Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: ‘No’ mean vir witmens hy doenit absolutely

Witmense kan soe veby 'n conversation praat. Hulle hoor dai een ding wat hulle nie van hou nie en dan gooi hulle die baby yt mettie badwate.

Die ding wat hulle trigger is altyd dieselfde ding. Jy sê vi hulle hulle maggie iets doenie. Dan erupt hulle. Wan die concept van hulle kannie iets doenie is heeltemal unfamiliar vi hulle.

No means no. Nie virre witmens ie. Virre witmens mean “no”, hulle moet it absolutely doen. Annes wôd hulle human rights infringe op. Dieselfde mense vi wie human rights invented moes wôd innie eeste plek. Wan hulle hettie vestaan dat mense wattie soes hulle lykie oek moet free wiessie.

Ek kyk somtyds stand-up comedy, as ekkie recycled jokes kan vedra. Innie laaste paa jaa, without fail, gan daa ’n wit comedian kom wat die deeply philosophical question gan pose: “Hoekom mag jy nie rape jokes maakie?” My antwood gewoonlik is, hoekom issit soe belangrik vi jou om rape jokes te kan maak? Hoekom wil ie selfde mans wat responsible is virrie toxic environment van rampant sexual harass­ment, nog jokes oek maak oorit. It issie altyd norag omme light touch op swaa dinge te sittie, it issie funny nie.

Dan hoef jy nie narie tyd lang laments te skryf oo political correctness ie. Political correctness is daa om vi jou maniere te lee, as jyrit reg gebryk gan jy sien dattit eintlik goed is om te dink voo jy praat.

Jy gan sien datittie jou reg is om racist te wies ie en dat die political system wat created was om jou gevoelens te beskerm nie mee bestaan ie.

Die meid narrative in Afrikaanse literature is racist. Maa ’n witmens hou nie daavan dat ek soe sê nie, wan hy voel somehow vat ek iets weg van hom af.

Terwyl jy jouself train om meer consid­e­r­ate te wies soese toddler wie se ma hom lee dat ittie nice is om vi mense te vloek ie, sal jy hoepelik sien dat meeste mense om jou oek had biesag is om aan hulle self te wêk. En possibly eendag wanne jy genoeg practice het en racism vi jou meer begin pla, gan jy sien dat ittie soe bad is om nie racist te wies ie.

Die meid narrative in Afrikaanse literature is racist. Dai is my opinion. Maa ’n witmens hou nie daavan dat ek soe sê nie, wan hy voel somehow vat ek iets weg van hom af. Ampe soes centuries van oppression en goed wegvat nie vi julle geleer­it hoe it lyk as ieman rêrag goed van jou wegvat ie. Julle mag vat en niks teruggie nie, maa as ek my ma, my ouma, my antie se storie wil terugvat enne anne perspec­tive gie, is ek vekeed.

Hou op stories skryf oorie swat pesoon wat jou oë oepgemaak et vi apartheid, maak jou eie oë oep. Ôs issie catalysts vi julle spiritual awakening ie. Ek issie ’n prop in jou one-man play nie.

Jy kry nie extra credit omdat jy jou racism acknowledge nie.

En ek wiet wat nou kom, nogge wit keyboard gangster gan it nou op homself vat om vi my iets neerhalend te skryf. Ees gan ek moet hoor ek hette chip op my shoulder. Dai is my problem. Jou problem is jy’s ’n chip off the old block. Jou pa was racist en jy’s racist. Dan gan iemand inne mock Kaapse accent vi my skryf. Wan it is funny ommie light touch op jou racism te sit.

Is okay, doen it, wan jy kan net rêrag wit wies as ieman annes betaal daavoo. Wrap jou racism in nogge blanket racism, maarie soot wat jy mette groot smile op jou gesig enne funny accent kan gebryk.

Maa vatte moment vi jouself oek, en voo jy lag vi my, lag vi jouself. Lag vi hoe funny it is dat jy nou kan tronk toe gan vi jou racism, lag vi jou taal wat vi Hector Pieterson innie rug geskiet et. Lag vi jou woordeboek wat vyftag different ways gehad et omme pesoon te degrade onne die letters ka. Lag vi jou ma en pa watte meid vi jou laat groot maakit. Lag vi jouself wat gedink et die meid is jou ma. Tewyl jou pa die meid se man opgeslyt et oo hy nie ’n dompas hettie. Tewyl hulle virrie meid se kinnes geleerit hulle is lelik.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.