Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Markie ka’ nie ies sy slae vat in silence ’ie

Markie is dai laaste stukkie slime wat survive annie einde vannie horror movie. Dai stukkie slime wat die sequel vannie movie opset. Markie isse sequel, vanne sequel vanne sequel, Toxic Masculinity IV: The Confrontation. Toe ek klein was het ek ’n Markie geken, noudat ek groot is ken ekke Markie. Hulle gan nooit weggie. Hulle wôd net updated virre modern audience. Die eeste Markies was blunt instruments soes dai eeste Terminator. Die niewe Markies lyk soes ek en jy. Soes dai liquid Terminator. Maa wat maak ’n Markie ’n Markie?

’n Markie maggie veby ’n vrou loep sône om kommentaar te maakie. Dai is sy main characteristic. Eintlik kan hy veby niemand stap sône om iets te sê nie. As hy byvoorbeeld veby ’n klein kaalvoet, arm laaitie stap, gan hy moet sê, “Aow, kyk vi kaalvoet ranger.”

Maa dai isse side quest virre Markie. Hy kry min punte vi klein laaities afknou. Sy full-time concern is om vi meisies wat veby hom stap salaciously an te kyk, en iets te skrie soes, “Meisie, wanne kan ek vi jou kom visit?” Markie se lines is generic. Maa it maakie eintlik saak ie, wan die punt issie om iets witty te sê nie. Die point is om te contribute in sy eie klein way annie erosion vanne stranger se stamina. Elke Markie wat jy meet steel 0,1 percent van jou life force. Wat soes min seem totdat jy besef die wêreld is vol Markies.

Ek hette Markie op skool geken, dai man was ie eeste pesoon wie ytgepoint it dat ek elke dag dieselfde hemp dra. Die eeste een wie opgelet et ek dra ’n kêkbroek skool toe. Is snaaks wan ek hettie ees vi Markie geken ie, hy was twie grades boe my.

Een pouse staan ek en my tjommies byte die houtwêkklas. Markie staan by ôs, dat it lyk hy staan saam ôs. Daa kom twie stil meisies veby ôs gestap en Markie doen wat hy op die planeet gesit was om te doen: “Meisie, jy het lekke keite!”

Same time wat Markie dai sê, kom menee Saul ytie houtwêkklas gestap. Als wat menee Saul sê klink of hy die pesoon address wie die camel se back gebriek et.

“Nee, man, seun. Jy kan mos nie ’n dame só aanspreek nie. Dit kan ek mos nou nie toelaat nie.”

Saul slaan hom soe dat Markie nie kan help om sy rug te snake innie most undignified way nie. Markie staan net daa en smile met pyn in sy oë. In sukke embarrassing moments jump ’n Markie yt sy eie lyf yt, staan oppie spiritual plane, lag homself yt en repeat sy favourite lines: “Innie eyes!”

Wan Markie kannie ’n moment van humiliation in silence lat vebygan ie.

Wanne menee Saul klaa is met Markie, besef hy hy het nogge bietjie pent-up rage wat hy kan aflaai. “Mnr. Trantraal,” dra hy na my toe, “is jy ook saam dié man?”

Ek is te offended om dai vraag te lat slide en maa die punishment te vat wat somtyds ’n goeie time killer is. Wan narie tyd kan jy en jou brasse staan en vi julle breek daaoo.

Ek stop vi menee Saul mette my eie outburst van pent-up anger: “Nuu wag, Menee, ek kennie ees die ding ie!” It issie my protestation wat vi menee Saul convince ie, ôs boys is obligated om te protest, soes criminals wat hul innocence claim selfs ná hulle straf kry. It is ie look van disgust wat oo my gesig rol. Ek is ’n “disruptive influence” soes een teacher it beskryf it in my rapport. En sy hettie refer na my original ideas ie. Maa ek trek ie lyn daaby om compared te wôd met Markie.

Markie hette slow, casual unpleasantness an hom. Ek maakie comments an meisies wat veby my stappie.

Menee Saul kannie nou stop ie, fair enough. Soe, hy change my charge van harassment na ’n violation van dress code regulations. En hy maak dai die riede hoekom hy my wind ytslaan. Dai kan ek anvaar. Wanne hy ommie drai is, drai Markie na my toe, druk sy vinge te naby an my gesig, en sê: “Jy laitie, wie is jou ding!”

En dai wôd somme dieselfde moment dat ek beslyt, vandag choke ek vi jou tot jy blou trek.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.