Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Nathan Trantraal: Nou praat ek vi my ma, en skryf vi haa . . . in haa stem

Watsoot mens is ek? Is ek ’n mens? Of is ek 900 million woore collected oorie span van 60 tot 70 jaa, on average?

700 miljoen woore ná editing – ná ek die record gescrub et van dai goed wat ek wens ek het nooit gesê nie. Ôs is composed yt utterances. Die res, die chaotic jumble van prentjies, bedoel niks. Dai’s al ôs unborn kinnes. Ek isse speck of dust wat float dee tyd, en wat stick an my, wôd part van my. Jou dust wôd my dust. It hou ôs ammel connected. I celebrate myself, and sing myself, / And what I as­sume you shall assume, / For every atom belonging to me as good belongs to you, is hoe Walt Whitman it ytgesit et.

Dai is hoekom ôs mekaa name gie, om te onthou waa jy einde en ek begin. Maa jy kies ie jou eie name nie, nie jou eeste, mirrel of laaste naam ie. Jou naam wôd gegie vi jou, dee mense wat jou nie kennie. Noudat hulle jou ken, sal hulle jou miskien ’n anne naam gegie et. My ma hettie my pa by sy Christian-naam genoem, vi sestag jaa nie. Sy’t hom “dai man” genoem. Toe sy lee wie hy is, toe re­name sy hom. My ma is Hammie, die “M” worn out dee over-use, toe vat ôs die naaste klank om haa naam vol te maak. My pa was “Pa”, ’n fact.

Ôs choose rarely ôs eie name, ôs stick mettie een wat ôs het. Ôs hou it soes borrowed boeke wat ôs nooit trug niem ie. Dai boek watte plek oppie shelf kry. ’n Dysend boeke ennie shelf sal lieg voel sône dai een, die gesteelde een. Is dai wie ôs is, boeke inne infinite library? ’n Title tussen biljoene anne titles? Soeveel blaaie lank. Som kotter as annes. Som meer interesting as annes. Som is min woore met baie betekenis en annes te veel woore met niks annit.

“Jy is ieman se pa, ieman se broe, ieman se kind.” Maa dai’s net woore.

“Elke woord isse Pandora’s box. Elke woord contain multitudes.” Ek isse man van min woorde: ’n pa, ’n kind, ’n man, ’n broe, art, poverty. Ek isse handvol woorde. En ek need ’n hele taal om dai paa goed te wies. Ek praat te veel oo som goed en te min oo annes. Net as ek skryf, sê ek altyd wat ek rêrag bedoel. Wan is al tyd wanne ek myself kan hoo.

As ek skryf, skryf ek in my ma se stem. Haa regte stem. As my ma skryf, skryf sy in haa primary skool Afrikaans-juffrou se stem. Sy subjugate die blaai onne honorifics. My maa se stem het gebriek onne apartheid. Hulle het haa taal yt haa mond gesny en haa ’n niewe moedertong gegie. Hulle’t als gevat. Ôs land gevat en hulle eie gemaak. Ôs mense gevat en hulle eie gemaak. Ôs taal gevat en hulle eie gemaak.

Mense boe alles is ie taal wat hulle praat. En ôs taal was bedoel om yt te sterf. Maa ôs taal het angehou liewe innie angedrade stories vannie ou mense. Ôs, die jong mense, het ôs taal onthou en geliewe innit. Nou praat ek vi my ma, en skryf vi haa. En tewyl ek skryf, rehabilitate sy haa ou tong. Begin sy skryf innie ou tong. Wan ’n mens kannie liewe in ’n anne mens se woorde nie.

Jy kan net liewe in jou eie woorde of jou ma se woorde, of jou pa, of jou broes en sustes. Wan familie is short stories dee een skrywer, collected in een boek. Alles wat ek is, is contained innie taal wat ek praat. Ek issie een woord ie, maa baie, ek issie ’n naam ie. Name is misleading. Ek het my naam, Nathan, by my ouma van my ma se kant gekry. My van het ek by my pa se ma gekry, ’n vrou wat ekkie geken et ie. My naam kom ytie Bybel, ’n boek wat ek nooit gan klaa lies ie. My van kom yte boek wat veloo was lank voo ek gebore was. Wan my pa wasse mens wattie baie gepraat et ie. Sy kant vannie familie isse ytgebrande library met boeke nou lost an history.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.