Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: My dogte sê iets wattie aarde wee oo lat begin

Ek set my state of mind soes jy ’n sundial gebryk, by die position vannie son. En my kop sê nou vi my, my skaduwee loep te vê voo my yt soese teenager wattie met sy ouers gesien wil wôd ie. My kop sê vi my ôs liewe innie gloaming. Die atomic scientists sê, is one minute to midnight. My tyd is agte.

Die kêkmense sê issie laaste dae, maa hulle sê al soe vanaf my eeste Sondag innie kêk, it is al meer as twinnag jaa since my laaste Sondag innie kêk. Dai mense is hastag vi staragge dinge. Maa miskien is hulle die kee reg. ’n Broken watch is twie kee ’n dag reg, sê hulle.

Ek kannie wakke bly deerie dag ie, innie aane kan ekkie slaap ie. As my vrou die godyne innie oggen oepmaak, wil ek skrie soese vampire. My oë soek donkete om diep in te kyk, my kop soek donkete om te dink. Ek mis ie son op my vel, maa elke kee as ek ytgan, moet ek anne mense sien. Nou drink ek maa elke oggen ’n groot, geel, rône multivitamin pil, wat lyk soese souvenir vannie tyd wat ôs ie son gan visit et.

My vrou sê, kom yt is koud daa binne, invite my byte toe om te kom roek oppie stoep tewyl sy wasgoed ophang. Ek sit innie son en puff anne expensive cheap cigarette. Die roek choke my en brand my bôs. My body voel soese planet wat wil rid raak van my.

Ôs jaat is groot en groen, nie bad vi ieman wie tussen ie concrete opgekom et ie. My dogte hop oo narie loquat boem wat nou groot, geel loquats dra en vra my wattit is. Ek sê sy moet een pluk, afspoel en proe. Sy het nog nooit ’n loquat ge-iet ie. Wan haa pa wiettie waa koep jy loquats ie. Hy wiet net van die neighbours se loquat boem klim en besteel, op soeme dae wat hy nog kotbroekies gedra et. Sy trek haa gesig vannie suur en ek kan proe in my mond hoe it vi haa proe. Virrie eeste kee innie laaste paa dae briek ’n smile dee my gesig wat hang soes donke wolke.

Sy stap trug innie tyn en begrawe die pit. Ek sê is goed, dan groei daa nogge boem, soes een wie dink daa lê nog baie dae voo ôs.

Dan sê my dogte vi my iets wattie aarde trug drai, en wee oo lat begin. Sy kykie wate wat afdrip ennie druppels wat bas soesit oppie stoep beland en sê, ‘LookDaddy, don’t the drops look like fireworks when they hit the ground?’ Ek sê, ‘Hmmm,’ en lat die image rondrol in my kop en dan hou ek die druppels meer closely dop en sien wat sy sien. Ek begin hadop lag vi my dogtetjie wat bieter metaphors het as meeste writers.

Ek tel haa op en sit haa op my skoot, al is sy ampe groter as my. Ek sê vi haa dai isse beautiful metaphor, sy hoor my vekeed wan ek praat binnemonds. Sy sê ja, it isse beautiful dag.

Dan stop ek, en kyk die dag meer closely an. Die son hang tussen ie wolke soes een van dai maan en sterre inne kind se kot, net laag en hoeg genoeg om jou te têg. Die oggendkoue hang nog rond soese een wie baie dinge nog het om te doen vandag. Ek sê vi haa sy is reg, it isse beautiful dag.

Ek trek haa nader en soen haa boe op haa kop. En sê vi haa sy ganne poet wies as sy groot is eendag. Bieter as haa ma en haa pa. En ek sit en beslyt, starag, soesie rotation vannie bright blou planet ommie son, dat ek daa wil wies om dai te sien. Dat ek wil hê sy moet lank en goed liewe, lank genoeg om somtyds moeg te wôd van als. Ek wil hê sy moet oud wôd, oud genoeg om haa pa te vestaan. Oud genoeg omme kind soes haaself te het, ’n kês innie venste vi dai lang nagte wat ek te vê vannie hys af dwaal.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.