was wat hom noggie genoeg riede gegie et ie.

My ma het vi my syke wate gegie, en vi my gesê ek moet myself regruk. Toe ek klaa gehyl was toe sê my ma vi my is okay, sy sal vi my pa sê it was sy wattie VHS gebriek et. En ek het vi ha lat vi my pa sê is sy wat die VHS gebriek et al het ek gedink hy gan ha dood slaan. Ek was soe bang vi my pa dat ek hom my ma sal lat dood slaan et, isse snaakse thought. Die aand het my ma vi my pa gesê, hy het net ge­shrug, asofit niks issie.

Ek het vi jare dai memory saam my rondgesliep. Toe lies ek 1984, en ek kom byrie part wat die thought police vi Winston en vi Julia torture. En ek lies hoe niks wat hulle doen Winston se liefde vi Julia kan briek ie. Tot hulle vi Winston vat na Room 101, en hulle sit hom langsie ding wat hommie bangste maak, dai hok vol rotte. En is daa waa Winston se hart briek en hy begin skrie, “Do it to Julia! Do it to Julia! Not me! Julia! I don’t care what you do to her. Tear her face off, strip her to the bones. Not me! Julia! Not me!”

Jy issie jouself as jy bang issie, dais wattit soe gevaalik maak.

Meer oor:  Gevaarlik  |  Bang  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.