Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Net omdat jy iets enjoy, mean nie it is goed

Iemand sê vi my nourie dag as ammel soes my moet dink, sal niemand ienagge iets mee enjoy nie. Al wat ek kan gedoen et in reaction was om te sug, en te sê it isse baie goeie ding dan dat ammel nie soes my dinkie. Ek wassie ees sarkasties ie. Ek sallit rêrag haat as ammel eendag soes my moet begin dink ennit lead na ’n hele society van joyless mense.

Die catalyst vi die pesoon se hastily drawn conclusion wasse comment wat ek gemaakit oo Game of Thrones. Of rather, it wasse comment oo bad writing wat ge-segue et into ’n conversation oo Game of Thrones. Ek het getry om vi haa te vedydelik dat net omdat jy iets enjoy it nie mean dattit goed issie. Selfs al enjoy klomp mense iets, issit ie automatically ’n signifier van quality nie. Often confirm it die contrary. Ongelukkig het ek die mis­take gemaak daavan om Game of Thrones te gebryk asse voobeeld van bad writing. Miskien moet ek Doctor Who gebryk et, wat ek baie enjoy, al issit probably worse as Game of Thrones.

Die conversation het gebee innie eeste plek omdat ek ge-guest et asse lecturer en ek moes vi een vannie students feedback gegie et oo ’n creative writing piece.

Ek worry oo creative writing students wat dink Game of Thrones is goed geskryf. Asse counterpoint tot Game of Thrones het ek die example gemaak van Wolf Hall, die BBC-mini-series oo Thomas Cromwell based op die Hilary Mantel-boeke.

Otherwise sal ekkie ees ge-bother et ie. Ek wiet ammel soek jou regte opinion oo hulle wêk, totdat jyrit gie. Ek gie baie rarely my opinion oo ienagge iets ommie waarheid te sê, wan it issie die eeste kee wat iemand my accuse daavan dat ek alles spoil vi ammel ie. Die laaste wat ekkit gehoorit voo die recent Game of Thrones incident, was toe ek saam my vriende MTV gekyk et. “Work It”, dai song van Missy Elliott se music video, het gespeel. Toe lag ek innocently vi Missy Elliott se tom-foolery. Daa is literally ’n scene innie video wat Missy onneste boe op haa kop spin tewyl sy sing. Ek het gedink it is silly. Wat my onkant gevang et was dat een van my vriende ’n look oo sy gesig gekry et, wat ek net kan describe as long-suffering resentment. Hy het gedrai na my toe en toe na ammel wat daa sit en declaratively ge-state, “Die man hou nie van music ie.” Nie die man hou nie van Missy Elliott se music ie. Die man hou nie van music ie. Period.

It wasse unfair appraisal. Wan ek hou probably meer van music as wat ammel wie in dai kame gesit et tesame van music hou. Ek het albums wat ek nou nog elke dag lyste wat ek begin lyste et in 1997. Niemand lyste nou ees mee vi “Work It” ie, wan dai was 2002 se hit song. As ek music lyste, lyste ekkit altyd op my eie en ek sit stil en doen niks annes ie. Wan meeste mense sien music asse social ding, it is iets wat innie agtegrond speel tewyl jy oo anne goed praat.

Maa trug na Game of Thrones, wan ek worry oo creative writing students wat dink Game of Thrones is goed geskryf. Asse counterpoint tot Game of Thrones het ek die example gemaak van Wolf Hall, die BBC-mini-series oo Thomas Cromwell based op die Hilary Mantel-boeke. ’n Random quote yt Wolf Hall, waa sir Thomas More se vrou, lady Alice, vi Thomas Cromwell beskryf, “My husband used to say, put Thomas Cromwell in a dungeon and by evening he’ll be sitting on cushions with the goalers owing him money.”

’n Random quote van Tyrion Lannister, die cleverest pesoon in Game of Thrones se Seven Kingdoms, “Death is so final, whereas life, ahh, life is full of possibilities.”

Is fine om goed te enjoy al issit bad, maa it wôt ’n problem vi creative culture as dai selfde goed dan opgehou wôd asse niewe standard. Wannit bedoel die bar wôd ge-lower tewyl ammel onne die illusion sit dattit ge-raise wôd. Ek like byvoorbeeld action films kyk om te relax en my vrou likes gatmaak van Steven Seagal en Van Damme. Imagine ek sê vi haa as ammel soes haa moet dink, sal niemand ienagge iets mee enjoy nie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.