Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Mense se op en af moet plante sieke dronkslaan

Op dae wattie sontjie my vang oppie voostoep en ek is te ly om baie te doen, lat ek alles en ammel bietjie rondmaal in my kop. Kou annie laaste dêtag of meer jaa soes spit tobacco. In my gedagtes is daa altyd mense wat net rondstaan, mense wat sit en mense wat op en af is. Is die op en af mense wat meeste my aandag vang. Ek wiet nooit wantoe hulle op pad is of waa hulle vandaan kom ie. Ek wiet een ding, die is mense wie hastag is vi starage dinge. As daa iets is wat ek kom lee it in tyd, is dat life moet starag geliewe wôd. Jy moet lank dink voo jy jou mond oepmaak en nog langer dink voo jy jou voete beweeg. Met elke step in elke direc­tion, increase jou debt. En annie einde van allie fun wat ôs getry et om te het, is daa ’n bill soe lank soes jou arm, altwie arms as jy die hidden charges intel. Die’s wat ek kom lee it vanaf my ma en pa se generation: helfte van hulle spend helfte van hulle tyd om vegifnis te soek vi hoe hulle helfte van hulle liewens geliewe et. Die anne helfte moet die vegiewe wêk doen. Allie boys wat nou jonk en vol mas is, stêk gevriet staan an elke einde vannie maand, gan môre oud en vol regret wies.

Hulle gan veleë wies an kinnes, vi wie hulle nie kan trug betaal wat hulle skuld ie, en wie in turn vi hulle niks skuld ie. Dai meisie wat vandag innie mirrel vannie straat staan ennie hele pad kak vetel, gan môre ieman soek omme bietjie sag met haa te wies. Ammel liewe vandag boe hulle means, ennie dag daana, moet jy met jou palms oepstaan, en hoep jy wôd genotice dee mense vi wie jy annedag gevra et, “Vi wie kyk jy?”

Al die aggression mixed met momentum wat mense dink brand soes vuur in hulle binneste, is maa nette boksie mêtjies, jy gebryk it eenkee en as jy wee kyk issit op. As jy klaa is, sit jy met twie stukkies swawel mette leë boksie tussenin. As jou vuur ytgebrand is en daa is nieman oo om vi jou ’n lig te offer nie, moet jy jou maa kleinmaak, in dai boksie klim en gan slaap. Is beste in life, om jou vuurtjie starag maa sieke annie brand te hou. Moenie die hys afbriek ennie furniture innie vlamme gooi nie. Dai bonfire brand groot venaan en is as die nex dag. ’n Plankie hie, enne twig of twie daa sal suffice. Hou vi jou nederig. Jy het baie om oo nederig te wies. Issie beste om jou vuur te deel, met jou naastes en somtyds met mense wat van vê af kom. Wan daa kom ’n tyd vi ammel wat jy vuur moet maak innie rien. En daityd gan jy ieman makee om te sê, “Kom staan ’n bietjie hie by ôs, kom in is koud daa byte.”

Is maklik om te sien waa arm mense vekeed gan, hulle destruction is altyd loud en bright. Maa as jy praat van biesagge mense, mense wat alles nou wil hê, dronk op hulle eie ego’s, issit maklik nog meer waa vir ryk mense. Daa wôd gesê, “There’s a law for the rich and another for the poor.” En ek dink dai might waa wies, as ôs praat vannie law vannie land. Maa nieman escape die laws van gravity nie.

Die rich en powerful hette lang val, en vat lank ommie grond te meet, maarie grond sal hulle kô meet. Ennie selfde mense wat vandag rondstap in power suits en mense rond move soes pawns oppe bôd, gan oek eendag hulle eie kleinlikheid moet face. Hulle gan oek eendag vi ieman sorry moet vra. Hulle gan oek êrens ieman se vegifnis need.

As ek soe innie son sit, en dink, voel ek soms die son virrie eeste kee. En ek sien die potplante inne niewe lig. En ek wonne soms wat die plante sou sê, oo al die op en af van mense. Die plante wat dag vi dag na iets hoër styg, mettie help van nette bietjie wate enne bietjie son.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.