Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Nie Gaga as daa ’n medical crisis issie!

Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, die Director-General van die World Health Organization, kyk mette straight gesig innie kamera en sê hy gan nou die Covid-19 press conference oo gie an sy special guest, Lady Gaga.

Ees moet ek kyk hoe my laaste bietjie faith wegslip deerie drain en dan moet ek ytbas vannie lag. It behoot illegal te wies virre dokte, ienagge dokte, ommie woorde Lady Gaga te gebryk mette straight gesig. It sal less ridiculous geklink et as dai man gesêrit, “And now I’m going to give the Covid-19 press conference over to our special guest, Rupert the Bear.”

Celebs seem ie ommit te vestaanie: In tye van regte crisis wonne nieman wat gan Kylie Jenner nou maakie? Nieman expect rêrag virre celebrity om ienagge iets te doenie. Ammel wiet fame is soes disposable income. Is iets vi bieter tye.

Celebrity is een vannie eeste casualty vanne world crisis. Die meaninglessness vannit advertised soese blockbuster film oppe massive billboard.

Ek sal it nooit vegiet ie, toe dai 9/11 gebee, toe sit allie celebrities byrie call centre. Dan kan jy vi Tom Cruise bel, en as jy klaa met Brad Pitt gechat et, dan kan jy donate an emergency relief. Mettie stink van excess wat hang op hulle.

Ek gloe dr. Ghebreyesus wiettie ees wie Lady Gaga issie. Sy secretary het getry om te explain, maa annie einde vannie dag het sy opgegie en gesê hy moet sy laities vra. En ek wiet hoe die nou klink, it klink asof ek ’n music snob is. Maa it issie soe nie, ek wil maa net gehoor et wattie grootmense gehad et om te sê.

Jy kan my favourite musician oek wies, as ek vi jou die dag sien byrie WHO Covid-19 press conference gan ek ophou jou music lyste. As daa ’n musical crisis is, dan wil ekkie die director van die WHO se opinion wiettie. Die director van die WHO sal nooit homself inject in dai situation ie. Maa ’n star hettie incredible ability om ienagge situation oo hulleself te maak. En ammel sê nou, die niewe celebrities ná die corona nou ees veby is moet die nurses en doktes wôd. Asseblief, nuu. Betaal die nurses en doktes meer en invest meer geld en resources in health care. Ôs need ie meer ie, ôs need minner celebrities.

Ek sallit nooit vegiet ie, êrens innie early 2000’s lies ek een van dai Huisgenoot stories agte innie magazine, dai “Mense en hul dinge”-column. En dai stukkie begin somme soe met dai woorde: “Vir die van ons wat laatnagte wakker lê en wonder of Krista Allen en George Clooney in ’n verhouding is . . .” Ek het gesit en wonne, is daa mense wie innie nagte wakke lê en wonne oo Krista Allen en George Clooney. Ennit het my ytgefreak dat ekkie my mind kan opmaak offit hyperbole issie.

Narie coronavirus oo is, moet ôs begin ophou innie nagte wakke lê en dink oo celebrities en begin wakke lê en wonne oo hoekom die wêreld soe unprepared was virre pandemic. En begin dink oo die pandemic wat nog gan kom wat vi corona lekke gan lat lyk. Die permafrost is biesag om te smelt as gevolg van climate change, en innie ys is daa viruses wat vi dysende jare al dormant lê. Lê wakke innie nag en dink daaoo.

Ennit gan vi ammel, writers oek. Ek hoor soe ytie corner van my oor, die mense wat sê: Als wat julle soe entertained hou nou in isolation, wôd dee artists create. Soe betaal ôs reg. Ek agree heeltemal daamee, ek wil oek reg betaal wôd. Maa moenie coronavirus oo jouself maakie. Issie nou die tyd ie. Ek dink, as ek honest moet wies, it sal probably bieter gewies et as mense nie nou entertained wassie. Wat mense need, is tyd om stil te sit en dink oo hoe uninvolved hulle is innie running vannie wêreld. It border op insanity, die amount van inequality en unfairness wat net in soe ’n kot tyd vanne pandemic exposed wôd. En daa is mense wie die goed virrie eeste kee ytvind. It is arme mense wie wee die meeste gan suffer. Is arm mense wie die meeste gan doodgan. Hoekom is jy nie meer kwaad ie? Wan jy was te biesag om saam te dans op “Paparazzi”.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.