Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Maar met dai mense wiet jy nooit . . .

Glen isse 21 Jump Street Boy, en sy niefie Rossie isse Vatos Locos. Glen se gang kry sy naam byrie 90’s TV series en Rossie se gang kom van dai film Blood In Blood Out. Ek sê nou gangs, maa Glen is een van drie 21 Jump Street Boys innie Mafikeng. Ek dink daa isse paa Vatos Locos innie Kaap, maa hulle issie associated met Rossie nie.

Glen stamp ie rooi sand van sy skoene af voo hy instap by Ousus se hys. Met dit spring Rossie op van waa hy sit, ruk sy mes, staan regop soese lemur, mette mes agte sy rug enne Clint Eastwood-kyk op sy gesig, “Jy, het ek nie vir jou gesê ’n 21 Jump Street Boy sit nie sy voet oor my drumpel nie?”

“Jy, dié is my oumagoed se werf dié, ek sal my voete hier plaas tot sy eendag vir my wegjaag. Jy sê nie hier nie!” gooi Glen trug.

“Jy, ek het klaar gepraat met jou! Met jou praat ekkie weer nie,’” skiet Rossie trug. En begin dans soese boxer met sy mes in sy hand rondom Glen. Hy mik heeltyd na Glen toe en vra, “Waa wil jy dit hê?”

Glen staan stil en kyk af na Rossie wie ? voet kotter is as hom en sê, “Dink jy dan nou ek bang vir formboy?” Formboy isse style van vysslaan of mes stiek waa jy jou arms baie beweeg, soese coloured capoeira. Developed ostensibly dee en favoured dee laities wat hulle teenage jare in reformatories gespend et.

Glen hal ’n groot plat klip yt sy broeksak, wat lyk soes dai klippe wat jy kry oppie treinspoor. “Jy weet ek steek nie mes nie, Rossie. Ek gooi jou net met hierdie Rooivalk dan slaap jy.”

Rossie bas yt vannie lag, “Jy, dais g’n Rooivalk nie!” “Jy wag! Wat praat jy nou? Dié is ’n Rooivalk dié!” sê Glen, genuinely offended. Die mense is nogal erg, hulle’t name vi al hulle klippe. Rooivalk maak ek yt is soesie Desert Eagle van klippe.

“Nou gee hom gou hier, gee hom gou hier,” insist Rossie. “Kom ons vra vir Leon, hy sal besluit.” Ek wiettie hoekom Leon sal beslyt ie. Al wat ek vi Leon sien doen virrie wiek wat ek al nou hie innie Mafikeng is, is om reg te maak om yt te gan, maa ek het hom noggie eenkee gesien ytgannie. It is sy defining characteristic. Elke kee as iemand vra waa Leon is, hoor jy hy polish alwee sy skoene om yt te gan.

Leon is soes ieman yte District Six play. Hys daa virrie symbolism. Hys daa virrie Afrikaanse langvraag: Verduidelik die simboliek van Leon wat sy skoene heeltyd politoer.

Rossie, Leon, hulle klein broetjie Markie en nogge niefie Chet bly ammel hie by hulle ouma. Chet het op sy kop geval toe hy klein was, nou as jy hom kô meet, staan hy byte oppie gras en karate kaalboelyf inne te klein rooi tracksuit broek.

Ousus hette hyswinkel, dai is hoe sy hulle annie gang hou. Is summertime, en daa kom heeldag laities wat anmaakdrink-ysblokkies koep. Markie, wie se snot loep tot boe op sy bos kom elke vyf minute en lek al dai ysblokkies af.

Ná die Rooivalk controversy gesettle is, vra Glen vi Rossie of hy klaa is, en hy vra vi my of ek saam gan stap dorp toe. Ôs stap onne 'n son wat rooi is soes Mars, elke paa treë tel Rossie ? vyftag-sent op en gie it vi my. Ek kannie ytfigure hoe hy die trick doenie. Hy sê hy is maa net lucky, en Glen confirm sy storie. Rossie is mettie helm gebore.

Laas watte storie ooe Rossie by my ytgekom et, hoor ek hy stap nou netsoe en tel diamonds op. Hy ry nou ’n Mercedes-Benz, mette gun oppie dashboard.

Ennie laaste vannie 21 Jump Street Boys, Glen, lam it nou yt vi life in Pollsmoor. Vi cash in transit vans slat. Dai man het sieke dai vans stukken gegooi mettie Rooivalke. Chet karate nog altyd, Leon het ie hys geërf toe Ousus afsterf en Markie is nou al groot en getroud. Ek niem an sy nies loep ie mee nie, maa met dai mense wiet jy nooit.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.