Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Mense issie ’n group ie, hulle isse ideology

My antie stap veby my broe en ek wat innie kombys sit en tea drink en praat oore bad film. Ôs praat gladdie ees met haa nie. Maa soes sy veby ôs glide gooi sy die gauntlet nee, asof ôs nou ’n lang argument gehad et met haa wat sy climactic point ge-reach et. “Nou assit soe ’n kak film is, dan hoekom hou al die mense daavan?” vra sy smugly. Asof sy nou finally ôs innie corner het wat sy al die tyd ôs wil gehêrit. My broe, sône om sy oë te lig van sy tea af, antwood, “Wannie mense is morons.”

Dai’s ’n fout van sy kant af. Wan jy kan van ammel iets sê, maa jy moet nooit ees dink ommie mense te insult ie. Dai is genoeg om my antie off te set, en oppe rant te gan wat unusually intense vi haa is. Ôs moet hoor hoe slim ôs ôs hou, maa hoe ôs eintlik nobodies is. Ôs hettie ees geld ie. Dat ôssie geld hettie, is key to haa assault. Wan al ding wat hoër assie mense sit, is ieman wat geld het. Ieman wat geld het kan ienagge iets sê wat hulle wil.

Die mense is ampe soesie Illuminati. ’n Shadowy, undefined group wat ordinary mense se liewens manipulate. Of miskien is hulle meer soes Antifa. Wan die mense issie ’n group ie, hulle isse ideology. As nege mense saamstem oo iets mag die tiende mens ie disagree nie. As jy disagree, dan is jy somehow defective. Of jy hou jou bieter as ammel, wat die mense somehow beslyt issie worst ding watte individual kan doen wat ie geld hettie.

Die Danish philosopher Søren Kierkegaard (not to be confused met Soren Lorenson van Charlie and Lola) sê in sy boek The Crowd is Untruth, “Daa isse view van life wat hold dat waa daa ’n crowd is, is ie waarheid oek, dai isse need wat exist innie waarheid itself. Daa’s nogge view van life; wat sê dat wherever die crowd is, issie onwaarheid, soedat, om virre moment die idea te extend na sy volle conclusion, selfs as elke individual die waarheid in private wiet, as hulle saamkom assie crowd (soedat as “die crowd” ienagge soot decisive voting van noticeable belangrikheid moet doen), sal onwaarheid ingelaat wôd.”

Die mense is soese universal myth met different name op different tye of plekke. Soes creation myths of apocalyptic myths soes Gilgamesh. En soes met dai myths is daa probably traces van fact in. Die mense for instance might across kom asse abstract idea, maa die influence vanne synchronised, actioned conformity hette discernable effect op reality.

Asse voorbeeld, kan jy kyk na America. Al die mense begin voel somehow dat daa te veel swat gesiggies is. Dan beslyt die mense hulle vote vi Donald Trump, wan hy is soes Legio, hy contain die multitudes. Dai lead na babies in cages, die revocation van abortion rights, en possibly die elimination van die right tot same-sex marriages. Die mense kry altyd een pesoon wat al hul worst impulses kan embody. Soedat hulle later kan sê hulle was misled.

Closer to home, beslyt ie mense dat die “foreigners”, (’n anne soot mense, oekie clearly defined ie, maa vilified) coloured en swat mense se wêke afvat. Dai lead na xenophobia en moord. It issie iets wat need om informed dee evidence te wiesie, maa meer based is oppe feeling wat al die mense voel.

Die power van die mense lê daa in dat hulle nooit hulle self hoef te justify nie, genoeg mense moet net dieselfde ding gloe virrit om te manifest asse axiom. Die mense self is axiomatic, alles wat originate yt hul klein minds is absolute by virtue vannie feit dat hulle ammel dieselfde thought gehad et.

Anyway, jare weg vannie dag wat my antie vi ôs gesêrit ôs wil net kwai is, sê my niefietjie vi my die university stuu heeltyd vi hom reminders om te gan vote virrie SRC. Hy issie interested ie, maa wil wiet wat ek dink. Ek shrug net my skoues en sê, ek wiettie, maa ’n pesoon vi wie al die mense vote is probably die laaste mens wie ienagge ieman moet vote voo.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.