Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Liefde isse signal wat gestuu wôd soese SOS

“And heaven is the whole of the heart and paradise is by the dashboard light/ Utopia’s a band, they sang ‘Love Is the Answer,’ and I think they’re probably right . . .”

Ek wens ek kan met Utopia saamgestem et of saamgestem et met Craig Finn wie sing hie boe oo my tewyl ek lê en vi antwoore kyk innie damp kolle oppie ceiling, oo hoe hy saamstem met Utopia wie gesêrit dat liefde die antwood is vi alles.

Maa as liefde nie ees die antwood is vi een plus een ie, hoe kannit die antwood wies tot geo-political questions waa groter getalle oppie tafel is. Hoe kannit die antwood tot alles wies as liefde nie ees die antwoord is tottie vraag, hoekom issie lug soe blou daa byte nie.

Mense seem soms om confused te raak, dink ek. Hulle dink ôs isse species wie ytbegin et binne liefde en gradually vêder en vêder daavan wegbeweeg et. Tewyl die opposite eintlik waa is.

Ek het eenkee êrens gelies dat liefde might evolve et asse safeguard tien infanticide. Vandag gan mense vi relationship therapy daavoo, maa back in the day, hette pa somme sy laitie afgehal, wan hy wiet hy gan niks aandag kry vannie ma af tot dai laitie vi homself kan sôg ie. Gorrillas en dolfyne doen it nog altyd.

Die scary waarheid is dat mense nog nooit soe baie liefde vi mekaa gewys et soes vandag ie. Kinnes en vrouens het alle soot regte wat hulle nie ees gehad et ie. En al briek it baie mense se harte, het swat mense, gay mense en transgender mense in baie lande dieselfde regte soese witmens in alle lande.

Gratitude is iets wat mense wat niks kort an mense vekoep wat niks hettie.

Maa ek try nooit om te preach ie, en as ek preach, sal die laaste ding is wat ek preach gratitude wies. Gratitude is iets wat mense wat niks kort an mense vekoep wat niks hettie.

Wat ek dink is dat daa niks vekeed is daamee om somtyds ’n exhausted sigh of relief te gie nie. Wan die wêreld is overrun met mense wie net lief is vi geld, en vi power oo anne mense. En despite dai, het ôs al die freedoms, wat obstacles is tot die ambitions van die powerful. Al die freedoms wat gefight was voo, revolutions wat begin was yte plek van liefde.

Ek het al baie ure afgestaan an dink oorie ways wat mense liefde express. My vrou sêrit en wys it innie ways wat sy my help om my hart te untangle. Om ou gevoelens wakke te maak wat ek gedink et ek veloorit. Sy remind my somtyds dat ek eintlik omgie oo mense. My ma kannit ie sê nie, maa sy wys it. Selfs toe ek klein was, het sy altyd haa liefde vi my gewys in klein goed, soes dee vi my ’n sandwich in te pak vi skool. Op dai odd dae wat daa brood is en iets cheap is om oppie brood te sit. Geboilde eies opgesny op brood sône botte in een van my pa se ou, oogroot broodblikke. As ek eeste pouse my blik oepgemaak et, dan lê die brood en eies rondgestrooi, jumbled soese cut and pasted ransom note, wat sê ek is lief vi jou.

Liefde issie ’n antwood ie. Liefde isse vraag. Is jy lief vi my? En assie antwoord ja is, dan is dai genoeg vi my. Liefde isse uncertainty en it is altyd fragile en oppie punt van collapse. It isse signal wat ytgestuu wôd soese SOS, oppe velate eiland. Is daa ieman daa byte? Nie dysende mense nie, een mens sal genoeg wies. Een mens wat sê ja daa’s ieman hie wat jou hoor. Ek sal groot liefde ienagge tyd eenkant sit vi gewone liefde. World peace vi my is minner belangrik as vriede in my hys.

Ôs gloe in liefde en hou an om klein ways te soek ommit te deel met mekaa. Al is al die indicators daa dat die wêreld run oppe contrary principal. Ôs gloe in liefde al sien ôs it ie. Gloe innit al het ôsie die woorde ommit te explain ie. Liefde is soes faith, intangible en often die salvation van die wattit het ennie meeste makee.

Liefde en faith is twin sisters wat hanne vashou innie donke.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.