Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Jy sculpt jou wêreld, stukkie vi stukkie

Ek wôd altyd bietjie onkant gevang dee mense wat gloat oorie feit dat jy ienagge iets kan Google, en daavoo issit worthless om ienagge iets te wiet.

As jy dom is, gan Google jou nie help ie. Jy gan videos kyk. Dai is al wat jy gan doen, wan jy gannie ? purpose vi Google sien byte dai nie. Jy gan funny videos, violent videos, conspiracy theories en music videos kyk. En dan gan jy against all odds bored raak daavan en opgie oppie internet. En in elkgeval, ek willie goed wiet omdat ek voel ek moet it wiettie. Ek soekie ’n purpose of even quantifiable value in goed wat ek lies ie. Ek sal soe vê gan soes om te sê dat it belangrik is dat goed ie te veel value het vi my nie. Ek hou nie van ienagge iets wat té goed is vi jou nie. Knowledge is soese art vi my. It isse vorm van self-expression.

It issie genoeg om goed te wiettie. Jy moet die regte goed wiet. En als wat jy wiet moet ’n klein bietjie useless wies vi jou. Daa is min mense wat ek soe dislike soes mense wat al die belangrikste feite catalogue. Ek praat van dai general knowledge mense. Hulle company is unbearable vi my. Nie soe unbearable soesie mense wie niks wiet en knowledge haat ie. Maa nonetheless avoid ek hulle.

Information vi my, moet nooit soes kos of wate wiesie. Wat jy consume om annie liewe te bly. It moet soese painting offe song wies, wat net mooi is vi wattit is. En wat jy lee daa yt is wat jy vat daa yt. 'n Boring man het eenkee by 'n party met my gepraat oo Jeff Bezos. Toe kan hy sien in my gesig dat ekkie wiet wie Bezos issie. Toe vra hy my, “Have you been living under a rock, bru?” Ek het net my skoues geshrug, soes ek altyd doen. Dai man het als gewiet omtrent Jeff Bezos. Wan hy het gewiet Bezos is ieman belangrik. Ek is sieke hy was dieselle soot mens wie wiet presies wat Bill Gates se favourite boeke oek is. Hy wietie it is sy base, animal instinct wat vi hom sê is belangrik om dai te wietie. Sy animal instinct sê vi hom hy moet gravitate na die alpha innie pack. Hy besef ie, hy, Jeff Bezos en Bill Gates issie innie selle pack ie.

Die waarheid is ek wiet remarkably min van wat rondom my angan van dag tot dag. Ek kan vi jare na ieman se hystoe gan en nie wiet hoe om daa te kom op my eie nie. Ek het eenkee vedwaal oppad na my girlfriend se hystoe, omdat ek net gewoond was daa an om na haa hys toe te gan innie marrag en nie die aand ie. Dai is omdat ekkie wiet wat om te maak met directions ie. It is vi my 'n petty ding om te onthou.

Ek kan vi jou 'n paa goed vetel oo Romanian cinema though, of French painters vannie 1800’s. Ek ken die geskiedenis vannie Russian revolution en ek kan vi jou die hele geskiedenis vetel van Sisqo se 2000 radio hit, “Thong Song”. Al het dai selfde song my ampe lat vomit daityd wat it ytgekom et. It is vi my belangrik ommie history van “Thong Song” te ken, omdat wat jy ken nooit te utopian moet wiesie. It moet balanced wies, soes life en soes art. Wan knowledge isse creative act. Jy sculpt jou interior wêreld, stukkie vi stukkie, smooth in siekere areas en rugged in annes.

My thoughts is vi my die most satisfying as ekkit als kan mix soes hys paint, inne emmer mette groot stok. Wat ek wiet moet nooit te whimsical of te political wiesie. En most of all moet it nooit boring wiesie. ’n Interesting binne-wêreld kan 'n artist yt ienagge ieman maak. Ennit sal die artwork wies wat jy die langste an wêk. En nieman sallit ooit rêrag kan sienie, behalwe in glimpses. It is iets mooi, net vi jouself.

’n Kame inne hys wat jy kan decorate in ienagge way wat jy wil. ’n Plek om te retreat na toe assie wêreld jou overwhelm met information.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.