Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Kid-friendly vibe as jy langs ’n outehys bly

It was onlangs Halloween en somehow het die “Great American Tradition” finally my klein one-way straat innie mirrel vanne klein dorpie gereach.

Ek wie normally nie wiet watte dag vannie wiek it issie, het selfs gewiet. Wan die DJ’s oppie radio het onophoudend daavan gepraat.

Ek het nog nooit mense gesien wat soe bly is om nóg meer Americanized te wôtie. Asofit ’n life goal vi hulle is om soe much as possible van hulle eie culture te replace met traditions wat hulle niks connection mee hettie.

Die neighbours hette note gestuu om te lat wiet hulle hette exciting trick or treat gereel virrie kinnes in ôs pad, myne included. Is moeilik omme kid-friendly vibe te create as jy langs ’n outehys bly en nog meer moeilik omme scary yet fun atmos­feer te skep as daa ’n klomp bejaardes om jou bly. It seem somehow in bad taste. Ek kry die impression dat meeste dae vi hulle scary yet fun might wies.

Maa die neighbours het klaa commit an die idea en ek moes my kind vra of sy wil deelniem. My kind is siewe en obsessed met fantasy characters en horror stories. Sy isse self-proclaimed goth. Sy gloe goths hette deeper understanding van life, sy het vi my eenkee gesê net meisies met brown skin kan regte goths wies, wan hulle vestaan darkness.

Ek het vi haa gesê sy is te heavy vi my.

Oppe tyd het sy selfs decide sy hette imaginary friend. Ek het gedink dai is cute en haa gevra wat haa vriend se naam is. Toe sê sy vi my haa vriend se naam is Penny. Toe ek haa vra om vi Penny te beskryf, toe sê sy Penny isse clown.

...en sy sê vi my hoe irre­sponsible ôs generation was toward die environment en domestic pets. Ek moet it anvaar, wan it is waa.

It het my ’n moment gevat om yt te figure Pennywise, die evil clown van dai IT film, is my kind se imaginary friend, albeit ’n jonger version wie ammel affectionately Penny roep.

My punt is, Halloween was right up die kind se alley. Soe het ek gedink, en for once gan ôsie hoef costumes te koep ie, sy het klaa ’n kas vol wizard capes en wands. Dai is hoekom ek soe had moet wêk soedat ôs geld kan het vi wizard capes en wands.

Toe die neighbours kom vra of sy saam gan though, toe skud sy haa kop vehemently en sê, “I’m definitely not doing that.” Die neighbour het in haa genuinely vriendelik, maa slightly over-bearing manier getry om die kind se kop om te praat, maa tevergeefs. Later die aand toe sit ek en sy en speel video games en sy vra my toe of ek Halloween gecelebrate et toe ek klein was.

Ek sê nuu, ôs het Guy Fawkes gehad en fireworks geskiet. Ek try om vi haa te vetel hoe baie bieter Guy Fawkes was, en try om vi haa ’n bietjie van die history agte it te gie. Maa ek let op sy is stil en sy kyk my net judgmentally an.

Ek vra wat it is, en sy sê vi my hoe irre­sponsible ôs generation was toward die environment en domestic pets. Ek moet it anvaar, wan it is waa. Ek sug en sê ja ôs was nogal ignorant. Ek vra haa toe hoekom sy nie wou trick or treat ie.

Toe sê sy daa was een vannie neighbourhood boys wat ’n Batman costume angehad et. En sy hettie daavan gehou nie. Wan Batman isse superhero en part vannie Justice League. Dai boy gloe nie in Batman nie, wan sy het eenkee gesien hy en sy broe gooi klippe na voëls wat hoeg inne boem gesit et.

Ek het getry om te vedydelik vi haa dat sy nie dai ve iewag tien hulle moet hou nie, wan hulle is nog klein en hulle het maa nettie van bieter gewiet ie. Sy het vi my gesê sy het hulle nooit vegiewe nie.

Nou wassit haa kans om te sug en sy sê dat boys reeds regte pockets kry op hulle pants tewyl meisies fake, dummy pockets kry, asof meisies ie goed het om in hulle sakke te sittie. Sy kannie nog hulle animal cruelty oek anvaar ie.

Ek het haa soe gekyk vannie side en gedink, “Jý, wat soe donke is.”

Meer oor:  Halloween  |  Sypaadjies  |  Guy Fawkes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.