Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Moenie huis toe gaan vir Krismis nie

Vi mense wat yt dysfunctional, abusive, violent en arm families kom en it somehow yt dai environment gemaak et, is daa niks erger as die expectation daavan om hystoe te gan en ommie familie te gan sien vi die holiday season ie.

’n Maand voo Krismis, begin jy al om jouself voo te berei virrie dronk uncles, die overly zealous religious anties, die 14 jaa oud niggie wat pregnant is en dai een posh antie wat die hele Tupperware collection het en heeltyd sê dat sy al haa bakke wil trug hê vanaand.

Een van jou niefies gan sy niewe girlfriend bring en al die ou vrouens gaan haa wil humiliate en hoe sy react op die humiliation sal determine of sy die initiation pass. Is swaa virre niewe girlfriend ommie familie op Krismis te meet.

Die niggie gan daa wies, wat baie potential gehad et eens oppe tyd, sy het al die local beauty pageants gewen jare geliede, maa nou is sy ’n tikkop en almal is rêrag awkward om haa, wan jy wiet sy wil jou phone steel, maa jy wil haa nie lat sleg voel ie.

Elke Krismis gan jy sit na ammel hulle eeste ronde van kos ge-iettit, en hulle vierde ronde van drink begin en dan gan jy nie kan help om te dink dat as die ’n Hollywood-film was, sal die 'n Oscar-nominated low budget film gewies et met Greg Kinnear offe comedian turned serious
actor innie hoofrol.

My dogte vra my nou onlangs wat ôs Krismis tradition is en toe voel ek tempted om vi haa te sê om jou tanne te grit en te endure, maa ek het haa rather gesoen op haa vookop en styf vasgehou. Ôs het niks traditions wan ôs hou nie Krismis ie. Ek vra vi my vrou wat sy mis van Krismis, dan sê sy: “Niks, ek is relieved ek is free van daai forced interactions met sexual predators en victim blamers.”

My dogte vra my nou onlangs wat ôs Krismis tradition is en toe voel ek tempted om vi haa te sê om jou tanne te grit en te endure...

Vi baie vrouens issit die een tyd vannie jaa wanne hulle pressured gan wôd daa in om rondom tafels te sit of in een hys te wies met die pedophile pa of uncle. Wan cognitive dissonance is real, en as jy nie Krismiskos wil sit en iet met mans wat jou vi jare abuse et ie, gan al die ou vrouens sê jy het baie veanne. En as jy nog ’n jong meisie is, gan hulle vi jou sê jy hou vi jou groot.

As jou jaa filled was met #metoo enne groter social awareness van wat sexual
violence annie victims daavan doen, besef jy hoe swaa it moet wies om hys toe te gan vi Krismis. En jy besef dat vrouens it survive maa dat ’it nooit weggan nie.

Ek sien hoe it vi Ronelda overwhelm.

Sy SMS my omtrent elke tien minute as sy allien êrens is. As sy inne vol winkel staan range die SMS’e vanaf “Winkel vol”, “Mooi rok vi Mainie gekry. Nog in die lyn, amper betaal” en “Ek is bly my rapist is dood”.

Meeste vannie tyd wil ek vir haa sê, moet niks doenie, bly innie hys, kom ôs kyk ’n film, maar ôs kan nie films kyk ie wan daa is triggers wat lê en wag in alles. Soe instead maak ôs skoon, maak ôs kos en ek troos haa en lat haa hyl.

Ôs praat en praat en as ekkie mee wiet wat om te sê nie, val ek trug op my sense of humour, die marinade wat ek al my depressions in lat bak ommit meer palatable te maak.

Ek gryp vas an die eeste arbitrary idea wat in my kop spring en beslyt om my beste imitation vanne clueless interviewer te doen. Ek sit ’n fake smile op my gesig en vra vi Ronelda: “So, Mrs. Ronelda S Kamfer, famous poet and longstanding sexual survivor. What message would you like to give to the people out there who are sinking into depression right about now, because of the holiday season? What would you like to say to the girls out there dreading a Christmas day surrounded by sexual predators? Any tips or advice?”

Ronelda lag net en sê: “Moenie huis toe gaan vir Krismis nie.”

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.