Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Niewe jaa se peanuts is op Krismis weggestiek

Toe die clock midnight strike virrie niewe jaa sit ek en my vrou en my ma byte op ôs stoep en roek en maak gat oo iets heeltemal onbelangrik. Ôs conversation het begin innie ou jaa en ôs het it onbewus deegesliep tot innie niewe jaa. Ôs was interrupted deerie sound vanne kar wat hoot enne paa klappetjies en fireworks innie distance. My vrou het vinnag opgespring enne hele vyf minute into die new year het ôs met ôs kind die official countdown gedoen.

Vi my was dié jaa se niewe jaa die beste soevê. Maa it het my lat dink an anne niewe jare. As jy soes ek is en jou general philosophy in life is, it issie hoe jy beginnie maa hoe jy eindig, is al die hype en pressure om te new year en te new me baie underwhelming. It vat tremendous effort vi my, alles voel soes omme stranger inne pub voorie dop getrek et te high-five as julle favourite football team gescore et. Alles baie awkward en intimate oppie selfde tyd. Dai is hoe it voel om publicly te announce hoe die niewe jaa my 'n niewe mens gan maak.

Ek wil vi mense op social media skrie moenie jou New Year’s list post ie, post liewe jou Google search history it is less personal en private. Hou iets wat jy rêrag vi jouself wil hê ongesê totdat it gedoen is. Assit ie ytwêkie dan kan jyrit wee die volgenne niewe jaa try. Die liewe is klaa soe swaa en meeste van ôs sukkel om asem te haal. Moenie jou personal growth as mens oek nog onne druk sit en op display sittie.

Louis-Ferdinand Céline het gesê, “Experience is a dim lamp, which only lights the one who bears it.”

Maa my fondest memories is definitely die stilte wat return.

Soe ek try nooit om advice te gie nie, maa vi myself sê ek daa is darem iets wat die pad vorentoe vi jou wys, as jy slim genoeg is om note te vat vannie pad agte jou. Ek is elke niewe jaa 'n bietjie anneste as wat ek die jaa voo dai was. Maa die change gebee altyd soe na die einde vannie jaa toe. Wanne ek twie kee meer moeg is wat ek was die vorige jaa rondom dieselfde tyd. Die niewe jaa maak jou ouer. Maa wysheid en oudheid het oek niks met mekaa te doenie. Is moegheid wat jou wise lat seem.

Soe ek vat die twists en turns wat in my pad kom. Ek en my vrou praat oorie ou niewe jare wat veby is, sy sê haa mees vivid New Year’s memories was altyd drenched in violence of extreme loneliness. Myne was more or less dieselfde. Die beste part van die niewe jaa was altyd vi my die ordinary dinge. Die feit dat ammel practically broke was.

January hette klein sense van camaraderie gebring. Daa was altyd iewers 'n boks Snacktime offe sak droëvrugte wat ammel avoid et in December. Die paint se ryk begin fade wat heel December jou nies lat brand et, omdat jou ma elke December die hys wil paint voo Krismis. Die familie wat van vê af kom se matrasse wôd opgepak ennie vookame se banke se kussings wôd teruggesit. Al die sloffies wat innie voorhys lê raak starag minner en al die meals wat jy iet wôd 'n strange combination van party en poverty. ’n Brynbrood-pilchard-smoortjie met koue gammon slices oppie side. In February gan daa nogge pak Messaris peanuts ytkom wat iemand weggestiek et op Krismis en vegiet et van. Is elke jaa se ding dai.

Maa my fondest memories is definitely die stilte wat return. Jy is bly die familie van vê is weg, wan al het julle lekke gelag en nonsens gepraat, het hulle jou oek heel Krismis remind hoekom it goed is dat hulle vê bly, wan hulle is soes kos wat nou geiet moet wôd offit expire somme.

Jy besef wee hoe jy van jou eie klein patrone en plekkies innie hys hou. En hoe jy hou daavan om net te kan gan slaap as jy wil. It hit jou soes unannounced load-shedding. Isse niewe jaa, maa is strange hoe vining jy dit oud kon maak.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.