Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: ’n Warm snackwich vi jou moeite . . .

Bigger boys and stolen sweethearts, oh, you’re better off without her anyway, you said you wasn’t sad to see her go, yeah, but it’s clear you were though – The Arctic Monkeys

Ôs stap soe te sê vas in Blakey, maa voo ôs kan omdrai en in ’n rigting in haloep, roep hy ôs en sê: “Kyk hie, manne, kom lyste hie, moenie haloep ie, ek sallie piemp’ie. Kyk, miskien haloep julle weg vannie skool af. Miskien kom die hoof na my toe later en hy vra my of ek vi julle gesien et . . . ek het niks gesien’ie.

“Miskien sê hulle vi my: ‘Die een se naam is Benny en die anne een se naam is Trantraal’.”

Blakey shrug net sy skoues en sê wee: “Ek het niks gesien’ie. Maa as julle gevang wôd, dan ken ek julle nie. Julle was nooit hie nie.”

Ek en Benny sê net ja mnr. Blake obviously, menee hoefie ees vi ôs dai te sê nie. Maa in my mind sê ek vi myself. As ôs
môre innie moeligheid is oo ôs vandag weggehaloep et vannie skool, gan ek dan juis sê is jy wat ôs toestemming gegie et, jou vark.

Menee Blake is ôs houtwêk-menee en daa is min goed wat my soe siek maak soese houtwêk-menee. Die houtwêk-
teachers is ampe soese undercover narcotics unit inne American polisiefilm, hulle follow altyd hulle eie set of rules. Ek wiet Blakey haat ôs eintlik, maa hy try desper­ately om homself te ingratiate met ôs, wan hy wil he ôs moet ’n lekke klas wies soes anne klasse van previous jare. Maa ôs issie lekke nie, ôs is te vol hate.

Kom ôs vetel ougatte stories en hy gan eeste. Hy vetel ôs ’n lang verhaal vol innuendo oo ’n vrouebakker wie se koek net heeltyd rys.

Eenkee, during die houtwêk-klas, toe sê Blakey vi ôs ôs moet ’n bietjie ophou wêk wan ôs is baie boring. Toe sê hy ammel moet hulle banke move en rondom sy tafel kom sit. Toe ôs nou ees sit, toe wys hy vi ôs, kyk hie ôs is mos ammel manne hieso. Kom ôs vetel ougatte stories en hy gan eeste. Hy vetel ôs ’n lang verhaal vol innuendo oo ’n vrouebakker wie se koek net heeltyd rys. Toe hy klaa die storie vetel et, toe maak ôs ammel asof ôs vestaan nie sukke stories ’ie, en ôs sê ôs wil asseblief net ôs skoolwêk doen. Een van die laities was soe unlikable dat hy van agte af vi Blakey geskrie et: “Nee, meneer! Ons is onskuldige kinders!”

Daa was twie houtwêk-menere en hulle twie en die wiskunde-menee was die cool menere oppie skool. Hulle het altyd in die houtwêk-kame ge-chill. En dan kom daa skoolmeisies, ôs age en chill met hulle. Die houtwêk-klas het ’n backroom gehad, soe ’n klein stoorkametjie. Daa het ’n ­kietel enne snackwich-maker gestaan, waa dai menere pouses vi hulle koffie en snackwiches gemaak et. En waa hulle dai meisies ingevat et, dai deu geslyt et en presumably vi hulle oek snackwiches gemaak et. Dai is hoekom ôs soe baie dai menere gehaat et, wan hoe kannit wies dat jy en jou menee compete virrie selfde meisies se aandag? En hulle het openly gepraat van hoe hulle die kinnes opklim.

Dan moet jy net daa sit asof it niks is, en dan wil hulle vi jou sê jy is onbeskof, wan jy praat te veel innie klas. En jy dink wee hulle is onbeskof wan hulle het te veel sex mettie laities innie klas.

Blakey was ampe soese high school version van Harvey Weinstein, behalwe, waa Weinstein vi jou ’n rol inne blockbusterfilm sal gie, gie Blakey net vi jou ’n lekke warm snackwich vi jou moeite.

Eenkee was daa ’n meisie, my tjommie Theo was mal oo haa, en ôs het altyd vi hom gesê hy moet sy move maak, maa hy was te velief, en sy acne wasse major deterrent. Eenkee sit ôs nog soe en maak jokes innie houtwêk-klas. En ek sien net die bloed trek yt Theo se rooi puisies en trek vaal. Ek kyk op en ek sien, daa stap Theo se hart se punt innie agtekame in met Blakey en ten minutes later stap sy yt met haa toebroodjie en ’n koppie koffie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.