Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Nog half an die liewe; nou virre niewe high

Mark se oë rek soe wyd soese vrou se birth canal en sy mond foam soes een wie nounet ’n epileptic fit agte die rug het, die way hy vi ôs vetel hoe hy die moerse nice skoen innie hanne gekry et, wat hy nou an ôs wil vekoep vi cheap, wannit is ’n bietjie te groot vi hom.

Hy voel obviously nie hy het genoeg getik venaand al ’ie. Hy staan nou hie met my, Bryn en Malcolm by my oupa se voohek en sê een van ôs moet soelank die een skoen koep en dan gan hy môre die anne een ombring. Mark het of vekeed gesteel of it is actually sy eie skoen wat hy nou try om an ôs te vekoep, wan Mark het net een bien, maa jy sallit nooit sê nie, wan hy hop soe rond op dai kurke soese hasie inne

Easter commercial. Wat my lat dink hy hettie skoen gesteel is dattit te ôdentlik lyk vi Mark. Mark se een skoen wat op sy voet is, lyk altyd soese skoen watte homeless bra inne Medieval film altyd dra, in other words, sy skoen wôd gewoonlik deu rags wat om sy voet gedrai is bymekaa gehou.

Bryn sê vi Mark hy moet môre kom, hy isse bietjie swak vandag, en dan kan hy mos somme die anne skoen saambring. Dai is nourie kaat wat Bryn hom skiet, wan hy wil sien wat Mark gan sê. Mark likes ’ie dai nie, nou try hy aireste om vi ôs vannie skoene storie af te kry deu vi ôs ’n anne lang verhaal te vetel.

Dai is hoe brasse soes Mark vi jou ytwear. Hy sê hy het iets om te vekoep, jy sê nuu dankie, dan vetel hy jou ’n lang storie, dan vra hy vi jou wee of jy nie die ding wil koep ie, dan sê jy nie vandag ie, dan vetel hy jou nog ’n storie en soe an, totdat jy soe moeg voel dat jy jou laaste broodgeld vi hom sal gie, net dat hy moet weggan, dan sit jy met een skoen, wat jy nie sal wil gehêrit assit twie wassie en dink wie jy nou môre gan moet pla virre brood se geld.

Hy sê vi ôs hy hette laitie geken, ’n mooi laitie met ’n pop gevrietjie, dan maak hy sy hand soese Italian en soen sy vinges. “Hy was spierwit. Pot-blou oë, die hare was tiennan, nie die kak hare soes myne nie,” bedye Mark en trek een van sy hare op by die root die way ’n Afrikaner authority ’n swat bra se hare sal trek inne film oo Apartheid, met visible disgust op sy gesig.

Dai is hoe brasse soes Mark vi jou ytwear.

Mark se storie isse lang storie, en klomp goed gebeu. At some point in die storie baklei Mark met die grootste boemslang in recorded history, at another point steel hy en die wit laitie mettie pop gevrietjie ’n BMW en gan virre joyride, hulle steel heeltyd eintlik goed innie storie. Hulle discover die true meaning of friendship, hy lee virrie wit laitie mettie pop gevrietjie omme style te het, wan “jarre hy was mooi,” maa hy hettie ’n style gehad ’ie.

Mark wêk somme soe sy twiede pitch ommie skoene an ôs te vekoep in sy storie in, maa dan flyt iemand onne innie straat vi hom. Mark hop agte toe op sy een bien soese kar wat reverse. Dan stop hy en skrie virrie bra onne innie pad iets, die bra skrie vi hom iets trug en dan salute Mark die bra met altwie hanne sône om sy kurke te lat val. Is rêrag remarkable. Mark se tjommie het sieke baie lucky geraak, wan Mark kyk ôs’ie ees wee an nie. Hy is onmiddellik op innie pad soese hond as sy baas vi hom flyt.

Elke kee as ek ’n video op Facebook sien of iemand praat van die niewe drug, Flakka, dan dink ek an Mark wat soe

hyper was en dan dink ek is sieke ’n goeie ding dat Mark dood is, maa dan onthou ek Mark was relatively orait compared mettie anne druggies wie daa rondom ôs geblyrit, wie nog half an die liewe is en sieke gereed al is virre niewe soot high.

Meer oor:  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.