Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: ’n Gat innie mirrelste van jou geslaan . . .

Die issie een van dai pieces oorie male perspective ie.

It issie ’n argument tien vrouens wie ytpraat tien abuse ie. Is meer soese lament suppose ek, wan is swaa omme man te wies, is swaa om te gan vanaf boyhood na manhood as jy close-up gesien et al hoe mans kan wies, hoe hulle often is, hoe gevaalik hulle is, en hoe elke man ’n potential monster is.

Foto:

Is swaa, vi my, omdat ek inne hys vol vrouens grootgemaak was, omdat ek deu vrouens grootgemaak was. Is swaa omdat it altyd ôs tien hulle was, die boys, die meisies ennie vrouens tien ie mans.

Dan eendag voo jy it oplet is jy groot en jy hette argument met jou ma, ’n normal argument soes teenage kinnes het met hulle ma, maa dan gesticulate jy maa net eenke te veel, te vinnag, en dan flinch jou ma defensively, asof sy jou vys gan moet blok, jy freeze net, en hou op praat, gan yt die kame, wan jy wiet hoekom jou ma soe react, jy wiet it is muscle memory, maa it change ’ie die feit dat sy nou ’n gat innie mirrelste van jou geslaan et ie.

As jy ’n man is wie deu vrouens grootgemaak was en jou pa isse man wie vrouens haat, dan haat jy van kleins af al alle mans, indiscriminately, en jy dink nooit jy gan eendag self opgroei nie, en dan gan jy oek groot en gevaalik wies ie, wan vrouens en kinnes kan nooit wiet wat jy dink ie. En as jy innie pad af stap, wens jy jy kan ’n sign om jou nek gedra et wat sê: “Ek haat ie vrouens ie.”

Is swaa om te gan vanaf boyhood na manhood as jy close-up gesien et al hoe mans kan wies, hoe hulle often is, hoe gevaalik hulle is, en hoe elke man ’n potential monster is.

Nie om jouself bieter te lat voel ie, nie om jouself te disassociate van anne mans ie, maa net om te lat wiet vi elke vrou wie veby jou kom, vi die tien minute wat ôs ’n space deel is jy safe. Ek wil niks vat van jou nie. Ek wil jou nie ken as jy nie vi my wil ken nie. Ek willie praat met jou as jy nie wil hê ek moet praat met jou nie. Is okay, ek sal jou nie ees ankyk ie. En al wil jy my nie ken nie, sal ek baklei vi jou tien dai mans wie daa ankom, wie miskien net soes ek is, wie nie vi jou wil pla nie, maa hoe moet jy wiet, soe ek stap maa ’n ent saam jou, agte jou, offe bietjie voo jou.

En is soe ’n stupid ding, ek wiet, dai is die eeste ding watte man an dink as hy dink hoe hy kan help, hy offer ’n violent service, hy offer om te baklei.

Ek onthou eenkee, ’n paa jaa geliede, sieke baie jare nou al. Toe het iemand ’n meisie gerape innie Delft. Maa dai meisie se pa wasse rasta, enne rasta like ie gesê wôd ie. Soe, hy hettie nog na die polisie gegan ie, hy het na sy anne rastas gegan en toe gan hulle heel rustig en gan cas­trate die man mette machete. It was baie satisfying, nie net vi my nie, maa vi elke een vannie boys wat ek geken et. Ôs het virrie wiek nog daavan gepraat. It het
soese full stop gevoel. It het gevoel soes, wat nou van dai meisie afgevat was, is nou trug gegie in bloed.

En nou dat ek ouer is wiet ek it wêk ie soe nie, violence is maa net ’n man se antwoord op ienagge vraag watte vrou hom kan vra.

Vi my is ienagge vorm van violence tien ’n vrou unthinkable, soes Alex in A Clockwork Orange, wanne hy gecure wôd van sy ultra violence deu ultra violence, ek het soe baie trauma gesien al, soe baie broken vrouens geken al, ek het my eie pa ampe dood geslaan al, omdat hy my ma geslaan et toe ôs klein was. Maa ek voel ie bieter ie, wan ek wiet dai scene was disgusting vi my ma, it was boys being boys.

Ek haat omme man te wies innie wêreld, maa as jy wiet wat ek wiet, dan sê jy elke dag dankie jy issie ’n vrou nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.