Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Ma’ moeilik, wan allie ysters willie volk lei . . .

Wie gaan die volk lei?

“Cause he’s oh, so good,

And he’s oh, so fine,

And he’s oh, so healthy,

In his body and his mind.

He’s a well respected man about town,

Doing the best things so conservatively.” – “A Well Respected Man”, The Kinks

As ek ’n yster was dan sou ek elke dag dieselle goed kon gloe. En dan sou groot goed my happy maak: ’n groot kar, ’n groot silver watch enne growing bank balance. Maa nou maak klein goed my happy. Klein goed wat maklik is om te mis, wat weg scurry van jou soes akkedissies.

’n Yster is een van dai coloured mans wat altyd hulle broeke hoeg dra. Hy tuck sy hemp in by sy underpants om sieke te maak it kannie escape ie. Sy vrou stryk nate in al sy broeke, sy jeans oek. Dais hoe baie self-respek ’n yster het, niks materiaal an sy lyf mag ’n crinkle hettie. Hy het 12 check hemde. Hy het ’n windbreak-er vi wanne it baie koud is en een vi wanne daa nette slight breeze is. Die koue dae windbreaker het moue. Die breezy dae windbreaker het niks moue, maa it hou sy bôs warm. ’n Yster haat om te koud of te warm te kry. Lukewarm isse yster se operative state.

’n Yster kykie net homself innie spieël van voo af ie hy gan hal nogge spieël om homself te kyk van agte af oek. En asse car guard die mistake maak daavan om virre yster een rand te vra, skel hy om yt soes een innie Bybel, “Loep! Julle wil drucks koep!” Hy haat ieman wat drugs wil koep. Hy haat omme rand by te sit vi ieman se drugs.

’n Yster hou van classy events waa hy anne ysters kan meet, wan hy soek altyd anne ysters orals waa hy gan. Soedat hy politiek kan praat. Alles watte yster sê kom wholesale ytie koerant wat hy lies. ’n Yster hou maa net van stry, maa hy noem it debate. ’n Self-help yster sê altyd vi ammel hy’s ’n publieke intellektueel enne online yster, follow al die belangrike mense op Twitter. Soedat hy die debat kry tewyl it nog warm is.

’n Yster het goeie posture, met sy bôs ytgestoot voo hom soese security envoy.

Dais waa ek vekeed gan met my ysterskap, ek stap crooked soese ou hag inne Disney movie. En ek hou die vloe dop soes een wat ’n map lies innie sand. Ek kan nooit ’n yster wiessie. Wan ek vegiet altyd om my belt an te sit, en dan hang my broek an my lyf. Wan ek isse slacker vanaf 12 jaa oud af. Ek wil laat slaap, opstaan, iets amazing doen en wee gan slaap. ’n Yster haat ieman soes my. Wat snaaks is, wan ek wiet ’n yster ken nieman annes soes my nie. It is asof it ’n pre-installed yster setting is. Hy kyk my an en dan wiet hy net hy like my nie. Ek is maa nettie yster material ie. En dai issie my skuld ie.

My generation is self-effacing en inse-cure. Die products van parents wat te sieke was van alles wat vi hulle gesê was om te gloe. Ek wiet eintlik wattit is wat maak dat ’n yster my haat, as hy my ankyk dan dink hy, “Jy kannie die volk lei nie.” Dan veloo hy interest in my. En dan irritate it hom dat ek boeke skryf.

Dai is al ding innie liewe wat hy uncertain is oo. ’n Yster het net een vraag wat hy nie kan antwood ie, “Wie gaan die volk lei?” Hy soek ie niewe holy Moses type, maar hy is te humble om te sê, dat hy self die holy Moses wil wies. Hy need ’n anne yster ommit te sê. ’n Yster mag ie homself nominate ie. Nou’s hy soes ieman wat sê hulle worry nie van presents ie maa, stil raak as nieman vi hom ’n present gie nie.

Ek wiettie hoekom die volk soe belangrik is virre yster ie. Wan ’n yster wil net about een pecent van sy volk acknowledge. Die een percent wat hom nie innie oë sittie. ’n Yster willie volk lei met remote control. Wan die volk isse mess.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.