Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Nee, ek wil nie soes die millionaires wiesie . . .

Ek moes sieke êrens eenkee op die vekere link gedruk et. Offit kan wies dai kee wat ek cryptocurrencies ge-Google et, yt curiosity. Ek wiettie. Maa virre hele tyd nou al, elke kee as ek op YouTube of Instagram gan, is ek bombarded mettie powerful woore van influential ryk mense. Iets wise wat Elon Musk gesêrit oo hoe jy ryk kan wôd soes hom. Of die tien daily habits van Mark Zuckerberg.

Hie’s ’n voorbeeld vi jou edification: “How to become a millionaire by 30: 1. Save to invest 2. Be decisive 3. Take risks 4. Focus on the numbers 5. Go for $10 million, not $1 million.”

My online liewe is infested met memes en ads oo investments. It voel soes om inne hys te bly waa jy niks sê gehad et oorie décor nie. Of soes om inne office te wêk, mette coworker wie inspirational quotes orals post.

Ek wens ek kan ’n brief of iets an Google geskryf et om te vedydelik, dat ekkie impressed is dee anne mense se geld ie. Ek sienie millionaires en dink ek wil soes hulle wiesie. Ek het jare agte my van mense wat vi my wil vedydelik wat die harsh realities of life is. Hoe ammel geld makee, en nieman kan sê hulle gie nie om oo geld ie. Maa daa is iets soe sad an ieman wie agte geld an draf soese hondjie. Hoe kan ek wat vi meeste van my liewe sône geld geliewe et, nie wiet hoe baie mens geld makee nie? Ek het al nie geld gehad ie, en ek het al geld gehad. Wat ek besef et, is dat altwie maak jou unhappy in different ways. It het eintlik niks te doen met geld ie, als in life dra die seeds van unhappiness êrens in it.

Ek sal ashamed gevoel et van myself as ek soe baie geld gehad et soes Jeff Bezos of Elon Musk. Al wassit soe dat ek elke sent derserve et wat ek het. Om soe ’n groot amount van wealth te hoard is die groot skaal version daavan om te kan sit enne bôd kos iet voo honge mense.

Ieman het vi my eenkee gevra hoekom ek my skryfwêk publish as ekkie ryk en famous wil wiesie. It was vi my soe ’n idiotic question dat ek gesukkel et om it te antwoord. Wan wat het om jou skryfwêk te publish te doen met ryk en famous wies? Anne mense beslyt dai goed, ennie riede hoekom hulle jou famous wil maak is soedat hulle jou nie hoef te betaal ie. Wan vi meeste mense is die aandag genoeg. En in any case, celebrity issie rêrag ’n South African ding ie. Daa issie regte famous mense nie, unless jy praat van politicians.

Ek publish my skryfwêk soedat ek somehow ’n living kan maak. Soedat my dogte ’n meer comfortable liewe as ek kan het. Dai is definitely part vannit. Die anne part is name recognition. As mense jou naam ken, wôd it makliker om opportunities te kry vi wêk, soedat jy geld kan maak. Wan soes ammel die heeltyd wil ytpoint, is belangrik om geld te maak.

Maa ek het myself ’n similar vraag gevra al. Hoekom doen ek wat ek doen? Hoekom, yt al die goed wat mens kan wies, het ek beslyt ek wil ’n “artist” wies. Oppe tyd het ek vi myself gesê, it is omdat ek iets great wil agte los. Maa ek gloe nie dai nie. Wie gie om wat jy agte los? As jy dood is, is jy dood. Wat jy agte los wôd die belang van die mense wie kan ytwêk hoe om geld daa yt te maak. Jy sittie innie wolke, kyk af, en sien hoe mense jou nou lief het wanne jy weg issie. Ek dink wat belangrik is vi my, is om vi my dogte ’n point te prove. Om vi haa te wys, jy hoefie ’n slave van geld te wies ie. Jy kan jou liewe liewe innie way wat jy wil. Jy kan als ignore wat mense jou sê oo wat belangrik is innie liewe en beslyt vi jou self. En jy kan oud wies eendag, doodgan en mense kan vi jou kyk en sê, vi ieman wie nie sente omgedrai et ie, het hy nogal ’n mooi liewe vi homself gemaak.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.