Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: ’n Mens kan altyd jou liewe omdrai . . .

Sommige mense sal sê mense ve-anne nooit ie, maa Sharky het dai vi my vekeed bewys eenkee, ampe.

Sharky was my niefie se pa. Hy’s nou dood, is ek relieved om te sê. Al het ek tien die tyd wat hy doodgegan et, hom lankal ie mee gekennie. Siekere mense is soe, wanne hulle doodgan voel jy relieved vi die mense wie hulle gekennit, wie jy nie ees self gekennit ie. Jy wiet maa net ’n bra soes Sharky create chaos orals waa hy gan. Ek het al opgestaan innie oggend oppe Dinsdag, en net randomly gedink, is nou ees nine o’clock en jy wiet Sharky is nou êrens innie Lavis biesag om iemand se liewe unbearable te maak, en dai het my half inne goeie mood gesit, omdat as Sharky êrens annes is, bedoel it hy issie nou hie by ôsie.

Sharky het my al van kleinsaf bang gemaak, wan hy hettie bad in ienagge goeie situation gesien.

Hy sal dee ’n mooi, stil neighbourhood stap, die hyse admire en remark hoe maklik it sal wies om daa in te briek. Hy sal iemand sien inne paa mooi skoene en sê dat die bra wil sieke gerop wies, as hy sukke mooi skoene dra. Hy sal ’n mooi meisie sien veby stap en hadop wonne vi wat sy soe vi hom dophou, wat impossible was unless sy oë agte in haa kop gehad et.

Sharky was tronk toe vi rape en het daa gebly vi moord. Toe hy ytkom na 15 jaa, toe kom tel hy my niefie se ma op wie daityd by ôs geblyrit, soedat hy vi hom kan klere gan koep. Sy het beslyt ek moet saamgan, wan sy was supposed om agte my te kyk. Toe ôs klaa geshopping et, beslyt Sharky hy is honge hy wil gan kos koep. Sharky het homself naar gemaak vi allie kos innie winkel, asof hy an gourmet gewoond geraak et innie tronk.

'Nuu is reg man, maa jy moet nooit ophou praat ie. Jy moet nooit opgie op hulle nie. ’n Mens kan altyd jou liewe omdrai.'

Dai was luckily die laaste kee wat ek saam Sharky gestap et, wan na dai toe pak my antie haa sakkie en gan kyk saam Sharky waarie party is. Oorie jare het jy net soe hie en daa gehoor van Sharky

se shenanigans, mense was geskiet en ge­stiek, gang wars was gefight.

Die laaste wat ek vi Sharky sien, toe lyk hy oud en inmekaa. Hy het my niefie kom soek by ôs hys, wan hy het glad ie met hom geworry nie. En tien daityd was my antie oek al klaa met Sharky. Sharky het soe gestaan innie dee, oppe Sondagmarag en met my ma gestaan en praat oorie ou dae. Dai is al wat mense soes Sharky doen as hulle hulle kragte veloo, deerie process van oud raak en moeg raak, hulle praat oorie ou dae met jou, en onthou it differently as jou. Soes Sharky byvoorbeeld, wat vegiet my ma het hom altyd gehaat. Hy het vi haa vetel van sy jonger broetjie wie nou al dieselfde mistakes maak wat hy gemaakit.

Hy sê vi my ma: “Jirre man, Charmaine, wiet jy nuh, ek het net kak angevang my hele liewe. Maa mens raak groot man en jy sien die dinge wat jy gedoen et en jy lee daa yt. Maa dai klong man, ek praat en praat saam hom maa dink jy hy wil reg kom?”

My ma hou vanne comeback story en sy kannie help om Sharky se reformation te encourage ie, en sy try om vi hom te encourage om nie op sy klein broetjie op te gie nie.

Sy sê vi Sharky: “Nuu is reg man, maa jy moet nooit ophou praat ie. Jy moet nooit opgie op hulle nie. ’n Mens kan altyd jou liewe omdrai.”

Sharky skud sy kop soe weerloos en sê mette sug: “Ja man, Charmaine. Maa ek het al als getry. Jy kan ’n ped vat tot byrie wate, maa jy kan hom ie máák drink ie.”

Hy en my ma staan soe virre sekonde in silence. En jy wens Sharky kannit maa net daa gelos it.

Maa hy kannie, en moet add: “Right, jy kan die ped innie nek stiek mette mes. En hom force om te drink, maa jy wiet wat ek mean Charmaine.”

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.