Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Min om te discuss met enemies van logic

At die point in my liewe, sal mense dink ek’s weird as ek moet beslyt ek gan nou iets annes doen. Iets normal soes om virrie post office te gan wêk.

Is snaaks omdat mense meeste van my liewe gedink et ek is mal omme artist te wil wies. Hulle het gedink it is vi ryk mense. Hulle het gedink it isse impractical ambition. Hulle was probably reg oek.

Nuu, ek wiet hulle was reg. It was heeltemal impractical. Baie well-meaning mense het getry toe ek jonger was om my te convince om meer innie regte wêreld te liewe. Maa ek het altyd dai mense angekyk en gedink, julle problem is julle het niks faith ie. Julle het niks self-belief en julle wil hê ek moet oek niks self-belief hettie. Ek operate op klein bietjie talent enne extraordinary degree van faith. En ek was al in baie situations in my liewe, waa ienagge reasonable, intelligent mens sal opgegie et, en na sense gelyste et. Dai is hoekô ek precisely wiet hoe gevaalik belief is. Ek het al track veloo vannie amount van tye wat my hele wêreld ytmekaa geval et asse result van faith. It isse shortcut na insanity toe.

Wat presies faith soe gevaalik maak is dattit by definition ’n rejection van reason en logic is. En faith issie true assit nooit getoets wôd ie. Die paradox is dat as jy die ding kan prove waa in jy gloe, need jy nie mee om daa in te gloe nie. En dai is hoe jy jou faith veloo. En dai is hoekom soe baie successful mense soe empty voel. Hulle accomplish dai ding wat hulle hul hele liewe wou doen en dan het hulle niks mee oo om in te gloe nie.

My beliefs was nog altyd relatively harmless, though. As ek fail gan ek allien affected wies deerie fallout. Ennit was altyd vi my ’n means to an end.

Hoe nader ek kom an waa ek wil wies in my liewe, soe meer kan ek let go van my self-belief. Ek issie enamoured met belief ie. Soes dai mense wat hul faith in een ding veloo en dan hul faith in iets annes gan soek ie. Soes dai mense wattie religious issie maa hulle gloe innie human spirit. Soes een wat ophou drugs gebryk omme alcoholic te wôd.

En dai is maa net omdat ek wiet hoe crazy it is innie koppe van mense wat in goed gloe. It maak my bang dattie wêreld innie hanne van mense rus wat in deities gloe.

Maa wat ek die minste vestaan issie goed wat mense die maklikste in sal gloe. Jy kan vandag sê, as jy ’n virgin rape, dan sallit Aids cure. Môre, oo­môre liewe jy inne land waa jy moet soek virre vrou wat noggie gerape issie. Maa sê vi mense hulle moet ’n vaccine vat, dan is hulle incredibly sceptical. Hulle dink is irresponsible om blind faith inne vaccine te het. It is probably, maa as jy anyway blind faith in iets gan het, hoekom nie science ie?

Sê vi mense hulle moet opstaan tien ’n materialistic, capitalist society wat hulle oppress, gan hulle dai mette pinch of salt vat en anhou slaves wies.

Maa sê vi hulle Jews control ie wêreld, dan sal hulle sewe miljoen Jews doodmaak. Sê vi Americans Covid-19 isse Chinese conspiracy, dan attack hulle heeljaa Chinese-Americans. Al wat mense ooit rêrag in wil gloe is conspiracies ennie worse possible ideas oo annes. En as ek praat van gloe, praat ek van faith en belief. Wan die goed kan nooit geprove wôd ie. En soe meer it nie geprove kan wôd ie, soe meer gloe mense daa in.

Ek try virrie most part om mense se religious beliefs publicly te respect, ek respect it ie privately nie. Wan my problem met religious mense is dat hulle nieman annes se beliefs respect ie. Hulle seem altyd determined om anne mense se freedoms weg te wil vat. Determined om vi vroue te sê wat hulle met hul bodies mag doen. Determined om vi jou te sê vi wie jy mag lief wies.

Hoe kan ek vi jou die freedom van jou beliefs allow as jou beliefs somehow vi my involve? En hoe praat jy dinge yt met mense wie se grootste enemy logic is?

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.