Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Min dignity soes ons net try om by te hou

In Limelight, een van Charlie Chaplin se laaste flieks, is daa ’n cameo deu Buster Keaton. Die scene is omtrent ag minute lank en vi drie minute daavan issit net Buster Keaton wat try om sy sheet music te place op die music rack van sy piano. It het my lat lag vi wat soes ure gevoel et. It het my lat lag dat ek gevoel et ek gan doodgan as ekkie nou my asem trugkry nie. Limelight was Chaplin se deconstruc­tion van fame en oud wôd met dignity. In sy review vannie film sê Roger Ebert: “Although it was not quite his last film, there can be little doubt that Limelight was Charlie Chaplin’s farewell.”

Limelight is een van dai flieks wat ek baie an dink, vi baie riedes maa meestal virrie scene wat ek hie boe noem. Die setup is eenvoudig. Keaton en Chaplin speel clowns wat ’n skit doen oo twie ou classical musicians. Chaplin staan gereed om sy violin te speel tewyl hy wag vi Keaton op die piano. Soe meer Keaton try om die sheet music in plek te hou, soe meer slip it af van die rack, soe meer deemekaa raak die blaie. En daavandaan raak it nog meer absurd.

Ek het gewonne hoekom dai moment my soe lat lag it. Sootvan gewonne, wan it is een van dai goed wat jy oek maa binne jouself vestaan. It lê in die sad juxtaposition van dignity en futility. In anne woore, die human condition. Classical music is symbolic van die hoegste menslike accomplishment. It is soe close an magic soes computers ennie internet is, closer miskien. Jy kannie music hoor maa nie sien, voel of proe nie, maa jy kan music sien, voel en proe. Magic. Wanne Chaplin buffoonery en classical music om een tafel lat sit, sit hy sy vinge op wattit is omme mens te wies.

Dignity is ’n uniquely human problem, ’n problem omdat dignity soe impossible is om an vas te hou. Dignity isse human right, maa jy sallit nooit kan sê annie way die wêreld anmekaa gesit issie. It is makliker om spiritual enlightenment te kry, makliker om hemel toe te gaan (as jy inne hemel gloe), as om jou dignity te behou in soe ’n undignified wêreld. It issie by accident dat spiritual enlightenment tot soe ’n groot extent rus op die letting go van dignity nie. Die “self” dink ek kan gesien wôd as nogge woord vi dignity. Is ees as jy kan ophou try om iets meer asse mens te wies, dat jy vriede kan vind. Alles in life is die enemy van dignity. Jy kan begin by die feit dat mense vanaf geboorte enter into ’n state van decay. En dan kan jy oogan na die goed wat mens moet doen om annie liewe te bly. Die goed wat jy moet doen om soe lank te kan liewe as moontlik. Wan jy gannie an die liewe bly nie.

Hence, die aforementioned futility.

Om dinge erger te maak, liewe ôs inne tyd enne wêreld wat die outward appearance dra van iets dignified. It is net die armste mense innie armste lande wat toilets bytekant moet gebryk. It is net die mense wat heeltemal by the wayside geval et wat moet beg vi kos. Die wêreld is vol mooi geboue, met perfectly straight lyne en computers wat jy om jou wrist kan dra.

Ôs bly in tye waa ammel eendag soes royalty kan wies, waa jy nooit hoef ’n sweat te break, behalwe as jy willie. Dai is hoe it van die bytekant lyk.

Van binne af, is ammel frantically biesag om te pedal om die machine annie gang te hou. Ôs ammel wiet ôs is een bad decision weg van homelessness en honge. Nie ees jou eie bad decision nie. Iemand in een van dai geboue mettie perfect lyne. Ôs het about soe baie dignity soese donkie wat starag biesag is om doodgewêk te wôd.

It isse sad, maa unsurprising dat Charlie Chaplin se fliek Modern Times, wat in 1936 ytegekom et, nou lyk soes George Orwell se 1984. Ôs is ammel die Little Tramp, wat try om by te hou mette wêreld wat te vinnag veby ôs beweeg tewyl ôs agtena haloep: flailing en undignified.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Menings  |  Stemme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.