Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Maradona se unfair goal is groot lewensles

1990, my ouer suste lê voorie TV innie voorys en weep soes ieman by ’n begrafnis. Ek is sewe en ek lag haa yt vi hoe weird sy is, maa ek voel eintlik heartbroken vi haa. Sergio Goycochea het nounet Aldo Serena se penalty gekee en Italy is ytie World Cup yt. My suste liewe inne plasticine wêreld, alles wat an haa raak los ’n imprint vi ammel om te sien. Sy is in love met Italy, soe much dat ek en sy somtyds library toe gan en dan lee ôs Italian woore yt die English/Italian bilingual dictionary. Ek het oek vi Italy support, maa ek was klaa biesag om my colours te change. Issie altyd dattie team wat jou team wen jou hart steel innie process ie.

Maa Argentina wassie ienagge team ie, Argentina het vi Maradona gehad. Innie 1990 World Cup final het West Germany vi Argentina gewen, en ek sal nooit die sense van defeat vegiet wat ek dai dag gevoel et ie. It het vi my gevoel ek isse pesoon soes Third World Argentina en ek gan altyd veloo tien mense soes First World West Germanys. Die underdog veloo altyd tien die uberdog. ’n Swaa les om vroeg te lee.

Maarie jare het veby gegan en ek het ouer gewôd ennie history van football starag begin lee. En innie history van football is daa nie ’n greater example vannie heroic underdog as Diego Maradona nie. Diego Maradona wie in 1986 blessed was mettie “hand of God”. Maradona wie vi England mette flick of the wrist virre moment gerelegate it vanaf “God’s own Country” na net nogge country. It was swaa virre laitie wie opgegroei et met fixed moral ideas ommie glory agte Maradona se handball goal te vestaan. It het vi my gekos om nog ouer te wôd en omme bietjie history byte football te lee. As jy begin lee oo colonial geskiedenis gan jy eventually ytkom byrie Falkland War – ’n oolog tussen England en Argentina oo disputed island territory innie South Atlantic wat 7 900 miles weg van England en 300 miles weg van Argentina se coastline lê. Despite die optics vannie situation issie issue nie soe straightforward soesit seem ie. Maa wie reg en wie vekeed is maakie pesoonlik ’n veskil vi my nie. Die fact is England se control vannie Falklands isse remnant van sy colonial history. Die anne fact is, Argentina was previously colonized dee Spain en vi dai riede allien support ek al kla vi Argentina. Soes ieman eenkee die rules van kinship vedydelik et: “When the shit goes down you ride with yo nigga. You tell that nigga how wrong he was after the fact.”

Argentina se oolog tien England is vi my ’n symbolic resistance tien colonization en oppression. Diego Maradona se handball goal en subsequent victory tien England innie 1986 World Cup, drie jaa na hulle die Falkland War veloorit, is symbolic van resistance tien oppression. Die “hand of God” issie ’n perfect en belangrike goal despite die feit dattit ’n illegal en unfair goal wassie. It is perfect omdat it ’n unfair goal was. It is guerrilla football.

Dishonesty isse virtue as jy tien unfair odds baklei. As jy yt ’n weakened position baklei moet jy slim wies. Iets wat ek somtyds an dink wat my meer amuse as wattit moet, isse strategy wattie Boere tienie English gebryk et gedurende die Anglo-Boereoorlog. Die English army wat altyd te pre-occupied was met class, se generals het altyd al hulle medals en epaulettes op display gedra, en dai way kon ie Boere wie severely outnumbered was altyd vi hulle van vê af ytken. Die Boere, wat brilliant sharpshooters was, het gewiet hulle sallie ’n one on one fight kan wen ie. Wan hulle wassie rêrag soldiers ie, nie soes ie English ie. Wat hulle instead gedoen et, was hulle het al die generals van vê af geskiet, en soe die English army se morale lat drop wat hulle vulnerable gemaak et.

Dai is guerilla warfare at sy most eloquent. Ek kan veby my eie mense se complicated history mettie Boere kyk en dai admit. Soes ek vi Argentina kan vegiewe dat hulle in 1990 my suste se hart gebriek et, wan Maradona het in 1986 vi my ’n boodskap gestuu, post-dated om te sê dat somtyds kannie underdog wen, jy need net ’n touch of brilliance en sleight of hand.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.